Omsendbrief 40/2021

Omsendbrief 40/2021

Administratief
November 29, 2021


OB: 40 / 2021

Geagte ouers
COVID 19

Ons het twee leerders wat COVID positief is en twee leerders in isolasie. Daar is ook een personeellid wat in isolasie is vanweë kontak.

Daar is tans landwyd weer ‘n skerp styging in COVID 19 getalle en dit weerspieel ook in ons getalle by die skool, wees asseblief paraat, volg COVID 19 protokol en hou beheer oor u kind se bewegings sodat ons hierdie dreigende vierde vlaag kan hokslaan.

Finale Assesering graad 8 - 11: Afwesighede

Gegewe die nuutste regulasies uitgevaardig deur die LUR insake eksamen protokol word die volgende reëlings deur gegee vir afwesigheid gedurende die finale assesering.

Indien ‘n leerder in kontak was met die nodige bewyse moet die skool voortydig in kennis gestel word en sal die leerder nog steeds die finale assesering in ‘n afsonderlike lokaal aflê.

Sou ‘n leerder positief getoets het moet die skool ook in kennis gestel word, individuele gevalle sal oorweeg word deur die dagbestuur en indien moontlik ‘n siekte toets afgelê word.

Voorade en Toerusting

Die volgende ou toerusting het in onbruik geraak by die skool en word afgeskryf : 5 X CRT TV monitors, 7 X stereo oorfoonstelle, 1 X Bell & Howell oorfone met mikrofoon, 1 X cotty oorfone, 4X Kodak Ektographic Filmstrip adapter, 2 X Kodak Ektographic Visual Marker, 4 X skyfieprojektor sonder skerm, 6 X skyfieprojektor saam met skerm, 8 X Kodak Carousel projector, 1 X Film projector, 11 X kassetspelers, 2X Talka Group Luisterstelle, 1 X Bell & Howell Languagemaster, 1 X platespeler, 1 X Avasound platespeler, 1X Dynamic sound radio / cassette speler, 1 X Truprojektor, 1 X Lupo Ingandition, 2 X Panasonic VHS video recorder, 1 X JVC video recorder, 4 X ligkaste.Indien enige iemand sou belangstel om ‘n tender vir hierdie oudhede in te sit kan u skakel met Mnr. F Venter by die skool. Tenders sluit 3 Desember om 14H00.

Administratiewe pos beskikbaar by H/S Pretoria-Noord

Daar is ‘n administratiewe pos by die skool beskikbaar vir ‘n Finansiële Invorderings Beampte. Ons is opsoek na ‘n kandidaat wat:

  • Finansiële invorderings / Debiteure ervaring het.
  • Goeie kommunikasie vaardighede besit.
  • Kennis en ervaring het in die werking van die D6 finansiële stelsel.

Basiese salaris is ‘n insluitende pakket van R 206 594 per jaar met ‘n prestasie bonus gegrond op kommissie aan die einde van ‘n jaar.

U kan aansoeke rig: vir Aandag die Hoof by [email protected] of u aansoek per hand by ons navraetoonbank inhandig. Aansoeke sluit op Vrydag, 3 Desember 2021 om 14H00.

Noorderlig

Ons versoek asb dat u enige ongebruikte skool- en sportklere by die kantoor inhandig.

Ons benodig dames wat vrywillig hul dienste by die Noordehoekie kan aanbied om leerders te help wat ‘n behoefte het aan skoolklere.

Navrae: Antoinette Nel: 082 615 1016

Noorderlig Kersfees uitreik projek vir ons PNHS omgeegesinne:

“Boks vol Hoop” en “Terug skool toe” pakkie.

Ons benodig 60 “Bokse vol Hoop” en 40 “Terug skooltoe” pakkies vir ons omgeeleerders van 2022.

Ingesluit is ‘n lysie maar enige nie bederfbare produkte is welkom.

  • 1 L Langlewe melk
  • 500g koffie
  • Tee
  • 1kg suiker
  • 1kg pasta
  • 1 kg rys
  • 750ml olie
  • 1 blikkie tamatie en uiesmoor
  • 1 L vla
  • 2x Jellie
  • 1 blikkie vrugte
  • 1 blikkie konfyt
  • 750ml aanmaak koeldrank,
  • lekkers,koekies en pak skyfies(Simba).

Seun / Dogter

  • Toiletware
  • Enige skryfbehoeftes

Hoe kan u betrokke raak:

  1. Nodige produkte kan by die kantoor afgegee word om verpak te word.
  2. U kan self-die bokse pak en by die kantoor afgee.

Afsny datum 30 November 2021
Navrae Tanya Breytenbach
082 601 6878 ([email protected])


Program vir die week
Maandag, 29 November:
  • Graad 10 – 12 eindeksamen
Dinsdag, 30 November:
  • Graad 10 - 12 eindeksamen. Graad 10 en 11 laaste vraestelle.
Woensdag, 1 Desember:
  • Graad 12 eindeksamen. Graad 12 laaste vraestelle.
Donderdag, 2 Desember:
  • Graad 12 afskeid
Vrydag, 3 Desember:
  • Personeel Afsluitingsfunksie, 14H00, Delectus Manor

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug