Waarna is jy opsoek?


Atletiek


Atletiek

Ons begin die jaar met atletiek - die sport wat die toon aangee vir ons wintersport. As atletiek goed verloop, volg die res. Ons interhuis is oop vir alle atlete wat hul staal wil kom wys.


Ons afrigters vir 2027

Naellope: Mnr. Keandré Lotter
Hekkies: Mnr. Marcel Botha
Middel- en langafstande: Me. Carol Goodsinson
Verspring: Mnr. Tiaan van der Merwe en Mnr. Gregory van Aswegen
Hoogspring: “Word nog bevestig”
Gewigstoot: Mnr. Kowie Roos
Diskus: Mnr. Dirk Venter
Spiesgooi: Mnr. Barry Fourie en Mnr. JP Pienaar

Terugkyk op 2026

Ons het in 2026 ‘n uiters suksesvolle atletiekseisoen beleef. Ons het aan verskeie byeenkomste deelgeneem: HS Wonderboom byeenkoms; Seshoekige Byeenkoms @ HS Brits, Tuis- Maroelabyeenkoms, Magalies-Moot byeenkoms @ HS Gerrit Maritz en ook natuurlik die hoogtepunt vir die jaar was die C-Bond Interhoër @ Pilditch.

Ons begin dan ook vroeg in kwartaal 4 met ons voorseisoen oefeninge en byeenkomste. Ons het aan die TUT Top 12 @ Pilditch; Die Jakaranda byeenkoms @ Brits en ook die NWU Top 30 Byeenkoms @ Sasolburg deelgeneem.

2026 was ‘n jaar om te onthou vir PNHS-Atletiek en ons is opgewonde vir dit wat voorlê vir 2027.

Hoogtepunte en prestasies van 2026

  • Wenners van die Magalies-Moot byeenkoms @ Hoërskool Gerrit Maritz
  • Wenners van die dogtersafdeling by die Interhoër @ Pilditch
  • Algehele wenners van die Interhoër @ Pilditch
  • Verskeie atlete wat Tshwane-wes Distrik verteenwoordig by die Gautengkampioenskappe.
  • Divan Botha verteenwoordig Gauteng by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe en behaal ‘n 5de plek vir sy Skyfwerpitem.
  • PNHS neem ook deel aan die TUT Top 12 byeenkoms @ Pilditch, waar ons teen die land se beste atlete meeding. Verskeie atlete het top 10 uitslae behaal, waar Divan Botha weereens die skool se naam hoog gehou het met twee 3de plekke in Gewigstoot en Skyfwerp. Hy ontvang ook die troffee vir die senior Victor Ludorum in die b-afdeling.
  • PNHS het ook in 2026 aan die NWU top 30 byeenkoms te Sasolburg deelgeneem. Die toer was ‘n groot sukses, waar ons atlete hul baie goed van hul taak gekwyt het. Divan Botha het as wenner van die seuns skyfwerp o/16 uitgetree. Hier het hy die top atlete in die land gewen en is tans die nr. 1 atleet in sy item in die land.

PNHS neem in 2027 weer in die B-bond deel en beoog om nuwe hoogtes in hul atletiek te bereik.



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus


ATLETIEK KWARTAAL 1 VERSLAG 2024

Atletiek vorm ‘n integrale deel van ons skool se sportprogram in die eerste-, derde- en vierde kwartaal. Dit bied vir elke leerder ‘n geleentheid om betrokke te raak danksy die wye verskeidenheid items waaraan atlete kan deelneem.

Lees meer


Gallery



Terug