Artikels
Subscribe
Omsendbrief 3/2025
Administratief
February 03, 2025
Ons skoolfonds vir 2025 beloop R 26 125-00 vir die jaar. U kan dit eenmalig betaal of in elf paaiemente van R 2 375 - 00 per maand vanaf Januarie tot November. U sal R 500-00 korting ontvang indien u volledig betaal het voor of op 28 Februarie 2024. Let asseblief daarop dat skoolfonds benodig word om kwaliteit onderrig aan ons kinders te lewer.

Omsendbrief 2/2025
Administratief
January 27, 2025
Gaan asseblief die gedragskode van die skool saam met u kind deur; wat in die huiswerkboekie verskyn. Voltooi dan asseblief die skeurstrokie voor in die huiswerkboek dat u wel kennis geneem het en stuur terug aan u kind se voogonderwyser. Ons doen ‘n beroep op al ons ouers om die skool te ondersteun in die nakoming van die skool se gedragskode sodat ons ‘n hoë vlak van dissipline kan bly handhaaf by ons skool.

Omsendbrief 37/2024
Administratief
November 18, 2024
Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons Algemene Jaarvergadering vir ouers op Woensdag, 13 November 2024 om 18H00 in die saal plaasgevind het. Dankie vir ons ouers wat dit getrou bygewoon het. Skoolfonds vir 2025 is vasgestel op R 26 125-00 per jaar. Dit kan afbetaal word in 11 gelyke paaiemente van R 2375-00 per maand van Januarie tot November. U sal R 500-00 afslag kry indien die volle bedrag voor of op 28 Februarie 2025 betaal is.

Omsendbrief 36/2024
Administratief
November 11, 2024
Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons Algemene Jaarvergadering vir ouers van Woensdag 23 Oktober 2024 om 18H00, waar die begroting vir 2025 voorgelê, bespreek en goedgekeur sou word, nie kon plaasvind nie, omdat ons nie die vereiste kworum kon behaal nie. Die opvolgvergadering sal nou op Woensdag, 13 November 2024 om 18H00 in die saal plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie...

Omsendbrief 34/2024
Administratief
October 28, 2024
Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons Algemene Jaarvergadering vir ouers van Woensdag 23 Oktober 2024 om 18H00, waar die begroting vir 2025 voorgelê, bespreek en goedgekeur sou word, nie kon plaasvind nie, omdat ons nie die vereiste kworum kon behaal nie. Die opvolgvergadering sal nou op Woensdag, 13 November 2024 om 18H00 in die saal plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie...

Omsendbrief 33/2024
Administratief
October 21, 2024
Die beplande naskoolsentrum by PNHS is uitgeskuif na Januarie 2025. ‘n Privaat instansie beoog om vanaf Januarie 2025 ‘n naskoolsentrum by Hoërskool Pretoria-Noord te vestig...

Omsendbrief 32/2024
Administratief
October 14, 2024
Baie geluk aan die volgende spelers van PNHS wat opgeneem is in die 0/17 Gauteng span wat van 12 – 16 Desember aan die nasionale kampioenskappe in Pretoria gaan deelneem: Jayden Neethling, Arno Schreuder, JG van Niekerk, Nathan Oosthuizen en Donovan Wallendorf.

Omsendbrief 31/2024
Administratief
October 07, 2024
Baie geluk aan al ons redenaars wat deurgedring het na die nasionale rondte van die Kansvatter Redenaars Kompetisie. Besonder geluk aan Helé Lottering wat nasionaal 2de geeindig het.

Omsendbrief 30/2024
Administratief
October 01, 2024
Ons verwelkom Mev. K Avenant terug na haar kraamverlof. Geagte ouers neem asseblief kennis dat die skool se bankbesonderhede gaan verander omdat dit vir die skool verskeie voordele sal inhou.

Omsendbrief 29/2024
Administratief
September 16, 2024
Dit is met leedwese dat ons kennis gekry het van die afsterwe van een van ons ouers, Mev. S de Klerk. Ons dra hierdie gesin op aan ons Hemelse Vader en bid vir vertroosting vir hulle in hierdie moeilike tyd.