Waarna is jy opsoek?


Lig van Kersfees 2026


Op Saterdag 21 November 2026 het die Kersliggies op Hoërskool Pretoria-Noord se A-rugbyveld na sononder ’n besondere agtergrond vir ons Lig van Kersfees-konsert geskep.



Page image

Op Saterdag 21 November 2026 het die Kersliggies op Hoërskool Pretoria-Noord se A-rugbyveld na sononder ’n besondere agtergrond vir ons Lig van Kersfees-konsert geskep. Gesinne het met piekniekkombersies en kampstoele voor die pawiljoen saamgekuier en geluister na die musiek wat ons aan die geboorte van Jesus Christus herinner het.

Van die eerste note van Noël tot die massakoor se Stille Nag het elke optrede iets eie tot die aand bygedra. Die PNHS-skoolkoor, Laerskool Danie Malan se juniorkoor, Canta Libré, ons soliste en selfs ons onnies het die verhoog gedeel. Met Kom Alle Getroues kon almal saamsing en die aand op ’n feestelike noot afsluit.

Dankie aan elke kunstenaar, personeellid en helper wat agter die skerms gewerk het. Ons waardeer ook die ondersteuning van NG Kerk Florauna en NG Kerk Wonderpark, Laerskool Boerefort asook elke gesin wat die aand saam met ons deurgebring het. Baie dankie aan almal wat ’n blikkie kos vir Noorderlig gebring het en so die Kersvreugde verder gedeel het.



Gallery




Terug