Omsendbrief 5/2022

Omsendbrief 5/2022

Administratief
February 08, 2022


OB: 5 / 2022

Geagte ouers
Tennis

2 Februarie:

PNHS senior dogters v/s Eduplex. PNHS wen met 48 –19. Geluk aan: Maruché Smith (11-0) en Lenushke van Niekerk (11-0) wat hul wedstryde wen. Dit was onseerste ligabepaling.

Swem: Liga2: Sutherland, 3Februarie 2022

Ongelukkig het ons nog geen uitslae van Sutherland ontvang nie, behalwe dat ons algeheel 3de geëindig het by die byeenkoms.

Atletiek: Liga 3: Teen die Berg byeenkoms, 4 Februarie 2022

Ongelukkig weens reën afgestel.

Graad 12 uitslae 2021

Leerders wat vir die hereksamen vir Junie 2022 wil registreer doen dit by die skool self. Registrasie vir die hereksamen sluit op 18 Februarie 2022.

GDO nuwe COVID regulasies

Soos verwag het die minister van Basiese Onderwys nuwe regulasies uitgevaardig vir die hantering van COVID 19 in skole:

  • Alle skole moet nou terugkeer na 100% kapasiteit.
  • Die bestaande 1m afstand verval.
  • Slegs persone wat COVID 19 positief toets met simptome moet isoleer. Geen isolasie indien daar nie simptome is nie.
  • Isolasie met simptome word verkort na 7 dae.
  • Indien ‘n leerder positief toets met simptome moet die skool nog steeds onmiddellik in kennis gestel word.
  • Normale COVID 19 protokol: maskers, sanitering en skandering bly steeds van krag.
  • Geen buite persoon mag die skool betree behalwe met toestemming van die hoof of HOD en per afspraak nie.
  • Pg. 8 laat egter wel sport- en ander byeenkomste toe met toeskouers, met ‘n maksimum van 2000 toeskouers of 50 % van die kapasiteit van die fasiliteit mits die fasiliteit kleiner is.
  • 1,5 M afstand moet by sportbyeenkomste deur toeskouers gehandhaaf word.

Ons het tans 1 leerder wat positief getoets het met simptome wat tans isoleer.


Program vir die week
Maandag, 7 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • Detensie, 14H15 – 16H15
Dinsdag, 8 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 5
  • Graad 12 Akademiese uur, sleutel 1, 14H15 – 15H15.
  • Revue-oudisies, 16H00 – 18H00, saal.
  • Akademie vir Leierskap vergadering, 18H00, personeelkamer.
Woensdag, 9 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Atletiek TUKS Top 10, 09H00 – 22H00, LC de Villiers. Bussie vertrek om 06H30.
  • Graad 8 – 11 akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Tennis Akademie vergadering, 16H00, personeelkamer.
Donderdag, 10 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Toetsreeks.
  • Atletiek: distrik Cluster byeenkoms, HTS Tuine, 09H00 – 14H30.
    Atlete skryf toets om 06H30 in K 65 en vertrek om 07H30.
  • Graad 12 Akademiese uur, sleutel 2, 14H15 – 15H15.
  • Swem liga 3, 14H30, Woodhill.
Vrydag, 11 Februarie:
  • Fotodag. Geen Vrydagdrag nie, slegs skooldrag, verkieslik wintersdrag.
  • Atletiek: Liga 4: Hartebeespoort, 14H30. Deelnemende skole:
    Hartebeespoort, Pretoria-Noord, Frikkie Meyer, Brits, Gerrit Maritz. SKOOL SLUIT OM 13H00.
Maandag, 14 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Detensie, 14H15 – 16H15

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug