Omsendbrief 4/2022

Omsendbrief 4/2022

Administratief
January 31, 2022


OB: 4 / 2022

Geagte ouers
Lief en Leed
  • Baie welkom aan Mej. K Mon, ‘n student van die Universiteit van Pretoria, wat by ons aangesluit het vir waarneming by IGO.
  • Ons het verlede Maandag afskeid geneem van ons Beheerliggaam voorsitter van die afgelope 5 jaar, Mnr. Sean Samons. Mnr. Samons het vir ‘n tydperk van 7 jaar op ons Beheerliggaam gedien eers as tesourier en later as voorsitter. Die skool bedank hom vir sy uitnemende en onbaatsugtige diens aan die skool.
  • Baie geluk ook aan ons nuut verkose voorsitter, Mnr. Hendrik Bronkhorst, ons wens hom alle voorspoed en seën toe in sy amp.
Swem:Liga1:Overkruin,27Januarie2022

Uitslae:

  1. Oos Moot 358
  2. Overkruin 342
  3. Rietondale 282
  4. Pretoria-Noord 224
  5. Gerrit Maritz 190
  6. Crawford International 188
  7. Prestige College 0
  8. Erasmus 0

Geluk aan ons swemmers wat skitterende prestasies gelewer het:

1ste plekke:

Janneco Coetzee (IW), (50M vlinderslag) en Jaco Jansen van Vuuren (50M rugslag), 0/15 Wisselslag aflos: Jaco Jansen van Vuuren, Rico Jansen van Rensburg, Jacques Runnals en Ethan Botes. 0/15 Vryslag aflos: Jaco Jansen van Vuuren, Rico Jansen van Rensburg, Jacques Runnals en Ethan Botes.

2de plekke:

Rohan louw (50M vlinderslag), Anandee Reis (50M vlinderslag), 0/19 Wisselslag aflos: Charl Classen, Corne Kruger, Nathan du Preez en Janeco Coetzee. 0/14 Vryslag aflos: Caleb plaatjies, Malan Bezuidenhout, Ivander Coetzee en Rohan Louw.

3de plekke:

Sonya Vermeulen (50M rugslag), Andrew Durdle (50M rugslag), Mikayla Smit (50M vlinderslag), Eben Schreuder (50M vlinderslag), 0/16 Wisselslag aflos: Misha Steyn, Feane Reis, Juané Pretorius en Marie Buitendag. 0/16 Vryslag aflos: Misha Steyn, Feane Reis, Juané Pretorius en Marie Buitendag.

Atletiek: Liga 2: Eldoraigne, 28 Januarie 2022

Baie geluk aan ons atlete wat skitterend gevaar het teen ‘n paar makro-skole, veral ons seuns-span wat tweede en net 11 punte agter Eldoraigne geeindig het en dan ook ons worpe-atlete wat wenners van die byeenkoms was.

Uitslae Seuns Meisies Totaal
Eldoraigne 506 682 1188
Vorentoe 414 513 927
Pretoria-Noord 495 395 890
Jeugland 421 414 835
Sutherland 417 238 655

Geluk aan die volgende atlete met skitterende prestasies:

1e Plekke: (19 1ste Plekke)

Danica Grobler: 100m, Rubin Nel: 400m, Junior Bokwa: 800m, Andrew Durdle: 800m en 1500m, Simoné de Koker: 1500m, Collin Reis: Hoogspring, Carel Greyling: Verspring, Wilné Kiel: Gewigstoot, Henco van der Merwe: Gewigstoot, Skyfwerp, Zain Vorster: Gewigstoot, Dehan Joubert: Skyfwerp, Elmari Fourie: Skyfwerp, Damien Engelbrecht: Skyfwerp, MC Swanepoel: Spiesgooi, Keaan van Wyk: Spiesgooi, Deonné Meintjes: Spiesgooi, Anmari Malan: Spiesgooi

2e Plekke: (34 2de Plekke)

Danica Grobler: 200m, 400m en 400m Hekkies, Rohan Louw: 100m, Guillaume du Toit: 100m, Rudi Candiotes: 200m en 400m, Andrew Durdle: 400m, Heinrich Buitendag: 800m, Schalk Fourie: 800m, Simoné de Koker: 800m, Cindy de Koker: 800m, Junior Bokwa: 300m Hekkies, Carel Greyling: 400m Hekkies, Renaldo Joseph: 400m Hekkies, Jacinda de Lange: 100m Hekkies en Driesprong, Ezmarelda Vivier: Hoogspring, Jadon Smith: Hoogspring, Dylan Harmse: Driesprong, Deonné Meintjes: Gewigstoot, Liné Nel: Gewigstoot, Alicia Venter: Gewigstoot, MC Swanepoel: Gewigstoot en Skyfwerp, Keaan van Wyk: Skyfwerp, Zain Vorster: Skyfwerp, Lourens du Plessis: Skyfwerp, Leonné Malan: Skyfwerp, Taryn Hayes: Skyfwerp en Spiesgooi, Rohan Louw: Spiesgooi, Dohann Nieuwoudt: Spiesgooi.

3e Plekke: (23 3de Plekke)

Rudi Candiotes: 100m, Rubin Nel: 200m, Juvan Schwan: 400m, Schalk Fourie: 400m, 1500m, Cindy de Koker: 1500m, Simoné de Koker: 3000m, Rohan Louw: 100m Hekkies, Carel Greyling: 110m Hekkies, Jacinda de Lange: 400m Hekkies, Chanel Labuschagne: Hoogspring, Owen Kuhn: Driesprong, Spiesgooi, Michael Murray: Driesprong, Dehan Joubert: Gewigstoot, Damien Engelbrecht: Gewigstoot Jadon O’Neill: Skyfwerp, Alicia Venter: Skyfwerp, Wilné Kiel: Skyfwerp Salomé Venter: Skyfwerp, Anmari Malan: Skyfwerp, Jasmine Riley: Spiesgooi Arno Venter: Spiesgooi.

Ons volgende byeenkoms is eerskomende Vrydag by H/S Pretoria-Noord waar ons Overkruin, Wonderboom en H/S Brits by ons ontvang.

Graad 12 uitslae 2021
  • Leerders wat graag vraestelle wil laat hermerk moet die registrasie by die eksamenafdeling van distrik, Tshwane-Wes self doen. Aansoeke vir hermerk sluit op 4 Februarie 2022.
  • Leerders wat vir die hereksamen vir Junie 2022 wil registreer doen dit by die skool self. Registrasie vir die hereksamen sluit op 18 Februarie 2022.
GDO en Departement van Gesondheid Inentingsveldtog by skole

Geagte ouers neem kennis dat ons ‘n skrywe van die Departement van Onderwys ontvang het in hierdie verband. Toestemmingsbriewe is verlede week huise toe gestuur en slegs ouers wat getekende toestemming gegee het se kinders sal ingeënt word. Ons het nog geen datum ontvang vir die beplande besoek nie, maar sal u op hoogte hou.

Beheerliggaam ampte verkiesing, Maandag, 24 Januarie 2022

Volgens voorskrif mag ‘n ouer slegs op ‘n Beheerliggaam dien indien hy / sy ‘n ingeskrewe kind by die skool het en moet die ampte van Voorsitter, Onder-Voorsitter en Tesourier jaarliks verkies word. Baie geluk aan die volgende beheerliggaamslede wat verkies is:

  • Mnr. Hendrik Bronkhorst -Voorsitter
  • Mnr. David Pieterse - Onder-Voorsitter
  • Dr. Lourens Scholtz - Tesourier (herverkies)

Program vir die week
Maandag, 31 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • VLR-vergadering, 14H10, K1.
  • Graad 12 Akademiese uur, sleutel 5, 14H15 –15H15.
  • Detensie, 14H15 – 16H15
Dinsdag, 1 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Merietefunksie en VLR inhuldiging, 18H30, saal.
Woensdag, 2 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Graad 8 – 11 akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Voorsangoudisies, 14H30, saal.
  • Akademie vir Leerder Ondersteuning / Noorderlig vergadering, 18H00, restaurant.
Donderdag, 3 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Toetsreeks begin.
  • Graad 12 Akademiese uur, sleutel 6, 14H15 – 15H15.
  • Swem liga 2, 14H30, Sutherland.
  • Netbal ouervergadering en braai, 18H00, netbalbane.
Vrydag, 4 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 3.
  • Atletiek: Liga 3: Tuisbyeenkoms, 14H30, H/S Pretoria-Noord.
Maandag, 7 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • Detensie, 14H15 – 16H15

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug