Omsendbrief 19/2025

Omsendbrief 19/2025


Administratief
June 09, 2025


OB: 19 / 2025

Geagte ouers

Lief en leed

  • Dit is met leedwese dat ons kennis geneem het van die afsterwe van een van ons ouers, Mnr. Johannes Bosch. Ons harte gaan uit na sy gesin en ons bid vir vertroosting vir hulle.
  • Baie sterkte vir Mev. M. Lindeque wat ‘n operasie ondergaan het ons wens haar ‘n spoedige herstel toe.

Wintersport:

Hokkie Seuns liga 7

4 Junie:

PNHS 1 v/s Trinity House 1. PNHS wen met 9 - 0. Dit was ons sewende en laaste ligawedstryd, waarvan ons ses wen en een gelykop speel. Geluk aan: Donovan Wallendorf, Rohan Louw (2), Christopher Runnalas, Jayden de Villiers en Ulrich Breytenbach (4) wat almal doele aanteken.

Hokkie: Pretoria Liga 7: PNHS v/s H/S Overkruin, 7 Junie 2025, TUT (Dogters)
Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver Pretoria Liga Uitslae tot dusver Seisoen
0/14 A PN 0 Gewen: 3, Gelykop: 2, Verloor: 2 Gewen: 4, Gelykop: 3, Verloor: 5, Posisie in Liga: 4de
0/14 A Over 2    
0/15 A PN 1 Gewen: 6, Gelykop: 1, Verloor: 0 Gewen: 13, Gelykop: 4, Verloor: 1, Posisie in Liga: 1ste
0/15 A Over 0    
0/16 A PN 3 Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 1 Gewen: 7, Gelykop: 5, Verloor: 5, Posisie in Liga: 2de
0/16 A Over 1    
2de PN 0 Gewen: 2, Gelykop: 2, Verloor: 2 Gewen: 2, Gelykop: 3, Verloor: 6, Posisie in Liga: 4de
2de Over 1    
1ste PN 5 Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 2 Gewen: 8, Gelykop: 4, Verloor: 5, Posisie in Liga: 3de
1ste Over 0    

As skool eindig in geheel 2de in die liga

  • Baie geluk aan die volgende spelers wat opgeneem is in die AVS-spanne wat aan die komende Bokkieweek gaan deelneem: Ewan Rynners, Charney Badenhorst en Klara Strydom.
Rugby Blou Bulle Kwart-Finales, 7 Junie 2025, PNHS
Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver Blou Bulle Liga Uitslae tot dusver Seisoen
0/14 A PN 5 Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 1 Gewen: 7, Gelykop: 0, Verloor: 6
0/14 A Cen 7    
0/15 A PN 12 Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 0 Gewen: 8, Gelykop: 0, Verloor: 5
0/15 A Wag 7    
0/16 A PN 16 Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 1 Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 6
0/16 A Won 18    
2de PN 10 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 4 Gewen: 3, Gelykop: 1, Verloor: 5
2de Won 220    
1ste PN 31 Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 1 Gewen: 6, Gelykop: 2, Verloor: 5
1ste Won 813    
  • Baie geluk aan ons 0/15 en 1ste spanne wat dan nou deurdring na die Blou Bulle Semi-Finales toe.
  • Ons 0/14 en 0/16 spanne sal nou uitspeel vir posisie 5 tot 8 met die boonste 7 spanne wat kwalifiseer vir die Noord-Vaal Kompetisie.
  • Die Semi-Finaal sal weereens by PNHS plaasvind, omdat ons spanne in geheel die beste gevaar het:
    0/14 A v/s Overkruin (posisie 5-8)
    0/15A v/s Midstream College (posisie 1-4)
    0/16A v/s Brits (posisie 5 -8)
    1ste v/s Midstream (posisie 1-4)

Kultuur: Tweede Kwartaal English Evening

Dankie vir almal wat deelgeneem het en geluk vir die volgende wenners:

Junior toesprake: Jordan Anderson (1ste), Chayce Barlow (2de) en Logan Pretorius (3de).
Senior toesprake: Leandré Koekemoer (1ste), Cheyenne Pieterse (2de) en Raynard Bosman (3de).
Junior Voordrag: Lienka Beytell (1ste), Desirae van Staden en Chriselda Fourie (2de), Jaslyn Sedibe en Nimrie Beyleveld (3de).
Senior Voordrag: Tristan Booyens (1ste), Leandré Koekemoer (2de) en Mia Rynners (3de).

Kultuur: Kunswedstryde; Pierneefteater Kunswedstryd

Baie geluk aan die volgende deelnemers:

  • Beate Haarhoff A++ en kategoriewenner vir Stilstaande Poësie Graad 12.
  • Leandré Koekemoer A++ vir Public Speaking, A++ vir Stilstaande Poësie, A+ vir Gedramatiseerde Poësie Engels en A+ vir Onvoorbereide lees.
  • Mia Rynners A++ en kategoriewenner vir Stilstaande Poësie Afrikaans, A++ en kategoriewenner vir Gedramatiseerde Poësie, A++ en kategoriewenner vir Stilstaande Prosa, A++ en kategoriewenner vir Monoloog en A++ vir Stilstaande Poësie Engels. A+ en kategoriewenner vir Karakteruitbeelding en A+ en kategoriewenner vir Onvoorbereide Lees.
  • Pierre Rynners A++ vir Mimiek, A++ en kategoriewenner vir Samespraak saam met Mia Rynners.

Kultuur: Sang

Baie geluk aan:

  • Marioné Engelbrecht wat in die Legends of Arts SA, ‘n nasionale wenner is vir beste ateljee opname. Sy ontvang ‘n dubbel diamand (95% A+++) toekenning.
  • In die Legends of Arts SA, ontvang Marioné Engelbrecht ook vir lewendige optrede ‘n dubbel diamond A+++ toekenning vir Musical / Broadway met “Evil like me” asook ‘n diamond A++ toekenning vir Country met “Blown Away”. Sy dring hiermee deur na die finaal op 21 Junie 2025.
  • In die Kraal Kunstefees ontvang Marioné ook twee A++ sertifikate vir Musical / Broadway en Country. Sy verower ook ‘n A+ vir Gospel en ‘n A+ vir Pop. Sy kwalifiseer ook hier vir die Galaaand op 21 Junie 2025.
  • In die South African Competition of Performing Arts dring Marioné ook deur na die nasionale rondte wat van 3 – 11 Oktober in Rustenburg sal plaasvind.
  • Baie geluk ook aan Marioné wat uitgenooi is om van 1-6 Julie 2025 aan die Italian Performing Arts Cup deel te neem.

Kultuur: Koor

Ons koor neem op 6 Junie 2025 aan die Magaliesbergse Kinderkoor Winterkonsert deel. Ons ontvang komplimente vir program, uniform en positiewe persoonlikheid. Ons volgende optrede sal wees op 7 Augustus 2025.

ABSA-bank

ABSA-bank het aangebied om op 5 Augustus 2025 vanaf 14H00 – 16H00 in die binneplein van ons skool, ons leerders behulpsaam te wees met die opening van bankrekeninge. Leerders 16 jaar en ouer wat in besit is van ID dokumente sal gehelp kan word.

Leierskap: Gewysigde PN-Raad Konstitusie en Gedragskode

Geagte ouers en leerders neem asseblief kennis van hierdie baie belangrike inligting. Die Beheerliggaam het op 1 Maart 2025 die Konstitusie en Gedragskode van die PN-Raad hersien en gewysig. Hierdie beleidstuk is beskikbaar op die skool se webwerf vir besigtiging. Dit is van kardinale belang dat alle leerders (graad 8 tot 12) en ook ons ouers hulself vergewis van hierdie wysigings aangesien belangrike veranderings aangebring is rakende skoolbywoning, deelname aan skoolaktiwiteite en dissiplinêre aangeleenthede wat huidige en toekomstige kandidate vir die PN-Raad raak. Ons waardeer u samewerking en ondersteuning om ‘n positiewe aanslag op hierdie veranderinge tot voordeel van ons kinders en ons skool te bewerkstellig.


Program vir die week

Maandag, 9 Junie:
  • Graad 8 – 12 Halfjaar Eksamen.
Dinsdag, 10 Junie:
  • Graad 8 – 12 Halfjaar Eksamen.
Woensdag, 11 Junie:
  • Graad 8 – 12 Halfjaar Eksamen.
Donderdag, 12 Junie:
  • Graad 8 – 12 Halfjaar Eksamen.
Vrydag, 13 Junie:
  • Graad 8 – 12 Halfjaar Eksamen.
Saterdag, 14 Junie:
  • Rugby: Blou Bulle Semi-Finaal te PNHS:
    08H00: PNHS 0/14 A v/s Overkruin. (A-veld)
    09H00: PNHS 0/15 A v/s Midstream (A-veld)
    10H00: PNHS 0/16 A v/s Brits (A-veld)
    11H00: PNHS 1ste v/s Midstream (A-veld)
Maandag, 16 Junie:
  • Graad 8 – 12 Halfjaar Eksamen.


Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug