Nuutste Artikels en Omsendbriewe

Omsendbrief 24/2022
Administratief
August 01, 2022
Baie geluk aan ons 0/16 span wat aan beweeg het na die Kwart-Finaal van die Noord-Vaal beker. Hulle speel eerskomende Vrydag teen H/S Merensky om 15H30 op ons A-veld. Ons moedig ons leerders aan om eerskomende Saterdag hulle span te kom ondersteun in hul Vrydagdrag / skooldrag. Leerlinge in skooldrag betaal nie hekgelde nie.

Omsendbrief 23/2022
Administratief
July 25, 2022
Baie dankie aan al ons PNHS ouers wat deurlopend skenkings maak. Sonder julle kan ons nie ons omgee-leerders ondersteun nie. Ons benodig asseblief enige nie-bederfbare produkte. Dit kan in ons ‘drop off’-trollie geplaas word, wat by ons skool se eie Maroelaboom staan.
Afdelings

Akademie
Akademie is ons trots en ook die fundamentele basis waarop PNHS sy leerders vir die toekoms voorberei. Ons is aangewys as Distrik D15 se Top kwaliteit onderrigskool van 2018.

Kultuur
PNHS se kultuur is aan die brand, met 'n groot verskeidenheid aktiwiteite vir elke kultuurliefhebber.

Beleide
Druk hier om die nodige dokumentasie te besigtig. Kontak gerus die skool vir verdere navrae.
Nuwe inskrywings
PNHS kan nie wag om jou deel te maak van ons wenspan nie. Hou hierdie spasie dop vir die nuutste inligting rondom inskrywings en departementele vereistes en datum.
Meer oor ons
Hoërskool Pretoria-Noord is ‘n enkelmedium skool geleë aan die voet van die Magaliesberg in die noorde van Pretoria. Dit is hier waar Mnr. C.J.C. Driescher aan die stuur staan van ‘n goed geöliede skip met ‘n uiters bekwame personeelgroep en meer as 1000 leerders.
Die skool het in 1943 sy deure geopen en het sederdien duisende leerders gehelp vorm en ontwikkel om as suksesvolle jong volwassenes die grootmenswêreld te betree.
PNHS fokus op vier hoofpilare, akademie, sport, kultuur en leierskap en streef daarna om ons vyf waardes elke dag uit te leef: lojaliteit, integriteit, verantwoordelikheid, eerlikheid en respek.