Waarna is jy opsoek?




Omsendbrief 35/2026


Administratief
October 19, 2026


OB: 35 / 2026

Geagte ouers

1. Lief en Leed

Dit is met leedwese dat ons kennis gekry het van die afsterwe van een van ons ouers, Me. Martha Minnaar. Ons dra haar gesin op aan ons Hemelse Vader en dat hulle vertroosting sal vind met hul groot verlies.

2. Krieket

12 Oktober: PNHS 2 v/s Afrikaans Hoër Seunskool 6. PNHS 2 kolf eerste en behaal 76/10. AHS antwoord met 81/1. AHS wen met 9 paaltjies. Dit was ons sewende ligawedstryd waarvan ons drie wen en vier verloor.

13 Oktober: PNHS 0/14 A v/s Sutherland 0/14 A. PNHS kolf eerste en behaal 128/7 in hul toegelate 20 beurte. Mooi kolfwerk van Colten Schoeman met 35 lopies van 23 balle (brons balkie) en Luan Bezuidenhout met 27 lopies van 43 balle. Sutherland antwoord met 57/10. Goeie boulwerk van Colten Schoeman met 3 paaltjies vir 13 lopies in 4 beurte (silwer balkie) en Luan Bezuidenhout met 2 paaltjies vir 6 lopies in 3 beurte (brons balkie). Colten Schoeman neem ook twee mooi vangskote. PNHS wen met 71 lopies. Dit was ons sewende ligawedstryd waarvan ons vier wen en drie verloor.

3. Sagtebal

3.1 Gauteng-Noord Semi-Finaal, 13 Oktober 2026, Craffordpark
  • 0/15 B Seuns v/s Overkruin 0/15 A. Verloor met 4 lopies teenoor 23.
  • 0/15 A Seuns v/s Wagpos 0/15 A. Wen 6 lopies teenoor 5.
  • 0/16 A Seuns v/s Homespun 0/16 A. Wen met 9 lopies teenoor 1.
  • 0/19 B Seuns v/s Tuine 0/19 B. Verloor met 0 lopies teenoor 15.
  • 0/19 A Seuns v/s John Vorster 0/19 A. Wen met 14 lopies teenoor 0.
3.2 Gauteng-Noord Finaal, 17 Oktober 2026, Craffordpark
  • 0/14 A Seuns v/s Hartebeespoort 0/14 A. Wen met 6 lopies teenoor 5. Gauteng-Noord kampioene (goud)!
  • 0/15 A Seuns v/s Hartebeespoort 0/15 A. Verloor met 7 lopies teenoor 14. Gauteng-Noord naaswenners (silwer)!
  • 0/15 B Seuns v/s Rietondale High 0/15 A. Rietondale 0/15 A onttrek. PNHS wen Gauteng-Noord brons.
  • 0/16 A Seuns v/s Hartebeespoort 0/16 A. Verloor met 8 lopies teenoor 9. Gauteng-Noord naaswenners (silwer)!
  • 0/19 B Seuns v/s Akasia 0/19 A. Akasia onttrek. PNHS wen Gauteng-Noord brons.
  • 0/19 A Dogters v/s Afrikaans Hoër Meisies 0/19 A. PNHS verloor met 0 lopies teenoor 2. Gauteng-Noord naaswenners (silwer)!
  • 0/19 A Seuns v/s Homespun 0/19 A. Wen met 5 lopies teenoor 2. Gauteng-Noord kampioene (goud)!

Baie geluk aan die volgende trofeewenners:

  • Jonathan de Lange – Beste 0/14 Seuns Kolwer.
  • Jaydrian Brandon – Beste 0/15 Seuns Kolwer.
  • Jayden Neethling – Beste 0/19 Seuns Goeier.
  • Arno Schreuder – Beste 0/19 Seuns Vanger.
  • Amorey Wallendorf – Beste 0/19 Dogters Goeier.
  • Anelschka van Dyk – Beste 0/19 Dogters Vanger.
3.3 Gauteng-Noord Sagtebal

Baie geluk aan die volgende spelers wat gekies is vir die Gauteng-Noord span:

  • 0/15 A Blue Sox seuns: Dario van Deventer, Janco Schoonraad, Jaydrian Brandon, Jonathan de Lange, Nathan Lamprecht, Zander Pieterse en Zuandré Theron.
  • 0/15 B Red Sox seuns: Caleb de Lange, Jason du Plessis, Jayden Cilliers, Jayden Joubert, Johan Velthuysen en Santiago Bezuidenhout.
  • 0/19 A Blue Sox dogters: Amorey Wallendorf en Anelschka van Dyk.
  • 0/19 C White Sox dogters: Chantelee Nel.
  • 0/19 A Blue Sox seuns: Arno Schreuder, Herco Venter, Jayden Neethling, JG van Niekerk, Nathan Oosthuizen en Ryan Engelbrecht.
  • 0/19 B Red Sox seuns: Deerik Ellis, Divan Botha, Fourie Brandon, Raynard Bosman en Zivan Bezuidenhout.

