Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Geesgroep
PNHS se Geesgroep is die gees en ondersteuners agter die groep atlete wie ons harte vinnig laat klop en ons stemme elke jaar laat bulder tydens die atletiekseisoen. Hierdie besonderse groep bevat 200 leerders van graad 8 tot 12 met 'n uitgesoeke groep dirigente wat hul aanhuts om te skree, juig en sing tydens interhoër.
Ons kultuurspan vir 2027
Geesgroep - Tehillah De Beer - Organiseerder
Geesgroep - Tehillah De Beer en Kayla Avenant - Afrigters
Terugblik op 2026
Hierdie jaar het die geesgroep alreeds saamgekom in die tweede week van skool om hul stemme vir die seisoen aan te wakker. By elke oefening is liedjies en krete met vollebors bemeester in voorbereiding vir die Maroela-byeenkoms op PNHS se velde, sowel as die groot interhoër byeenkoms op Pilditch stadion.
Danksy die uitmuntende prestasies van die atlete, gaan PNHS weereens by die B-Bond aansluit, met die volle geesgroep kort op hul hakke!
Hoogtepunte en prestasies van 2026
- Geesgroep deelname aan die C-Bond en vooruitsig vir die B-Bond in 2027.
Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook bladNuutste Nuus
Ons het die G-E-E-S! In 2024 het PNHS groot gees getoon by die Atletiek interhoër in Februarie.
Daar was bykans 200 leerders deel van die geesgroep wat gemaak het vir ‘n reuse lawaai. Die geesgroep het vierde plek behaal in die gees kompetisie en het met alles wat hulle het die atlete ondersteun. Dit vat meer as die warm son en ‘n lang dag om PNHS se gees te demp.
Die geesgroep poog om in 2026 nog beter te presteer en die betrokke leerders en onderwysers is reeds baie opgewonde!
