Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Leef vir Christus week
Hoërskool Pretoria Noord het weer hierdie jaar die Leef vir Christus Week vir die leerders en personeel aangebied. Die doel van die week is om opbouende en motiverende sprekers te ontvang wat die leerders en personeel herinner van die goedheid en grootheid van God. Almal by PNHS moet weet dat God hulle liefhet.
Die tema van die week was `n Reis deur Romeine. Elke spreker is gevra om gedeeltes uit Romeine te behandel. Fokuspunte was:
- Ons het almal Jesus nodig.
- Dieselfde genade wa jou red, is die genade wat jou vashou.
- Wanneer jy Christus aanneem, woon God se Gees binne-in jou.
