Waarna is jy opsoek?


Sport


Atletiek

Ons begin die jaar met atletiek - die sport wat die toon aangee vir ons wintersport. As atletiek goed verloop, volg die res. Ons interhuis is oop vir alle atlete wat hul staal wil kom wys.

Lees meer

Gholf

By PNHS is gholf ʼn baie vinniggroeiende en populere sport. Drie jaar terug het ons een span in die liga ingeskryf en vanjaar was ons drie spanne, en in 2027 beoog ons om nog ʼn vierde span in te skryf met al die leerders wat belangstel. Dit is ʼn sport vir beide seuns en dogters om te wys wat hulle kan doen met hul talente. Ons slaan sowaar die skoonveld raak met ons gholf.

Lees meer

Gimnasium

‘n Goed toegeruste gimnasium. Verseker goed gekondisioneerde sportseuns en-dogters.

Lees meer

Hokkie

Hokkie is ‘n spansport wat fiksheid, koördinasie, balvaardigheid en samewerking in spanverband vereis en bevorder. PNHS spog met 5 dogterspanne en 1 seunspan. Al ons dogterspanne neem deel aan die Stadsbeker-liga sowel as die jaarlikse PUK-16 reeks. Tydens die af seisoen skenk ons aandag aan fiksheid en kondisionering. PNHS hokkie fokus op die ontwikkeling van spelers, tegniese vaardighede, spelbewustheid en kondisionering.

Lees meer

Jukskei

Jukskei is ‘n unieke, tradisioneel Suid-Afrikaanse sportsoort waarvan die oorsprong so ver terug as 1734 gevoer kan word. Daar word met skeie gegooi na ‘n pen in ‘n sandput en punte word toegeken vir die raakgooi van penne, sowel as vir die plasing van skeie. Dit is ‘n sportsoort wat beide goeie koördinasie, asook strategiese denke verg. Die sportsoort word hoofsaaklik in die derde kwartaal beoefen.

Lees meer

Krieket

By PNHS is krieket al byna ʼn vierseisoen sport. Ons het verskeie ligas waarin ons speel en oefen andersins ook deur die jaar. Ons het vier spanne in die liga wat lekker krieket speel en ons toer ook elke jaar in die veskeie ouderdomsgroepe. Krieket by PNHS is besig en ons spanne geniet die sport.

Lees meer

Landloop

Landloop by PNHS bied aan elke leerder die geleentheid om hul potensiaal te ontwikkel, nuwe uitdagings aan te pak en deel te wees van ’n trotse Pumas-span. Alle leerders is welkom om deel te neem, ongeag hul ervaring of fiksheidsvlak. Ons fokus op uithouvermoë, fiksheid, dissipline en spanwerk, met geskikte oefenroetes en fasiliteite om elke atleet te help groei en presteer.

Lees meer

Netbal

PNHS Netbal gee elke dogter die geleentheid om haar potensiaal uit te leef deur geesdriftige en kwaliteit afrigting.

Lees meer

Rugby

By PNHS kry alle leerders die geleentheid om aan rugby deel te neem en hul vaardighede op verskillende vlakke te ontwikkel. Ons fokus op sportmanskap, dissipline, spanwerk en die ontwikkeling van elke speler se potensiaal, terwyl ons ons trotse rugbytradisie voortsit. Die skool beskik oor rugbyvelde en oefenfasiliteite waar spelers hul vaardighede kan slyp en voorberei vir kompetisies.

Lees meer

Sagtebal

PNHS Sagtebal is die sport met die meeste deelname. Ons het 8 Dogters spanne, waar die A spanne in die A liga deelneem en 6 Seuns spanne in die A liga. Met ons passievolle en betrokke ouers en afrigters, van die beste gehalte, kan ons net nuwe hoogtes bereik. Ons het twee hoë gehalte batting cages met pitching masjiene en 6 sagtebal velde.

Lees meer

Sewesrugby

Blitsvinnige aksie, ongelooflike spoed en pure opwinding! By ons skool is sewesrugby een van die gewildste maniere om ons fiksheid en vaardighede na die volgende vlak te neem.

Lees meer

Skaak

By Hoërskool Pretoria-Noord word daar aan die Tshwane-Wes Distriksliga deelgeneem asook aan die PUK 16 reeks.

Lees meer

Swem

Swem borrel deur die are van die PNHS swemspan.

Lees meer

Tennis

PNHS se tennis is van top gehalte! Tennis is ‘n individuele of span poging om die mededingers met vaardighede, dissipline en vasbyt te oorwin. Elke jaar breek ons vorige verwagtinge.

Lees meer

Terug na inligting