Waarna is jy opsoek?


Nuwe Inskrywings

Inligting aangaande aanlyn inskrywings

Maak asseblief seker dat alle dokumente gesertifiseer is voordat dit op die aanlyn registrasiestelsel opgelaai word.

Dokumente wat benodig word

Hou asseblief die volgende dokumente gereed:

  • Ouer/voog se ID, paspoort of toepaslike permit
  • Leerder se Suid-Afrikaanse geboortesertifikaat
  • Bewys van woonadres (nie ouer as drie maande nie) of 'n geldige huurooreenkoms
  • Bewys van werkadres
  • Leerder se jongste skoolrapport (slegs vir Graad 8-aansoeke)

Benodig u hulp?

Indien u enige probleme ondervind met die aanlyn registrasie of die oplaai van dokumente, is u welkom om ons skoolkantoor gedurende kantoorure te besoek. Ons vriendelike personeel staan gereed om u met die proses te help.

Kantoorure:

  • Maandae tot Vrydae
  • 08:00 - 15:00

Word deel van die Wapad-familie!

By Hoërskool Pretoria-Noord glo ons daarin om elke leerder die geleentheid te gee om sy of haar volle potensiaal te bereik. Met uitnemende akademie, mededingende sport, dinamiese kultuuraktiwiteite en sterk Christelike waardes bied ons 'n omgewing waar leerders kan groei, presteer en tuis voel.

Voor in die Wapad brand 'n lig!

Aanlyn inskrywings

Aanlyn aansoek skakel:

www.gdeadmissions.gov.za

Terug