Waarna is jy opsoek?


Netbal


Netbal

PNHS Netbal gee elke dogter die geleentheid om haar potensiaal uit te leef deur geesdriftige en kwaliteit afrigting.


Hoërskool Pretoria-Noord spog met vyf pragtige weervaste netbalbane met spreiligte. Die bane word gereeld opgegradeer en is ‘n aanwins vir ons skool.

Netbal 2026 oorsig

Daar is heerlik gekuier op Donderdag, 29 Januarie tydens ons netbal-ouerbraai waar belangrike inligting met ouers gedeel is. Pretoria-Noord netbal bestaan tans uit 11 spanne. Ons beplan om gedurende 2027 ook 0/14 D en 0/15 D spanne te hê. Daar is geweldige belangstelling waaroor ons baie dankbaar is. Die netbalspanne neem jaarliks deel aan die NWU-16 reeks asook die Jubilee B liga wat saamgestel is uit 3 verskillende distrikte. Die Jubilee B liga is ‘n uitdagende liga met top skole. PNHS presteer baie goed en die 0/14B span tree uit as ligawenners.

Proewe vind plaas op Saterdag, 31 Januarie waar ‘n span bekwame keurders die afrigters help met spankeuses en posisieplasings.

Die PNHS Netbal Akademie is voorwaar staatmakers en is aktief betrokke by talle projekte om ons netbal te bevorder. Baie dankie vir al julle ondersteuning!

Op 21 Februarie bied PNHS ook met trots ‘n Laerskole Rugby- en netbaldag aan waar 0/13A speelsters deelneem.

Op 26 Februarie vind ons spoggerige Wintersport 1ste span funksie plaas waar ons netbal 1ste span ook heerlik bederf word. Dankie aan ons borg, Duplonix asook ons netbal akademie.

Al die A-spanne woon die Sportisimo oefenkamp en toernooi by vanag 30 Maart tot 2 April te Mutango waar Dr. Elsje Jordaan waardevolle afrigting en oefening gee.

Die Jubilee B-liga reeks se bepalings vir 2026 was as volg:

Woensdag: 15 April teen Wonderboom (tuis)
Woensdag: 22 April teen Sutherland (tuis)
Woensdag: 29 April teen Cornwall Hill (weg)
Woensdag: 6 Mei teen Prestige College (tuis)
Vrydag: 15 Mei teen Centurion (weg)
Woensdag: 20 Mei teen Midstream (weg)
Vrydag: 22 Mei teen Overkruin (weg)
Woensdag: 27 Mei teen Sutherland (tuis)

Op 22 Augustus 2026 bied PNHS ons eie Noordelike Fastfive netbalfees aan. Daar was 17 deelnemende skole (52 spanne) wat aan die besonderse pretdag kom deelneem het. Dit was waardevolle voorbereiding vir die fastfive liga-seisoen.

Op 27 Augustus en 31 Augustus neem ons ook aan die Fast 5 liga deel.

Die netbalseisoen van 2026 het vele suksesse opgelewer. Ons gaan beslis daarop voortbou. Ons netbalspanne oefen regdeur die jaar om te verseker dat ons fiks en gereed is vir die NWU-16 reeks asook die Jubilee B liga.

Afrigters span vir 2027:

Organiseerder: Melanie Lindeque
Hulp-organiseerder: Krizel Langenhoven / Amorie Scheepers
Tegniese tafel: Tehilah de Beer
Sportkoördineerder: Johan Schoeman
Hoofafrigter: Mnr. Dawie du Plessis

Afrigters:

0/14 groep: Marica van Heerden
0/15 groep: Krizel Langenhoven, Kimberly Breedt, Luriska Venter-Kruger
0/16 groep: Nelmari Driescher, Chandré Bezuidenhout
0/17 groep: Mienke Kroukamp
Tweede span: Melisa Kotzé
Eerste span: Dawie du Plessis, Amorie Scheepers

Die NWU-16 reeks se bepalings vir 2027 is as volg:

  • 27 Februarie: PNHS vs Riebeeckrand
  • 6 Maart: PNHS vs Ben Viljoen
  • 13 Maart: HTS Witbank vs PNHS
  • 10 April: Semi-finale te HTS Witbank
  • 23 April: Finale te Potchefstroom

2027 se Jubilee B liga-bepalings is nog nie beskikbaar nie.

Die netbalseisoen van 2026 het vele suksesse opgelewer. Ons gaan beslis daarop voortbou. Ons netbalspanne oefen regdeur die jaar om te verseker dat ons fiks en gereed is vir die NWU-16 reeks asook die Jubilee B liga.

Ons sien uit na die 2027 se netbalseisoen!



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus



Gallery



Terug