Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Kultuur
ATKV-UitklopSpel
ATKV-UitlkopSpel by PNHS is 'n prettige en uitdagende aktiwiteit waar leerders aan verskeie taal- en denkvaardigheidspeletjies deelneem. Alle belangstellende leerders kan deelneem, en die fokus val op woordeskat, spelling, taalvaardigheid en effektiewe kommunikasie. Ons moedig kreatiewe denke, spanwerk en 'n liefde vir Afrikaans aan.
Lees meer
Debat
Debat is 'n span-aktiwiteit wat vereis dat leerders koppe saam sit om ʼn teenstrydige siening aan hul opponente voor te lê. Leerders word die kans gegun om hul eie navorsing te doen oor die gegewe onderwerp en te kombineer saam met hul eie, persoonlike ervaring rakende die onderwerp. Enige leerder van graad 8 tot 12 is welkom om deel te neem, en kan selfs ʼn vriend nooi om saam of teen hul te debatteer.
Lees meer
English evening
Three English Evenings are held every year (one in each of the first three terms). The purpose is to allow learners to express themselves in English by delivering a prepared speech or by reciting a poem. The atmosphere is deliberately reasonably informal. Recognition for participation is given at the school’s merit functions.
Lees meer
FAK / Afrikaanse ekspo
Hierdie kompetisie word deur die FAK geloods om die leerlinge verbonde aan skole of studente verbonde aan universiteite se kreatiewe denke vrye teuels te gee rondom ‘n tema.
Lees meer
Fotografieklub
“Kliek, kliek, kliek…” Dit is die klank van ons kameras wat jy hoor om jou beste oomblik of sommer net iets mooi vas te vang. Kom word deel van die PNHS-paparazzi.
Lees meer
Geesgroep
PNHS se Geesgroep is die gees en ondersteuners agter die groep atlete wie ons harte vinnig laat klop en ons stemme elke jaar laat bulder tydens die atletiekseisoen. Hierdie besonderse groep bevat 200 leerders van graad 8 tot 12 met 'n uitgesoeke groep dirigente wat hul aanhuts om te skree, juig en sing tydens interhoër.
Lees meer
Interne vasvra
PNHS se leerders kry reg deur die jaar die geleentheid om aan verskeie interne vasvra kompetisies deel te neem.
Lees meer
Koor
Ons kan nie almal tegelyker tyd praat nie, maar ons kan almal tegelyk sing, dan maak ons mooi musiek. Enigiemand wat ‘n noot kan hou en ‘n deuntjie kan sing is welkom - Geen vorige ervaring nodig nie.
Lees meer
Kunswedstryde
Daar word deur die jaar verskeie kompetisies aangebied vir leerders, van graad 8 tot 12, om voor in te skryf soos; Pierneefteater Kunstefees, Pretoria Eisteddfod, Noordekruin Kunstefees, Afrikaanse Kunsvereniging Pretoria, en BOLD International Eisteddfod. Elkeen van hierdie kompetisies bied ‘n verskeidenheid Afrikaans en Engelse items aan soos; voorbereide- en onvoorbereide voordrag, beeldend kunste, sang, dans, skryf en nog vele meer!
Lees meer
Mnr en Mej PNHS
Mnr. en Mej. Hoërskool Pretoria-Noord - Die sosiale glansgeleentheid van die jaar.
Lees meer
PNNK
Hoërskool Pretoria-Noord bied jaarliks die PNNK (Pretoria-Noord Nasionale Kunstefees) aan waartydens die gehoor trakteer word met ʼn mengelmoes van items wat onder andere insluit dans, sang, instrumentale spel, groepoptredes, drama en voordrag.
Lees meer
Redenaars
Redenaars is ‘n aktiwiteit waar enigeen met sterk opinies en goeie selfvertroue kan floreer. Leerders van enige ouderdom is welkom om hulle sê te kom sê by PNHS. Toesprake word gelewer en die gehoor moet net vashou aan hulle stoele, want niemand keer om met ‘n PNHS-redenaar saam te stem nie.
Lees meer
Revue
PNHS se revue bied jaarliks ‘n energieke produksie gevul met kleur, blinkers en glimlagte. Daar word jaarliks ‘n aktuele tema gekies om sodoende te verseker die kyker(s) het iets om oor na te dink. Enige leerder van graad 8-12 kan kom oudisie en alle leerders wat deurdring vorm dan deel van die produksie.
Lees meerToneel
Toneel bied vir PNHS-leerders, met ‘n belangstelling in die verhoog en toneelspel, die geleentheid om hulle kreatiwiteit en talente op die verhoog uit te leef. Leerders wat na afloop van die oudisies deurdring vorm deel van die ensemble. Toneel bied nie net geleentheid vir toneelspelers nie, maar ook vir leerders wat belangstel in verhoogbestuur en tegnici (beligting en klankbaanontwerp).
Lees meer
Wapadlig
Pretoria-Noord se aspirant joernaliste lewer verslag oor gebeurtenisse van ons skool.
Lees meer
