Wie is PNHS
Hoërskool Pretoria-Noord is ‘n enkelmedium skool geleë aan die voet van die Magaliesberg in die noorde van Pretoria. Dit is hier waar Mnr. C.J.C. Driescher aan die stuur staan van ‘n goed geöliede skip met ‘n uiters bekwame personeelgroep en meer as 1000 leerders.
Die skool het in 1943 sy deure geopen en het sederdien duisende leerders gehelp vorm en ontwikkel om as suksesvolle jong volwassenes die grootmenswêreld te betree.
PNHS fokus op vier hoofpilare, akademie, sport, kultuur en leierskap en streef daarna om ons vyf waardes elke dag uit te leef: lojaliteit, integriteit, verantwoordelikheid, eerlikheid en respek.
Geskiedenis van die skool
Die spore van gister...
1936
Die Pretoria-Noord Afrikaansmedium Laerskool (Danie Malan) word hierdie jaar toegelaat om standerd 7 (graad 9) aan te bied. Leerders in Pretoria-Noord wat standerd 8 (graad 10) wou doen moes na ander skole gaan.
1942
Die behoefte aan Hoërskool opleiding in die Pretoria-Noord gebied het al hoe groter begin word. Onder hierdie druk het die Onderwysdepartement ook standerd 8 (graad 10) aan die Pretoria-Noord Afrikaansmedium Laerskool (Danie Malan) toegestaan. “Huis Zeeland” is gehuur om klaskamers aan die graad 8 - 10 leerders te voorsien.
1943
Met 650 leerders bars die Pretoria-Noord Afrikaansmedium Laerskool (Danie Malan) nou uit sy nate! Die Onderwysdepartement stig daarom die Pretoria-Noord-Junior Hoërskool af van die Pretoria-Noord Afrikaansmedium Laerskool op 19 Januarie 1943. Die nuwe Pretoria-Noord-Junior Hoërskool met 210 leerders van grade 8 -10 is nog steeds gehuisves in Huis Zeeland onder hoofskap van Mnr. E.D.M. Botes. Die aanvanklike leuse van die nuwe skool was: “Komaan! Daar's werk!” en is op 8 Maart 1943 verander na: “ Voor in die wapad brand 'n lig”.
1944
Reeds in die dertigerjare het die Onderwysdepartement 32 erwe teen die hange van die Magaliesberg aangekoop vir die bou van 'n Hoërskool vir Pretoria-Noord. In 1942 is planne opgetrek vir die Hoërskool en teen middel 1944 is bouwerk begin.
1946
Op 15 Januarie 1946 kon die Pretoria-Noord-Junior Hoërskool hulle skoolgeboue betrek. Mnr. J.J.N. Kruger was die nuwe hoof van 303 leerders en 13 personeel. Teen 1955 het die Pretoria-Noord Junior Hoërskool gegroei tot 'n volwaardige Hoërskool, Hoërskool Pretoria-Noord, met leerders van grade 8-12.
2023
Hoërskool Pretoria-Noord groei tot een van die vooruitstrewende Hoërskole in die land met meer as 1000 leerders en 80 personeel onder hoofskap van Mnr. C.J.C Driescher en die skool vier sy 80ste bestaansjaar!
Ou foto's
Tot vandag
Wat ons gegroei het tot skool van by die 1000 leerlinge met 'n verskeidenheid aktiwiteite en 'n akademiese standaard waarop ons trots kan wees.
Visie en Missie
Visie
Hoërskool Pretoria-Noord is ‘n skool wat streef na uitnemendheid op alle gebiede.
Missie
Hoërskool Pretoria-Noord sal deur geloof, hoop en liefde die leerders in moedertaal onderrig en begelei tot uitnemendheid op akademiese-, kulturele- en sportgebied. Deur hierdie holistiese benadering sal leerders toegerus word vir die eise van die lewe en die beroepswêreld.
Beleide
PAIA - Promotion of access to information act
Protection of personal information policy manual
Gedragskode
Grondwet van die Beheerliggam van Hoërskool Pretoria-Noord
Vergoedingsbeleid
Assesseringsbeleid
Skoolreëls
Toelatingsbeleid
Akademies, Kurrikulêr en Buite-Kurrikulêr
Taalbeleid
Konstitusie PN-Leierraad
Reglement: Merietefunksie
Bonder beleide
Hoërskool Pretoria-Noord Health and Safety Policy
Admissions Policy of Hoërskool Pretoria-Noord
Dissiplinêre Beleid van Hoërskool Pretoria-Noord
Godsdiensbeleid - Hoërskool Pretoria-Noord
Language policy of Hoërskool Pretoria-Noord
School Based Support Team Policy Hoërskool Pretoria-Noord
Learners Attendance Policy Hoërskool Pretoria-Noord
Finansiële Beleid Hoërskool Pretoria-Noord
Magte en Pligte van die Uitvoerende Komitee Addendum 1
Beleid van verklaring van persoonlike belange Addendum 2