Omsendbrief 2/2022

Omsendbrief 2/2022

Administratief
January 17, 2022


OB: 2 / 2022

Geagte ouers
Atletiek: Interhuis,

Ons was baie bevoorreg om Vrydag ons atletiekseisoen op ‘n goeie noot af te skop met ons interhuis.

Uitslae:

  • Romeine 1263
  • Atheners 1171
  • Spartane 1013

Geluk aan die Romeine in die spankompetisie.

Geluk aan die volgende atlete met hulle individuele prestasies, trofee sal volgende Maandag uitgedeel word tydens opening:

Rekords gebreek:

  • Simoné de Koker: 1500m Dogters 0/14 met 5:15.7 (Vorige rekord: Cindy de Koker: 5:35.0 in 2020) en 3000m Dogters 0/17 met 11:32.60 (Vorige Rekord: Cindy de Koker: 12:36.0 in 2020)
  • Stephan van Wyk: 3000m Seuns 0/17 met 10:33.00 (Vorige Rekord: Xander Bronkhorst: 11:00 0: 2020)
  • Alicia Venter: Gewigstoot: Dogters 0/15 met 11.48m (Vorige Rekord: Jasmine Ziegelmeier: 10.92 in 2012)
  • Exavian Watkins: Verspring: Seuns 0/15 met 5.80m (Vorige Rekord: K Coetzer: 5.76m in 1982)

Trofeë verower:

  • Beste Dogters veldatleet: Alicia Venter: 822 ASA punte: 0/15 Gewigstoot.
  • Beste Seuns veldatleet: Henco van der Merwe: 806 ASA punte: 0/15 Gewigstoot.
  • Beste Dogters baanatleet: Simoné de Koker: 826 ASA punte: 0/15 3000M.
  • Beste Seuns baanatleet: Carel Greyling: 733 ASA punte: 0/17 110m Hekkies.
  • Veelsydigste Dogtersatleet: Danica Grobler: (5 items): 3357 ASA punte.
  • Veelsydigste Seunsatleet: Keaan van Wyk: (6 items): 2973 ASA punte.
  • Junior Victor Lodorum: Junior Bokwa: 1884 ASA punte.
  • Junior Victrix Lodorum: Simoné de Koker: 2257 ASA punte.
  • Senior Victor Lodorum: Carel Greyling: 1957 ASA punte.
  • Senior Victrix Lodorum: Danica Grobler: 2119: ASA punte.

Ons eerste byeenkoms is eerskomende Vrydag by H/S Wonderboom. Skool sluit om 13H30.

Groentjiekonsert 2022

Geagte graad 8 ouers neem asseblief kennis dat ons aanvanklik beplan het om ons groentjiekonsert in die buitelug te hou sodat ons die maksimum toeskouers kon akkommodeer en nog steeds voldoen aan COVID protokol. Met reën voorspel vir Woensdag en Donderdag moes ons egter ‘n besluit neem om die konsert in die saal te hou. Dit skep egter vir ons ‘n ernstige spasie probleem, aangesien ons net om en by 220 mense volgens COVID protokol in die saal mag akkommodeer.

Ons wil voorkeur aan ons graad 8 ouers gee. Kaartjies word daarom beperk tot graad 8 ouers en verder ook beperk per gesin om te verseker dat alle graad 8 ouers oor die twee aande wel die geleentheid sal hê om hulle kind te sien. Kaartjies sal van more af by graad 8 voogpersoneelvoogpersoneel te koop wees op ‘n basis van “eerste daar eerste gehelp” maar sal beperk word tot ‘n maksimum van twee kaartjies per leerder. Die geleentheid sal ook lewendig gestroom word.


Program vir die week
Maandag, 17 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • VLR nominasies open, voogklasse.
  • Graad 8 maroelapit-inburgeringsprogram, 14H00 – 5H00.
  • Swem: Interhuis, 17H00, Pretoria-Noord swembad.
  • Rugby Akademievergadering, 17H30, konferensiekamer.
  • Netbal Akademievergadering, 17H30, personeelkamer.
Dinsdag, 18 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • VLR nominasies.
  • Graad 8 maroelapit-inburgeringsprogram, 14H00 – 15H00.
  • Atletiek Akademievergadering, 18H00, personeelkamer.-
Woensdag, 19 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 3.
  • VLR nominasies.
  • Graad 8 maroelapit-inburgeringsprogram, 14H00 – 15H00.
  • Graad 8 Maroelapit-konsert, 18H00, saal.
Donderdag, 20 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • VLR nominasies.
  • Graad 8 Maroelapit-konsert, 18H00, saal
Vrydag, 21 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • VLR nominasies sluit.
  • Graad 12-2021 uitslae beskikbaar vanaf 10H00, saal.
  • Skool sluit om 13H30.
  • Atletiek: Liga 1: 14H30, H/S Wonderboom (PNHS, Wonderboom, Gerrit Maritz en Uitsig)
Maandag, 24 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Graad 12 Akademiese uur, sleutel 1, 14H15 – 15H15.
  • Detensie, 14H15 – 16H15
  • Interne debat, 15H00 – 17H00, K7.
  • Koor oudisies, 14H00 – 16H00, K26.
  • Gasvryheid Akademievergadering, 18H00, restaurant.

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug