Waarna is jy opsoek?


Koor


Koor

Ons kan nie almal tegelyker tyd praat nie, maar ons kan almal tegelyk sing, dan maak ons mooi musiek. Enigiemand wat ‘n noot kan hou en ‘n deuntjie kan sing is welkom - Geen vorige ervaring nodig nie.


Ons kultuurspan vir 2027

Canta Libre - Mnr Dirk Venter - Organiseerder

Canta Libre - Me Franzelle Dorfling - Dirigent

Canta Libre - Me Angelique Brand - Begeleier

Terugblik op 2026

Canta Libre het hierdie jaar by verskeie geleenthede in en om ons gemeenskap opgetree. Canta Libre is tans ‘n nie - kompetisie - koor, maar wil van 2027 weer begin deelneem aan kompetisies. In 2026 het ons ‘n totaal van 10 optredes gedoen, ‘n optrede elke skoolmaand.

Dit het in Maart begin met ‘n dubbel-optrede by NG Queenswood se Songs of Praise konserte, opgevolg deur NG Florauna se Paassangdiens. Junie het ons die Magaliesberg Kinderkoor se Winterkonsert oudergewoonte met ‘n hoendervleis massakoor afgesluit, onder leiding van Hannelie van Sittert. Ons gaan deel wees van verrigtinge met die loots van die “Lig van Kersfees” konsert.

Hoogtepunte en prestasies van 2026

Cady Meyer is tans ‘n lid van Magaliesberg Kinderkoor.

Franzelle Dorfling is ons splinternuwe koorleidster begelei deur Angelique Brand



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus


KOOR: 2026 Vooruitsigte

Die komende jaar word met afwagting beheen. Eersdaags op 28 Januarie is die audisies vir die Gr 8 nuwelinge, waarna die hele koor op 4 Februarie 2026 vir die eerste keer sal bymekaar kom.

Dit beteken dat ons slegs 6 weke het om voor te berei vir die “Songs of Praise” te NG kerk Queenswood op 14 en 15 Maart 2026. Tussendeur sal daar ook ‘n koorkamp hier op ons skoolgronde wees om van die jaar se nuwe werk in te studeer.

Ander vooruitsigte is natuurlik ons optredes tydens die Opedag en PNNK, wanneer ons die geleentheid het om voor ons eie mense te kan optree. Verskeie koorfeeste sal dan ook nog hopelik geskeduleer en bygewoon word.

Met Dank
Dirk Venter


Gallery



Terug