Waarna is jy opsoek?


Toneel


Toneel

Toneel bied vir PNHS-leerders, met ‘n belangstelling in die verhoog en toneelspel, die geleentheid om hulle kreatiwiteit en talente op die verhoog uit te leef. Leerders wat na afloop van die oudisies deurdring vorm deel van die ensemble. Toneel bied nie net geleentheid vir toneelspelers nie, maar ook vir leerders wat belangstel in verhoogbestuur en tegnici (beligting en klankbaanontwerp).


Terugblik op 2026

In 2026 het PNHS twee tonele op die planke gehad. Name is mos belangrik en Gewete is ‘n duur prys om te betaal het aan die volgende kompetisies deelgeneem: Pronkpodium wat by Hoërskool Die Wilgers aangebied is, Alegretto by Hoërskool Montana en ATKV-toneelkompetisie by die UNISA Kleinteater.

PNHS het in 2026 ook twee nuwe tonele bekendgestel by die jaarlikse kultuurweek (PNNK) – hierdie twee produksies sal in 2027 aan eksterne-kompetisies deelneem: Glim en Glans: Huis van skóónheid deur Me. M. Basson Liefste, Sandra deur Me. C. Williamson

Hoogtepunte en prestasies van 2026

  • Gewete is ‘n duur prys om te betaal verwerf brons toekennings by Alegretto-toneelfees en die Pronkpodium kompetisie vir ensemble.
  • Albei tonele kry die kans om ervaring op te doen tydens eksterne kompetisies en het sodoende hulle vaardighede en talente ontwikkel.

Individuele prestasies

  • Mia Rynners ontvang toekenning vir beste ondersteunende rol tydens Alegretto-kompetisie se gala-aand. Sy ontvang ook brons en goue toekennings tydens eksterne kompetisies.
  • Ewan van Zyl ontvang brons toekenning tydens eksterne kompetisies.
  • Tristan Booyens ontvang brons toekenning tydens eksterne kompetisies.
  • Luzaan Nortjé en Allan Ribeiro ontvang brons en silwer toekennings tydens eksterne kompetisies.
  • Jan-Hendrik Van Wyk ontvang brons en silwer toekennings tydens eksterne kompetisies.
  • Riana Bezuidenhout ontvang brons en silwer toekennings tydens eksterne kompetisies.

Foto’s

Toneel

Cornelius en Lida (karakters) in Gewete is ‘n duur prys om te betaal.

Toneel

Name is mos belangrik.

Toneel

Name is mos belangrik.

Ons kultuurspan vir 2027

Glim en Glans – Huis van skóónheid

  • Me. M. Basson
  • Organiseerder: Me. M. Basson en Me. C. Williamson

Liefste, Sandra

  • Me. C. Williamson
  • Afrigter(s): Me. M. Basson, Me. C. Williamson, Me. M. Avenant, Me. M. Lombard, Mnr. K. Pretorius
  • Regisseur(s) en Draaiboekskrywer(s): Me. M. Basson en Me. C. Williamson


Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus



Gallery



Terug