Omsendbrief 1/2022

Omsendbrief 1/2022

Administratief
January 12, 2022


OB: 1 / 2022

Geagte ouers

Hartlik welkom terug by die skool aan almal. Ons gebed is dat u en u kind ‘n baie voorspoedige en geseënde jaar saam met ons sal beleef. ‘n Spesiale woord van welkom ook aan al ons nuwe graad 8 leerders en ouers wat by ons aangesluit het.

Lief en Leed

Baie welkom aan die volgende personeel wat by ons aangesluit het:

  • Mnr. F Swart (IT en RTT) in die plek van Mev. I Kamffer wat afgetree het.
  • Mnr. B Augostine (Engels) in die plek van Mev. C Bruyns wat ‘n pos by HTS John Vorster aanvaar het.
  • Mnr. Schalk Pretorius (NW) in die plek van Mnr. R Marais wat ‘n pos by H/S Menlopark aanvaar het.
  • Mej. S Holder (Tegnologie en IGO) in die plek van Mnr. P Smith wat reeds verpligte aftree-ouderdom bereik het.
  • Mev. C Schoonraad (lewenswetenskap) in die plek van Mev. G McPherson wat ‘n pos by AROS aanvaar het.
  • Onderwys assistente wat by ons aansluit: Mej. Carla Bronkhorst (Wiskunde), Mev. K Avenant (Afrikaans) en Mnr. Z Gouws (Geskiedenis). Ons neem ook afskeid van Mej. C van der Merwe wat oor die afgelope paar jaar diens as assistent by ons gedoen het, sy het ‘n onderwyspos by Suiderberg skool aanvaar.
Uitslae 2021
  • Graad 8 het ‘n slaagsyfer van 97% met 6 druipelinge.
  • Graad 9 het ‘n slaagsyfer van 96% met 8 druipelinge.
  • Graad 10 het ‘n slaagsyfer van 95% met 9 druipelinge.
  • Graad 11 het ‘n slaagsyfer van 99% met 2 druipeling.

Graad 12 uitslae word op 21 Januarie 2022 vrygestel en sal teen 10H00 by die skool beskikbaar wees.

SOS Wolkskool

H/S Pretoria-Noord sal vir 2022 weer deel van SOS se Wolkskool wees. Wolkskool het nog 6 vakgebiede by hul bestaande 19 vakgebiede gevoeg oor al die grade om hand aan hand met die departementele sillabus ondersteunende aanlyn-onderrig te voorsien. Ons beheerliggaam het tydens die begroting fondse geallokeer ten einde elke leerder van H/S Pretoria-Noord hiervoor te registreer. Bestaande ouers en leerders kan na die volgende video kyk hoe om hul graad aan te skuif op hulle bestaande profiel: https://www.youtube.com/watch?v= 0SKDkOt13E. Nuwe leerders kan kyk na die volgende video om ‘n profiel op Wolkskool te skep: https://www.youtube.com/watch?v=F8LIw6Rs6TI.

Atletiek
  • Ons beplan om hierdie jaar weer ‘n volledige atletiekseisoen te hê.
  • Graad 8 uitdunne het reeds Dinsdagmiddag plaasgevind. Graad 9’s het nie verlede jaar uitgedun nie en ons beplan om hulle op Woensdag en Donderdag uit te dun. Ons vra alle graad 9’s om op hierdie twee dae asseblief in atletiekdrag skooltoe te kom.
  • Vrydag, 14 Januarie is ons interhuis en kom alle leerders ook met atletiekdrag skooltoe.
Skoolfonds 2022

Ons skoolfonds vir 2022 beloop R 20 130-00 vir die jaar. U kan dit eenmalig betaal of in elf paaiemente van R 1 830 - 00 per maand vanaf Januarie tot November. U sal R 500-00 korting ontvang indien u volledig betaal het voor of op 28 Februarie 2021. Let asseblief daarop dat skoolfonds benodig word om kwaliteit onderrig aan ons kinders te lewer.

Maak asseblief seker dat u die skoolfondsdokumentasie voltooi, wat u vandag sal ontvang en stuur asseblief Bylaag A en B terug aan die skool. Neem kennis dat Bylaag B nie ‘n vrystellingsvorm is nie, vrystellingsvorms is alleenlik beskikbaar by mev Strydom in die Finansiële kantoor of per e-pos by [email protected].

Gedragskode

Gaan asseblief die gedragskode van die skool saam met u kind deur; wat in die huiswerkboekie verskyn. Voltooi dan asseblief die skeurstrokie voor in die huiswerkboek dat u wel kennis geneem het en stuur terug aan u kind se voogonderwyser. Ons doen ‘n beroep op al ons ouers om die skool te ondersteun in die nakoming van die skool se gedragskode sodat ons ‘n hoë vlak van dissipline kan bly handhaaf by ons skool.

Leerder Ondersteuning Akademie: Noorderlig
  • Noordehoekie tye: 12 – 14 Januarie: 08H00 tot 12H00.
  • Daar is ‘n Noorderlig ouervergadering op 2 Februarie 2022 om 18H00 in die restaurant vir al ons ouers wat belangstel om deel te word van die PNHS omgee groep. Onthou: saam maak ons ‘n verskil!

Program vir die week
Maandag, 10 Januarie:
  • Skool heropen vir personeel.
  • Graad 8 maroelapit-inburgeringsprogram.
Dinsdag, 11 Januarie:
  • Graad 8 maroelapit-inburgeringsprogram.
  • Graad 8 atletiekuitdunne.
Woensdag, 12 Januarie:
  • Skool heropen vir leerders, 07H20.
  • Graad 9 atletiekuitdunne.
  • Graad 8 ouerinligtingsaand, 18H00, saal.
Donderdag, 13 Januarie:
  • Graad 9 atletiekuitdunne.
  • Graad 8 ouerinligtingsaand, 18H00, saal.
Vrydag, 14 Januarie:
  • Atletiek Interhuis

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug