Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Gholf
By PNHS is gholf ʼn baie vinniggroeiende en populere sport. Drie jaar terug het ons een span in die liga ingeskryf en vanjaar was ons drie spanne, en in 2027 beoog ons om nog ʼn vierde span in te skryf met al die leerders wat belangstel. Dit is ʼn sport vir beide seuns en dogters om te wys wat hulle kan doen met hul talente. Ons slaan sowaar die skoonveld raak met ons gholf.
Afrigters vir 2027:
Ons het vier spanne wat ons in die liga gaan inskryf vir 2027. Mnr Lottering behartig die gholf by die skool en sal die 4 spanne bestuur vir die 2027 seisoen.
Terugkyk op 2026:
2026 was ʼn baie genotvolle jaar op die gholfbane van Pretoria. Tussen die drie spanne wat ingeskryf was het ons heelwat wedstryde gespeel op verskeie bane soos Akasia gholfbaan, Seasons gholfbaan, Irene gholfbaan en onder andere Dienste gholfbaan, en so kry ons spelers die voorreg en geleentheid om op verskeie verskillende bane te speel en die sport te geniet.
Hoogtepunte en prastasies:
In 2026 was ons geweldig dankbaar om so baie leerders te kry wat opgedaag het vir die proewe en oefeninge om ons spanne vol te kry, daar was selfs dogters wat besluit het om te kom en ons gaan nog meer dogters hȇ wat hul staal wil kom wys op die gholfbane.
Ons tweede en derdespanne het goeie resultate opgelewer met mooi oorwinnings, maar dit was veral ons eerstespan wat hul liga onoorwonne afgesluit het tydens die poelreeks en toe in die groot finaal meegeding het met skole soos Garsfontein, Menlopark en Montane. Ons eerstespan het toe in die derde plek algeheel geeindig en uit sowat 24 skole is dit ʼn besonderse prestasie.
Ons gaan poog om nog ʼn spappie verder te gaan in 2027 en ons spelers is nog jonk en opgewonde oor gholf en vorder elke jaar net beter en beter.
Ons beplan ook om vir die eerste keer in jare ʼn gholftoer te hou in 2027 sodat die leerders ook dit bietjie kan beleef en te sien hoe lyk ander bane buite Pretoria, ons is baie opgewonde oor dié moontlikheid. Daarom is ons baie opgewonde oor wat 2027 vir PNHS op die gholbaan gaan inhou.
