Waarna is jy opsoek?


Landloop


Landloop

Landloop by PNHS bied aan elke leerder die geleentheid om hul potensiaal te ontwikkel, nuwe uitdagings aan te pak en deel te wees van ’n trotse Pumas-span. Alle leerders is welkom om deel te neem, ongeag hul ervaring of fiksheidsvlak. Ons fokus op uithouvermoë, fiksheid, dissipline en spanwerk, met geskikte oefenroetes en fasiliteite om elke atleet te help groei en presteer.


Ons afrigters vir 2027

Afrigter: Carol Goodsinson

Organiseerder: Mej. K. Langenhoven

Terugkyk op 2026

Die 2026-landloopseisoen was ’n besonderse seisoen vol uitdagings, groei en deursettingsvermoë. Ons atlete het deur die seisoen met trots en toewyding deelgeneem en hul beste gelewer, ongeag die uitdagings wat oor hul pad gekom het. Die seunspan het ’n 17de plek en die dogterspan ’n 14de plek in die A-bond behaal. Landloop by PNHS is meer as net ’n sportsoort; dit is deel van ons skooltradisie en kultuur, waar spanwerk, dissipline en deursettingsvermoë sentraal staan. Ons is trots op elke atleet wat hierdie seisoen deel van die reis was!

Hoogtepunte en prestasies van 2026

4 atlete is gekies vir die AGN span.



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus



Gallery



Terug