Omsendbrief 6/2022

Omsendbrief 6/2022

Administratief
February 14, 2022


OB: 6 / 2022

Geagte ouers
Tennis

9 Februarie:

PNHS senior dogters v/s Hatfield Christian School. PNHS wen met 46 –21. Geluk aan: Anke Stoltz (7-4), Maruché Smith (7-4), Lenushke van Niekerk (11-0) en Netanie Klopper (6-5) wat almal hul wedstryde wen. Dit was ons tweede ligabepaling, waarvan ons beide wen.

Atletiek
Liga 4: Hartebeespoort byeenkoms, 11 Februarie 2022

Baie geluk aan ons atlete wat skitterend gevaar het.

  Seuns Meisies Totaal
Pretoria-Noord 504 518.5 1022.5
Frikkie Meyer 549 430 979
Brits 382 460.5 842.5
Hartebeespoort 337 408.5 745.5
Gerrit Maritz 392 318.5 710.5

1e Plekke (39 1e Plekke):

Rohan Louw: 100m, Rina Mamabolo: 100m, Guillaume du Toit: 100m, Henrico van Tonder: 400m, Ashley Jordaan: 400m, 800m, 1500m, Nelmari Driescher: 400m, Simoné de Koker: 800m, 1500m, 3000m, Shon-dre Scheun: 800m, 1500m, Junior Bokwa: 800m, 1500m, Cindy de Koker: 800m, 1500m, Schalk Fourie: 800m, 1500m, Elisma van Wyk: 1500m, Xander Bronkhorst: 1500m, Megan Oosthuizen: 3000m, Jacinda de Lange: 100m Hekkies, Driesprong, Renaldo Joseph: 400m Hekkies, Chanel Labuschagne: Hoogspring, Heinrich Buitendag: Verspring, Michael Murray: Verspring, Dehan Joubert: Gewigstoot, Alicia Venter: Gewigstoot, Wilné Kriel: Gewigstoot, Damien Engelbrecht: Skyfwerp, MC Swanepoel: Spiesgooi, Keaan vanWyk: Spiesgooi, Deoné Meintjes: Spiesgooi, Taryn Hayes: Spiesgooi, 0/14 Seuns Aflos, 0/17 Dogters Aflos en 0/17 Seuns Aflos.

2e Plekke (35 2e Plekke):

Annika Strydom: 100m, 200m, Jasmine Riley: 200m, Schalk Fourie: 400m, Heinrich Buitendag: 800m, 1500m, Zelda Niemand: 800m, 1500m, Nelmari Driescher: 800m Andrew Durdle: 800m, 1500m, Natasha Sikisi: 800m, 3000m, Elmari Fourie: 1500m Rohan Horn: 1500m, Stephan van Wyk: 1500m, Carla Ackerman: 1500m, Megan Oosthuizen: 1500m, Cindy de Koker: 3000m, Junior Bokwa: 3000m, Xander Bronkhorst: 3000m, Monika Vos: 100m Hekkies, Jacinda de Lange: 400m Hekkies, Verspring, Jemma Els: Hoogspring, Renaldo Joseph:Hoogspring, Michael Murray: Driesprong, Henco van der Merwe: Gewigstoot, Skyfwerp, Damien Engelbrecht: Gewigstoot, Taryn Hayes: Skyfwerp, Rohan Louw: Spiesgooi, Arno Venter: Spiesgooi Anmari Malan: Spiesgooi en 0/16 Dogters Aflos.

3e Plekke: (22 3e Plekke)

Shon-dre Scheun: 200m, Jacques Benson: 200m, Jacinda de Lange: 200m, Elisma van Wyk: 800m, Ezmarelda Vivier: 1500m, Hoogspring, Natasha Sikisi: 1500m, Heinrich Buitendag: 3000m, Marcolaine Kirsch: 3000m, Chantelee Nel: 90m Hekkies, Jadon Smith: 300m Hekkies, Hoogspring, Wickus Janse van Rensburg: Hoogspring: Monique de Kock: Hoogspring, Thuto Modise: Hoogspring, Corné Coetzee: Driesprong, Lené Nel: Gewigstoot, Spiesgooi, Jody Els: Skyfwerp, Keaan van Wyk: Skyfwerp, Lourens du Plessis: Skyfwerp en Owen Kuhn: Spiesgooi.

