Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Redenaars
Redenaars bevorder leerders se vermoëns om voor ‘n gehoor met selfvertroue te kan praat, standpunt te kan inneem en ‘n gehoor daarvan te oortuig. PNHS kweek sterk sprekers met ‘n opinie! Onthou, jou woorde het meer krag as ‘n atoombom – kies daarom joune wys en maak jou stem dik deur deel te word van PNHS se redenaarspan.
PNHS bied verskeie redenaars geleenthede vir voorbereid en onvoorbereide sprekers aan. Voorbereide redenaars verg van leerders om ‘n toespraak te hê wat tussen 5 en 7 minute lank is. Hierdie toespraak moet aan spesifieke vereistes voldoen om sodoende gepas te wees.
Onvoorbereide redenaars is waar leerders tussen een en twee uur voor die praattyd ‘n onderwerp en bronne ontvang en in die gegewe tyd ‘n toespraak moet skryf. Hierdie kategorie verg van leerders om bewus te wees van aktuele sake, om idiomatiese uitdrukkings te verslind en om goed op hul voete te kan dink. Die organiseerder van die redenaars bied die nodige bystand om te verseker dat toesprake voldoende is en dat die leerders oor die nodige kennis en vaardighede beskik voordat hulle gaan praat.
As jy sou kies om deel te word van die redenaarsspan kan jy jouself vir die volgende regmaak: Ons skop af met ‘n interne “Raakpraat Redenaars” kompetisie wat vroeg in Februarie plaasvind. Op hierdie wyse word daar vasgestel watter leerders deurdring na die eksterne kompetisies.
Die eerste groot, nasionale kompetisie, waaraan ons deelneem is die ATKV Redenaars in Aprilmaand. Hier is verskeie rondtes wat dan uiteindelik by die nasionale rondte eindig. In kwartaal drie is daar verskeie kompetisies soos Radikale Redenaars, Kans!Vatter en ook OppiTongAf-Redenaars waarvoor PNHS se redenaarsleerders ingeskryf word – ook op nasionale vlak.
Daar gaan baie voorbereiding in elke leerders se toespraak en aanbiedingsvaardighede in. Elke leerder moet minstens een maal per week vir ‘n uur oefen om sodoende te verseker dat hul toespraak die regte lengte is, die bronne reg aangehaal is en dat elke spreker die nodige sjarme en emosie aan hul toespraak koppel.
Onvoorbereide leerders woon ook die oefening by om hul kognitiewe denkvlakke te bevorder en aan te wakker. Hier leer hul hoe om idiomatiese uitdrukkings te gebruik en standpunt in te neem.
AFRIGTERS / PERSONEEL BETROKKE:
Juffrou K. Avenant (Organiseerder)
Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook bladNuutste Nuus
PNHS se redenaars praat raak!
Wat ’n uitstekende prestasie deur ons redenaars wat onlangs aan die Kans Vatter en Radikaal Redenaarskompetisies deelgeneem het. Julle harde werk, selfvertroue en weldeurdagte toesprake het weereens bewys dat PNHS-leerders hul stemme met trots en oortuiging laat hoor.
Kans Vatter Uitslae:
- Anje-Lika Coetzee – A
- Janco Schoonraad – A
- Zené Swart – A
- Chrizelda Fourie – A
- Charney Badenhorst – A
- Helé Lottering – A+
- Ziané Nel – A
- Michelle de Klerk – A
- Michael de Villiers – A+
- Mia Rynners – A+
- Leandré Koekemoer – A+
- Cheyenne Pieterse – A++
Radikaal Uitslae:
- Anje-Lika Coetzee – A
- Chayce Barlow – A
- Janco Schoonraad – A
- Pheto Molekomme – A
- Zené Swart – A
- Charney Badenhorst – A
- Chrizaan Bikkies – A
- Helé Lottering – A+
- Ziané Nel – A+
- Michael de Villiers – A
- Leandré Koekemoer – A+
- Cheyenne Pieterse – A+
Baie geluk aan elke redenaar. Julle het nie net uitstekende resultate behaal nie, maar ook die naam van Hoërskool Pretoria-Noord met trots uitgedra. Ons is ongelooflik trots op julle prestasies en sien uit na nog vele suksesse op die redenaarspodium!
Voor in die Wapad brand ’n lig!
