Waarna is jy opsoek?


Rugby


Rugby

By PNHS kry alle leerders die geleentheid om aan rugby deel te neem en hul vaardighede op verskillende vlakke te ontwikkel. Ons fokus op sportmanskap, dissipline, spanwerk en die ontwikkeling van elke speler se potensiaal, terwyl ons ons trotse rugbytradisie voortsit. Die skool beskik oor rugbyvelde en oefenfasiliteite waar spelers hul vaardighede kan slyp en voorberei vir kompetisies.


Ons afrigters vir 2027

Eerste span: Mnr. Gehan Snyder en Donnovan van Eeden
Tweede span: Mnr Douglas Botes en Mnr. Frik van Vuuren
Derde span: Mnr. Dirk Venter en Jan Gouws
O.16A: Mnr. Tiaan van der Merwe en Mnr Barry Fourie
O.16B: Mnr. Tiaan van der Merwe en Mnr Barry Fourie
O.15A: Mnr. JP Pienaar, Mnr. Kowie Roos en Mick Helena
O.15B: Mnr. Walten van Heerden
O.14A: Mnr. Louis Lottering, Mnr. Brandon van Dyk en Mnr. Marcel Botha
O.14B: Mnr. Louis Lottering, Mnr. Brandon van Dyk en Mnr. Marcel Botha

Organiseerder: Mnr Douglas Botes
Hulp organiseerder: Mnr JP Pienaar

Terugkyk op 2026

Die 2026-rugbyseisoen was gekenmerk deur goeie deelname, sterk spanwerk en besondere prestasies in al die ouderdomsgroepe. Ons O/14-span het 13de in die PUK 16-reeks geëindig en net-net die Stadsbeker-uitspele misgeloop. Die O/15-span was PUK 16-naaswenners, Stadsbekerwenners en het tot die Noordvaal-kwartfinaal deurgedring. Die O/16-span was PUK 16-agtste en Stadsbeker-naaswenners. Ons eerste span het besonder presteer deur as PUK 16- en Noordvaal-wenners gekroon te word. Die seisoen het weereens die trotse rugbytradisie en sportkultuur van PNHS bevestig, terwyl ons daarna streef om ons waardes en vier hoofpilare daagliks uit te leef.

Hoogtepunte en prestasies van 2026

Ons eerste span het besonder presteer deur as PUK 16- en Noordvaal-wenners gekroon.

Die O/15-span was PUK 16-naaswenners, Stadsbekerwenners en het tot die Noordvaal-kwartfinaal deurgedring.

Skuif op na die Noordvaal Afdeling 1 Bowl liga.

O/14 rugby:

13de geplaas in PUK 16 reeks.
Het net kort gekom van die stadsbeker uitspele.
AVS 7’s: Franco van Pletzen – Noord - Transvaal Noord span.

O/15 rugby:

Puk 16 naaswenners.
Stadsbekerwenners.
Noordvaal deurgedring na kwartfinaal.

O/16 rugby:

Agtste geplaas in PUK 16.
Stadsbeker naaswenners.
AVS: Heino Schuster, Zivan Bezuidenhout, Wihan Flavell.
AVS 7’s: Heino Schuster.
IPT Blou Bulle Klub: Zivan Bezuidenhout, Wihan Flavell.

Eerste span:

PUK 16 Wenners.
Stadsbeker naaswenners.
Noordvaal Wenners.
AVS: MC Swanepoel.
IPT: Ficardo Morgan en Eduard du Plessis. Ficardo Morgan gekies uit IPT toernooi vir die Dream team.



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus



Gallery



Terug