Top 20, Bloemfontein, 18 Februarie 2022

Baie geluk aan die volgende atlete wat verkies is tot die Top 20 span van die skool:

Dogters:

Danica Grobler / Alecia Venter / Simone de Koker / Cindy de Koker / Salome Venter / Deonné Meintjies / Anmari Malan / Wilné Kriel / Annika Strydom / Jasmine Riley.

Seuns:

Henco van der Merwe / Zain Vorster / Keaan van Wyk / Carel Greyling / Schalk Fourie / Guillaume du Toit / Rubin Nel / Jadon O’Neill / Damien Engelbrecht / Stephan van Wyk.

  • Atlete vertrek 09H00, na toetsperiode op Donderdag, 17 Februarie 2022 na Bloemfontein.
  • Byeenkoms begin op Vrydag om 09H00 in Bloemfontein.
  • Atlete terug by PNHS op Saterdag om 14H30.
Graad 12 uitslae 2021
  • Leerders wat vir die hereksamen vir Junie 2022 wil registreer doen dit by die skool self.
    Registrasie vir die hereksamen sluit op 18 Februarie 2022.
GDO nuwe COVID regulasies

Soos verwag het die minister van Basiese Onderwys nuwe regulasies uitgevaardig vir die hantering van COVID 19 in skole:

  • Alle skole moet nou terugkeer na 100% kapasiteit.
  • Die bestaande 1m afstand verval.
  • Slegs persone wat COVID 19 positief toets met simptome moet isoleer. Geen isolasie indien daar nie simptome is nie.
  • Isolasie met simptome word verkort na 7 dae.
  • Indien ‘n leerder positief toets met simptome moet die skool nog steeds onmiddellik in kennis gestel word.
  • Normale COVID 19 protokol: maskers, sanitering en skandering bly steeds van krag.
  • Geen buite persoon mag die skool betree behalwe met toestemming van die hoof en per afspraak nie.
  • Pg. 8 laat egter wel sport- en ander byeenkomste toe met toeskouers, met ‘n maksimum van 2000 toeskouers of 50 % van die kapasiteit van die fasiliteit mits die fasiliteit kleiner is.
  • 1,5 M afstand moet by sportbyeenkomste deur toeskouers gehandhaaf word. Ons het tans 5 leerders wat positief getoets het met simptome wat isoleer.

Program vir die week
Maandag, 14 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Detensie, 14H15 – 16H15
Dinsdag, 15 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 3
  • Graad 8 DlA, 8 vNA en Graad 8 StK ASAT toetse, 09H00, saal.
  • Graad 12 Akademiese uur, sleutel 3, 14H15 – 15H15.
  • Akademie vir Leerder Prestasie, 18H00, personeelkamer.
Woensdag, 16 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • Graad 8 StN, 8 SwR en Graad 8 ScC ASAT toetse, 09H00, saal.
  • Graad 8 – 11 akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Interne redenaars, 17H30, K19 en K 20.
Donderdag, 17 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • Atletiek: Top 20 span vertrek om 09H00 na Bloemfontein.
  • Swem Interhoër, Hillcrest, 14H00. Busse vertrek om 12H00 vanaf PNHS. (Geen toeskouers toegelaat nie)
  • Gasvryheidstudies: graad 12, restaurantaand, 14H00, restaurant.
Vrydag, 18 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Atletiek: Top 20, Bloemfontein, 09H00.
Saterdag, 19 Februarie:
  • Koor: dagkamp, 08H00 – 13H00, saal.
  • Top 20 Atlete terug om en by 14H30, by PNHS.
Maandag, 21 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Wintersport 1ste span bekendstelling en oorhandigingsfunksie, 18H00, saal.

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug