Artikels
Subscribe
Omsendbrief 30/2021
Administratief
September 14, 2021
Dit is met leedwese dat ons kennis geneem het van die afsterwe van een van ons ouers, Mnr. John Kelly, ons dra sy gesin op aan ons Hemelse Vader en bid vir vertroosting vir hulle in hierdie moeilike tyd

Omsendbrief 29/2021
Administratief
September 06, 2021
Dit is met leedwese dat ons kennis geneem het van die afsterwe van een van ons ouers, Me. Magret Links. Ons dra haar gesin op aan ons Hemelse Vader en bid vir vertroosting vir hulle in hierdie moeilike tyd.

Top 10 Leerders Tweede kwartaal 2021
Administratief
August 31, 2021
Top 10 leerders vir 2021 - Tweede kwartaal

Omsendbrief 27/2021
Administratief
August 16, 2021
Dit is met leedwese dat ons kennis geneem het van die afsterwe van twee van ons ouers verlede week Mnr. Henning Botha en Mevrou Susan Lombard. Ons dra hulle gesinne op aan ons Hemelse Vader en bid vir vertroosting in hierdie moeilike tyd.

Omsendbrief 26/2021
Administratief
August 10, 2021
Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys die amptelike datums vir inskrywing vir 2022 vrygestel het. Graad 8 inskrywings vir 2022 sal amptelik open op Maandag, 10 Augustus 2021 om 08H00 vir Fase 1 inskrywings. Fase 1 verwys na graad 7 leerders wat in Publieke Laerskole is en wie se name reeds deur hulle skole op die SASAMS-stelsel oorgedra is. Sodanige ouers sal ‘n skakel vanaf die Gauteng Departement van Onderwys ontvang waarop hulle kan ingaan en hul inskrywing doen. Fase 1 sal sluit op 3 September 2021...

Omsendbrief 25/2021
Administratief
July 30, 2021
Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys die amptelike datums vir inskrywing vir 2022 vrygestel het. Graad 8 inskrywings vir 2022 sal amptelik open op Maandag, 10 Augustus 2021 om 08H00 vir Fase 1 inskrywings.

Omsendbrief 24/2021
Administratief
July 15, 2021
Met verwysing na die president se aankondiging op Sondagaand, 11 Julie 2021, dat die heropening van skole met ‘n week uitgestel word tot Maandag, 26 Julie 2021, wil ons bevestig dat die heropening van H/S Pretoria-Noord dan wel op 26 Julie 2021 sal wees.

Omsendbrief 22/2021
Administratief
June 24, 2021
Geagte ouers hiermee saam wil ons vir u die versekering gee dat ons alles in ons vermoë doen om u kind veilig te hou binne die skool en solank as wat u kind die COVID 19 protokol by die skool volg is hulle veilig, ondersteun ons deur u kind aan te moedig om dinge reg te doen deur veiligheidsafstande te hou, maskers te dra en te saniteer.

Omsendbrief 21/2021
Administratief
June 17, 2021
H/S Pretoria-Noord se huidige situasie- ons het tans 23 leerders en 1 ondersteuningspersoneellid wat positief getoets het. Daar is tans 62 leerders en 3 ondersteuningspersoneel in isolasie wat sekondêre kontak gehad het.

Omsendbrief 20/2021
Administratief
June 10, 2021
Dit is vir ons aangenaam om bekend te maak dat ons onderhoude vir die vakante sportkoördineerders-pos afgehandel is en uit die 86 aansoeke wat ontvang is, verwelkom ons vir Mnr. Johan Schoeman op ons personeel. Hy sal die pos aan die begin van die Derde Kwartaal betrek. Mnr. Johan Schoeman is ‘n oud leerder van Hoërskool Pretoria-Noord, was onderwyser en dosent in LO en het vir baie jare gedien op die bestuur van die Blou Bulle Rugby Unie.