Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Debat
Debat is 'n span-aktiwiteit wat vereis dat leerders koppe saam sit om ʼn teenstrydige siening aan hul opponente voor te lê. Leerders word die kans gegun om hul eie navorsing te doen oor die gegewe onderwerp en te kombineer saam met hul eie, persoonlike ervaring rakende die onderwerp. Enige leerder van graad 8 tot 12 is welkom om deel te neem, en kan selfs ʼn vriend nooi om saam of teen hul te debatteer.
Ons kultuurspan vir 2027
Debat - Tehillah De Beer - Organiseerder
Juniors - Margolane Lombard - Afrigter
Seniors - Tehillah De Beer - Afrigter
Terugblik op 2026
Vier debatspanne het vanjaar deelgeneem aan die PNHS internekompetisie in voorbereiding vir die Con Spirito debatskompetisie. Die junior en senior spanne het hul standpunte behoorlik neergelê tydens beide kompetisies, met unieke sienings en navorsing om dit te ondersteun. Ure se voorbereiding en afrigting is in gesit as deel van hierdie opwindende ervaring.
Alreeds word spanne saamgestel vir die volgende jaar, en is daar altyd nog plek vir leerders om betrokke te raak.
Hoogtepunte en prestasies van 2026
- PNHS Internedebatskompetisie: Vier spanne neem deel. Mia Smit en Jolizna Steyn (Seniors) & Angelique Jonker en Luane Paterson (Juniors) is wenners van hul debatsgesprekke.
- Con Spirito debatskompetisie: Drie spanne neem deel aan die eerste rondte. Angelique Jonker & Jessicah Plaatjies (Juniors) is wenners van hul debatsgesprek.
Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook bladNuutste Nuus
PNHS-debatteerders presteer by Con-Spirito Debatskompetisie!
Hoërskool Pretoria-Noord se debatteerders het die afgelope week aan die Con Spirito-debatskompetisie deelgeneem, waar hulle hul skool met selfvertroue, weldeurdagte argumente en uitstekende spanwerk verteenwoordig het.
Die volgende spanne het aan die kompetisie deelgeneem:
- Luzaan Nortje en Juane Broodryk
- Mia Smit en Jolizna Steyn
- Aiden Gerber en Luane Paterson
- Angelique Jonker en Jessicah Plaatjies
'n Spesiale gelukwensing aan Angelique Jonker en Jessicah Plaatjies, wat as wenners van hul debatsgesprek aangewys is. Hierdie prestasie getuig van deeglike voorbereiding, kritiese denke en uitstekende kommunikasievaardighede.
Hoërskool Pretoria-Noord is trots op al ons debatteerders se toewyding en deelname. Julle is uitstekende ambassadeurs van die skool, en ons wens julle alle sterkte toe met die res van die debatseisoen.
