Waarna is jy opsoek?


Sagtebal


Sagtebal

PNHS Sagtebal is die sport met die meeste deelname. Ons het 8 Dogters spanne, waar die A spanne in die A liga deelneem en 6 Seuns spanne in die A liga. Met ons passievolle en betrokke ouers en afrigters, van die beste gehalte, kan ons net nuwe hoogtes bereik. Ons het twee hoë gehalte batting cages met pitching masjiene en 6 sagtebal velde.


Ons afrigters vir 2027

0/14 A Seuns

  • Choppie van Niekerk
  • J.G. v Niekerk
  • Kayla Avenant ( Bestuurder)

0/14 A Dogters

  • Pierre Neethling
  • Chandre’ Bezuidenhout ( Bestuurder A en B)

0/15 A Seuns

  • Keandre’ Lotter (Bestuurder) ( Umpire)

0/14 B Dogters

  • Chrilize De Beer

0/15 B Seuns

  • Walten van Heerden (Bestuurder)
  • Nathan Oostuizen

0/15 A Dogters

  • Barry Fourie (Bestuurder)
  • Verésse v Niekerk

0/15 B Dogters: ( Afrigter)

  • Lourens Du Plessis
  • Elske du Toit ( Bestuurder en afrigter)

0/16 A Seuns

  • Albert Kluyts
  • Kowie Roos (Bestuurder)
  • Christo Bezuidenhout

0/16 A Dogters

  • Kimberly Breedt ( Bestuurder)
  • Corne’ Breedt

0/16 B Dogters

  • Melisa Kotze ( Afrigter en bestuurder)

0/19 A Seuns

  • C.J. Breytenbach en Pierre Neethling
  • Dirk Venter ( Bestuurder A en B)

0/19 A Dogters

  • JP Pienaar ( Bestuurder A+B afrigter)
  • Andrew Durdle

0/19 B Seuns

  • Theo Bouwer

0/19 B Dogters

  • Leehan van der Walt
  • Chrissie de Beer

Terugkyk op 2026

5 spanne in TSSA uitspele:

  • 0/14S kry goud
  • 0/15S kry silwer
  • 0/16S kry silwer
  • 0/19S kry goud
  • 0/19D kry silwer 

2 spanne haal Gauteng finaal ( 0/19S kry Goud en 0/ 15S kry Silwer)

Hoogtepunte en prestasies van 2026

Twee spelers haal S.A onder 18 span ( Jayden Neethling en Arno Shreuder) Een speler S.A onder 23 mans span ( Jayden Neethling ) Een speler S.A mans span ( Jayden Neethling) Een speler haal S.A onder 18 groep ( Raynard Bosman) 27 spelers haal Gauteng Noord spanne

Beste batters in TSSA:

  1. Jonathan de Lange
  2. Jaydrain Brandon

Beste Catcher in TSSA:

  1. Arno Schreuder
  2. Anelskha van Wyk

Beste pitchers in TSSA

  1. Amorey Wallendorf
  2. Jayden Neethling

Jayden Neethling 2026:

  • Tweede beste pitcher in Tshwane White Sox mans span by Gordon Monk-toernooi. IRT clubs
  • Derde beste pitcher in Gauteng mans span.


Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus


PNHS se trotse dra die groen en goud!

Baie geluk aan Arno Schreuder, Nathan Oosthuizen en Jayden Neethling wat gekies is om Suid-Afrika se O/18 Mans Sagtebalspan te verteenwoordig tydens die WBSC Africa O/18 Mans Afrika-Kwalifiseringstoernooi, wat van 9–11 Julie 2026 plaasvind.

DRIE PNHS-LEERDERS. EEN SUID-AFRIKAANSE SPAN. WAT 'N PRESTASIE!

Wat 'n ongelooflike trotse oomblik vir Hoërskool Pretoria-Noord!

Met groot opgewondenheid kondig ons aan dat drie van ons leerders gekies is vir die Suid-Afrikaanse O/18 Sagtebalspan.

Baie geluk aan:

  • Jayden Neethling
  • Nathan Oosthuizen
  • Arno Schreuder

Arno Schreuder
Jayden Neethling
Nathan Oosthuizen

Hierdie uitsonderlike prestasie is die beloning vir jare se harde werk, deursettingsvermoë, opoffering en passie vir die spel. Julle het nie net jul eie drome verwesenlik nie, maar ook die naam van Hoërskool Pretoria-Noord met trots op die nasionale verhoog geplaas.

Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle. Mag hierdie net die begin wees van nog vele hoogtepunte in julle sportloopbane.

Baie geluk, manne! Julle is ware ambassadeurs van PNHS en Suid-Afrika. Ons wens julle alle sterkte toe terwyl julle die groen en goud met trots gaan dra.

Voor in die Wapad brand 'n lig!

VOORUITSKOUING VAN DIE SEISOEN

Vooruitsigte vir 2026:

Hierdie jaar wil ons graag al ons dogterspanne aan uitspele laat deelneem, deur voorseisoen oefeningsessies en meer blootstelling aan hoëdruk wedstryde tydens die seisoen, deur hulle op Woensdae teen hoër ouderdomme te laat speel. Ons wil meer van ons afrigters en keurders by Gauteng-Noord betrokke kry. Ons wil ook al ons seunspanne by die Gauteng uitspele kry en verbeter op ons 2 goud en 2 silwer.

Ons beoog om nog B-spanne te skep. En om onder 13 dogters te betrek waar hulle nie sagtebal by hulle skool het nie.

Ons wil ons nuwe batting cages effektief gebruik sodat ons spanne se batting baie ontwikkel.

Ons wil meer dogters in Gauteng-Noord spanne kry deur hulle veldwerk, pitching en vorm te verbeter deur voorseisoen oefeninge.

NA DIE SEISOEN: 2025

Die sagtebal seisoen vanjaar het begin met ‘n sagtebaldag (all day rally) op 26 Julie. Dit is bygewoon deur 8 skole, met meer as 800 hoërskooldeelnemers wat 120 wedstryde gespeel het.

Ons het die jaar 8 A-spanne en 4 B-spanne ingeskryf in die TSSA liga, wat die meeste spanne tot dusver was. 5 van ons 8 A-spanne het in beide die semi-finaal asook finaal gespeel, wat die meeste spanne van enige skool was. Ons O/15 en O/19-seuns verower goud in Gauteng-Noord, terwyl ons O/14 en O/16-seuns silwer verower het. Die O/16A sagtebaldogters behaal ʼn 2de plek (Silwer) in Gauteng-Noord. Ons O/15 en O/19 seuns het ook die Gauteng kampioenskappe gewen. Ons skool het 1 batter wat gekroon word as die beste batter in sy ouderdomsgroep, en een catcher en een pitcher wat as die beste in hulle ouderdomsgroep in die TSSA liga aangewys is.

27 van ons spelers het die Noord-Gauteng spanne gehaal en 3 spelers die Gauteng span. 1 speler is gekies vir die S.A mansspan. Dit alles met die hulp van hulle uitstekende afrigters, waarvan 8 al jare lank provinsiaal speel. 4 van hierdie afrigters het ook al vir die SA-span gespeel. Met al hierdie talent is dit verseker dat hierdie spanne nog hoë hoogtes gaan bereik.

AFRIGTERS / PERSONEEL BETROKKE 2026

Sien meer

Pitcher afrigters

Pierre Neethling en Nuska de Beer

N.B: (Begin reeds in eerste week van Mei en ook in vakansie)


IRT Toernooi

Ons wil geluk sê aan volgende Gauteng Noord Sagtebal spelers van PNHS met die volgende mooi prestasies by die sagtebal IRT toernooi laas jaar (2025) behaal:

All stars span ( beste spelers van die IRT toernooi):
  • Donovan Wallendorf. 0/19
  • Nathan Oosthuizen 0/19
  • Arno Schreuder 0/19
  • Jayden Neethling 0/19
  • Amorey Wallendorf 0/19
  • Jean-Re Pienaar 0/15
  • Zivan Bezuidenhout 0/15
  • Divan Botha 0/15
Die volgende spelers behaal ook individuele prestasies by IRT toernooi:

Beste catcher: Arno Schreuder. A Liga 0/19
Beste pitcher: Jayden Neethling A liga 0/19
Beste Catcher: Cady Meyer B liga 0/15

Die onder 15 en 19 blue sox spanne waar in die seuns speel het ook die toernooi gewen.

Die 0/19 white sox span waar in Amorey Wallendorf en Anelska van Dyk in speel, het die finaal van die A liga onder 19 dogters gehaal en Silwer verower.

Onder 23 African Qualifiers:

Jayden Neethling speel in die O/23 S.A Sagtebal span en wen die African Qualifiers.

Hulle kwalifiseer so vir die World series die jaar (2026) in Columbia.


Gallery



Terug