Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Krieket
By PNHS is krieket al byna ʼn vierseisoen sport. Ons het verskeie ligas waarin ons speel en oefen andersins ook deur die jaar. Ons het vier spanne in die liga wat lekker krieket speel en ons toer ook elke jaar in die veskeie ouderdomsgroepe. Krieket by PNHS is besig en ons spanne geniet die sport.
Afrigters vir 2027:
Ons het vier spanne wat ons in die liga gaan inskryf vir 2027.
Afrigters wat ons gehad het in 2026 per span was:
- Eerstespan
- Mnr L Lottering en mnr L Erasmus
- Tweedespan
- Mnr F Steyn en mnr J Gouws
- O/15 span
- Mnr T Van Der Merwe en mnr P Van Niekerk
- O/14 span
- Mnr G Van Aswegen en mnr B Van Dyk
Terugkyk op 2026:
2026 was ʼn goeie jaar op die krieketvelde gewees. Ons spanne het heelwat wedstryde gespeel met onder andere ons ontwikkelingspan wat in die eerste kwartaal in die Pienkbal-liga gespeel het en baie goed gevaar het, ons eerstespan het ook in die derde kwartaal in die WHOP-reeks gespeel waar hulle ook uitstekend gevaar het en die reeks gewen het.
Tydens die Julie- vakansie het ons o/14 en o/15 spanne gaan toer by Sundown Ranche waar hulle goeie oorwinnings behaal het en waar die seuns nie kon uitgepraat raak oor hoe hulle die toer geniet het nie. Die eerstespan het ook gaan toer by Ben Vorster en ook baie goeie oorwinnings daar behaal.
Hoogtepunte en prastasies:
In 2026 was ons uitslae baie goed op die krieketvelde gewees. Ons eerstespan het in die WHOP-reeks gespeel teen Wonderboom, Hartbeespoort en Overkruin en die reeks onoorwonne as wenners van die reeks uitgekom.
Ons o/15 span het in die stadsliga as naaswenners in hul liga geeindig waar hulle slegs 1 punt agter die span was wat die liga gewen het.
Twee van ons seuns was ook gekies om vir die AVS spanne te speel waar hulle ook die spanne verteenwoordig het tydens die nasionale AVS toernooi. Dit was Charl Otto en Jayden Van Wyngaard, ons is baie trots op die seuns.
Ons krieketspelers het hul baie goed van hul taak gekwyt tydens 2026 en hulle het met trots vir PNHS op die velde verteenwoordig. Ons sien baie uit na die 2027 seisoen.
Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook bladNuutste Nuus
Die afrigters van die verskeie spanne vir 2026:
O/14 is Gregory van Aswegen,
O/15 is Louis Lottering en Brandon van Dyk,
2de span is Tiaan van der Merwe en Francois Steyn
1ste span is Pieter van Niekerk en Luan Fouche
Onder 15 Titans Platinum C-League Winners T20
Onder 19 Titans Platinum C-League Winners 50 Overs
Speler prestasies
Bokkie Week
AVS Noord-Transvaal Noord Span
Ulrich Breytenbach
Mark Gorman
AVS Noord-Transvaal Wes Span
Michael Flanagan
Charl Otto
Charl Otto word aangewys as die beste kolwer in die toernooi. En word gekies vir die Suid Afrikaanse bokkie span wat in desember na India getoer het.
Onder 14
Beste Bouler = Philip Beukes
Beste Kolwer = Neil Botha
Beste Speler = Neil Botha
Onder 15
Beste Bouler = Christopher Runnalls
Beste Kolwer = Jayden Schoeman
Beste Speler = Christopher Runnalls
2 de Span
Beste Bouler = Euan du Plessis
Beste Kolwer = Nathan Oosthuizen
Beste Speler = Nathan Oosthuizen
1 ste Span
Beste Senior Bouler = Ulrich Breytenbach
Beste Senior Kolwer = Mark Gorman
Beste Senior Speler = Mark Gorman
Algehele beste krieket speler = Michael Flanagan
