Wie is PNHS
Hoërskool Pretoria-Noord is ‘n enkelmedium skool geleë aan die voet van die Magaliesberg in die noorde van Pretoria. Dit is hier waar Mnr. C.J.C. Driescher aan die stuur staan van ‘n goed geöliede skip met ‘n uiters bekwame personeelgroep en meer as 1000 leerders.
Die skool het in 1943 sy deure geopen en het sederdien duisende leerders gehelp vorm en ontwikkel om as suksesvolle jong volwassenes die grootmenswêreld te betree.
PNHS fokus op vier hoofpilare, akademie, sport, kultuur en leierskap en streef daarna om ons vyf waardes elke dag uit te leef: lojaliteit, integriteit, verantwoordelikheid, eerlikheid en respek.
Geskiedenis van die skool
Die spore van gister...
1890

Die eerste privaatskooltjie is in 1890 op Theodorus Erasmus se plaas Westfontein gestig (agter Wannenburg skrootwerf)
1895

In 1895 het Jan Booysen 'n staatsondersteunde skooltjie aan die oostekant van die Apiesrivier op die been gebring
1904

Sedert 1904 word die Anglikaanse kerk in Generaal Beyersstraat gebruik vir 'n staatskool : Pretoria-North School
1909

Die eerste klaskamers van die Pretoria-North Parallel Medium School (Laerskool Danie Malan vandag) is op 20 Mei 1909 betrek
1943

Op 19 Januarie 1943 word die Junior Hoërskool Pretoria-Noord afgestig en die standerd 6 tot 8 leerlinge trek oor na Huis Zeeland
1944 - 1946

Die bouwerk aan die skool is in 1944 begin en in 1946 voltooi. Sedert 1951 is Pretoria-Noord 'n volwaardige Hoërskool.
Ou foto's
Tot vandag

Wat ons gegroei het tot skool van by die 1000 leerlinge met 'n verskeidenheid aktiwiteite en 'n akademiese standaard waarop ons trots kan wees.
Visie en Missie
Visie
Hoërskool Pretoria-Noord is ‘n skool wat streef na uitnemendheid op alle gebiede.
Missie
Hoërskool Pretoria-Noord sal deur geloof, hoop en liefde die leerders in moedertaal onderrig en begelei tot uitnemendheid op akademiese-, kulturele- en sportgebied. Deur hierdie holistiese benadering sal leerders toegerus word vir die eise van die lewe en die beroepswêreld.
Beleide
PAIA - Promotion of access to information act
Protection of personal information policy manual
Gedragskode vir Beheerliggaam
Grondwet van die Beheerliggaam
Vergoedingsbeleid
Assesseringsbeleid
Skoolreëls
Toelatingsbeleid
Beleid: Akademies, Kurrikulêr en Buite-Kurrikulêr
Taalbeleid
Konstitusie PN-Leierraad
Reglement: Merietefunksie