Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Tannie Schantell behaal tweede plek in Kantoorkampioen-kompetisie
Sien sosiale posAgter PNHS se prestasies op die sportveld, op die verhoog en in die klaskamer staan mense wat elke dag sorg dat dinge vlot verloop. Vandag vier ons een van daardie mense, ons eie tannie Schantell, wat tweede geëindig het in Solidariteit se Kantoorkampioen-kompetisie.
Agter PNHS se prestasies op die sportveld, op die verhoog en in die klaskamer staan mense wat elke dag sorg dat dinge vlot verloop. Vandag vier ons een van daardie mense, ons eie tannie Schantell, wat tweede geëindig het in Solidariteit se Kantoorkampioen-kompetisie.
As mnr. Driescher se persoonlike assistent en die onderwysers se regterhand stap tannie Schantell gereeld die ekstra myl. Die prestasie gee ons ’n besondere geleentheid om haar te bedank vir die sorg en toewyding waarmee sy haar werk doen.
Ons wil ook vir tannie Susan spesiaal bedank. Tannie se harde werk agter die skerms maak elke dag ’n verskil, en tannie is ’n onmisbare deel van die PNHS-familie.
Baie geluk, tannie Schantell! Tannie is sowaar ’n kampioen. Wat ’n mooi manier om tannie se hoofstuk by PNHS af te sluit. Ons gaan tannie baie mis!
Tannie Schantell en tannie Susan, baie dankie vir alles wat julle vir ons skool doen. PNHS is ryker omdat ons julle het.