4. Atletiek: NWU Top 30, 15 – 17 Oktober, Sasolburg

Baie geluk aan ons atlete wat deelneem aan hierdie gesogte byeenkoms waar die beste atlete in die land bymekaar kom:

  • 0/14: Miandri Ysel 100m (52) en Verspring (26), Carmen Zengel Gewigstoot (45) en Hoogspring (25), Divan Deysel Gewigstoot (35) en Diskus (36), en Diwan Vermaak 100m Hekkies (19) en 100m (49).
  • 0/15: Jeanique Huygen 400m (24) en 200m (28), Sandra Viviers 1500m (20) en 3000m (25), Neil Botha Verspring (18) en 100m (30), Jadon Robertson 100m Hekkies (26) en 200m (46).
  • 0/16: Heino Schuster 400m (17) en 100m (42), Divan Botha Diskus (1) en Gewigstoot (4), Caleb Jooste 3000m (25) en 1500m (42).
  • 0/17: Leana Bezuidenhout 100m (24), Lize Meiring Spiesgooi (9) en Diskus (21), Fortune Mangongoa Driesprong (7) en Verspring (14), Jazlyn Roux 3000m (16) en 1500m (19), Mathew Rozelt 800m (13) en 1500m (36).

Spesiale gelukwensing aan Divan Botha wat tans met sy poging van 57,04m in die Diskus die beste in die land is. PNHS is baie trots op hom!

Ons seuns eindig algeheel 13de en ons dogters 19de. Ons skool gesamentlik eindig 19de.

5. Akademie

5.1 Afrikaanse Junior Olimpiade

Baie geluk aan die volgende leerders wat deelnamesertifikate ontvang:

  • Graad 8: Anje-Lika Coetzee, Caitlin Dhlamini en Bella Labuschagne.
  • Graad 9: Chayce Barlow, Marnus Havenga, Megan Jerling en Janco Schoonraad.

Spesiale gelukwensing aan Anje-Lika Coetzee wat onder die top 20 in Gauteng eindig en onder die top 100 nasionaal.

6. Waardebalkies

Baie geluk aan: Michael de Villiers (Respek), Refeloe Mahamba (Integriteit), Kiara Weber (Integriteit) en Leana Bezuidenhout (Respek, Lojaliteit en Integriteit).

7. Algemene Ouervergadering, 28 Oktober 2026

Geagte ouers, neem asseblief kennis dat ons Algemene Jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2027 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, geskeduleer is vir Woensdag, 28 Oktober 2026 om 18:00 in die saal. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering om u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees; indien daar nie ‘n kworum op Woensdag, 28 Oktober 2026 is nie, sal die opvolgvergadering op Woensdag, 11 November 2026 om 18:00 in die saal plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Woensdag, 14 Oktober 2026.

8. Merietefunksie 2026

  • Alle leerders wat trofee verower het gedurende die 2025 Merietefunksie word versoek om hierdie trofee by Mev. Du Plessis in K73 in te handig.
  • Neem kennis dat die skool Woensdag tydens die oggendfunksie wel nog steeds om 14:00 uitkom. Graad 8 – 11 skryf Afrikaans en Engels vraestel 3 op die dag.

9. Program vir die week

Maandag, 19 Oktober
  • Graad 8 – 11, dag 1.
  • Graad 12 NSS Eksamen.
  • Detensie (14:15 – 16:15).
  • Dirigent oudisies (14:15, aantreeblad).
  • Rugby: Akademievergadering (17:00, Konferensiekamer).
  • Akademie vir Leerder Prestasie (18:00, personeelkamer).
Dinsdag, 20 Oktober
  • Graad 8 – 11, dag 2.
  • Graad 12 NSS Eksamen.
  • Merietefunksie Aand: Sport (18:30, saal).
Woensdag, 21 Oktober
  • Graad 8 – 11, Eindeksamen Vraestel 3.
  • Graad 12 NSS Eksamen.
  • Merietefunksie Oggend (09:00, saal).
  • Akademiese periode (14:00 – 15:00).
  • Merietefunksie Aand: Leierskap & Kultuur (18:30, saal).
Donderdag, 22 Oktober
  • Graad 8 – 11, dag 3.
  • Graad 12 NSS Eksamen.
  • Gasvryheidstudies: Graad 10 Restaurantaand (14:15, restaurant).
  • Skaak: Akademievergadering (17:30, Konferensiekamer).
  • Krieket: Akademievergadering (18:00, personeelkamer).
Vrydag, 23 Oktober
  • Graad 8 – 9, dag 4.
  • Graad 10 & 11 Eindeksamen begin.
  • Graad 12 NSS Eksamen.
Saterdag, 24 Oktober
  • Sagtebal: Gauteng-Finales (09:00, Oos moot).
Maandag, 26 Oktober
  • Graad 8 – 9, dag 5.
  • Graad 10 & 11 Eindeksamen.
  • Graad 12 NSS Eksamen.
  • Graad 8 en 9 Detensie (14:15 – 16:15).

Vriendelike Groete

Mnr. CJC Driescher, Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug