Waarna is jy opsoek?


PNHS-sagtebalseuns verower goud en silwer by Gauteng-finaal


Hoërskool Pretoria-Noord se O.19A- en O.15A-sagtebalseuns het op Saterdag, 24 Oktober 2026, onderskeidelik goud en silwer by die Gauteng-finaal verower.



Page image

Hoërskool Pretoria-Noord se O.19A- en O.15A-sagtebalseuns het op Saterdag, 24 Oktober 2026, onderskeidelik goud en silwer by die Gauteng-finaal verower.

Die O.19A-seuns het ’n uitstekende vertoning gelewer en Ashton international College met 11–0 in die finaal verslaan om die goue medalje te verower.

Die O.15A-seuns het ook tot die finaal deurgedring, waar hulle teen Benoni High te staan gekom het. Hulle het die wedstryd met 3–10 verloor en die kompetisie met ’n silwermedalje afgesluit.

Baie geluk aan albei spanne en hul afrigters met hierdie besondere prestasies. PNHS is trots op julle toewyding en die wyse waarop julle ons skool verteenwoordig.

’n Besondere dankie aan ons borge VDB Webcraft, Dormehl Phalane Property Group en Rothmann Attorneys vir julle waardevolle ondersteuning en bydrae tot die groei van sagtebal by PNHS.

Dankie ook aan elke ouer en ondersteuner vir julle betrokkenheid en aanmoediging langs die veld.



Gallery




Terug