Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Revue
PNHS se revue bied jaarliks ‘n energieke produksie gevul met kleur, blinkers en glimlagte. Daar word jaarliks ‘n aktuele tema gekies om sodoende te verseker die kyker(s) het iets om oor na te dink. Enige leerder van graad 8-12 kan kom oudisie en alle leerders wat deurdring vorm dan deel van die produksie.
Terugblik op 2026
Tydens die 2026 revue-seisoen het die organiseerder en afrigters verseker dat ‘n tendens in die samelewing aangespreek word – selfvertroue en selfaanvaarding. Die naam van die 2026 produksie was: The Skin You’re In. Die groep het aan die Kaleidoscope-kompetisie (Tshwane Youth Arts Festival) by die Staatsteater, 8Beats by Gold Reef City en die South African Revue Championships by NG-Kerk Moreleta Park deelgeneem. Elke optrede het verseker dat die leerders die kans gegun word om hul talente en passie met die gehoor te deel. Tesame met harde werk en vele ure se oefeninge het die groep ‘n topklas produksie aan elke kyker gebied.
Hoogtepunte en prestasies van 2026
- Die groep behaal ‘n tweede plek by die Tshwane Youth Arts Festival (TYAF) by die Staatsteater.
- Die groep neem deel aan die 8Beats-kombetisie by Gold Reef City en kry die geleentheid om teen sterk skole mee te ding.
- Daar word ook by die Revue Championships deelgeneem by Moreleta NG-Kerk.
Foto’s

Die finale van The Skin You’re In.

PNHS-Revue blink áltyd op die verhoog.

Daar word altyd diverse bewegings in ons produksies gebruik.
Ons kultuurspan vir 2027
Revue:
Me. M. Basson - Organiseerder
Me. M. Basson, Mev. K. Avenant, Me. M. Lerm, Mnr. K. Pretorius - Afrigter(s)
Mev. B. Van Vuuren - Buite Afrigter
