Omsendbrief 39/2021

Omsendbrief 39/2021

Administratief
November 23, 2021


OB: 39 / 2021

Geagte ouers
COVID 19

Ons het geen COVID positiewe gevalle onder ons leerders nie en geen leerders is in isolasie vanweë kontak nie.

Atletiek: PUMA byeenkoms, 13 November 2021, Ruimsig

Geluk aan die volgende PNHS atlete wat reeds hard aan die oefen is en mooi uitslae behaal het:

  • Natasha Sikisi:
    1500m: (3e in Finaal): 552 tabelpunte

  • Kyle Engelbrecht:
    Hoogspring: (6e in Finaal): 720 tabelpunte

  • Danica Grobler:
    100m: (7e in Finaal, 3e in uitdun): 788 tabelpunte
    200m: (4e in lopie): 722 tabelpunte

  • Stephan van Wyk:
    1500m: (3e in lopie): 734 tabelpunte

  • Rubin Nel:
    400m: (5e in lopie): 631 tabelpunte,
    800m: (3e in Lopie): 550 tabelpunte

  • Andrew Durdle:
    400m: (2e in lopie): 623 tabelpunte
    800m: 410 tabelpunte

  • Cindy de Koker:
    800m: 682 tabelpunte
    1500m: 613 tabelpunte

  • Ashlee Jordaan:
    800m: 657 tabelpunte
    1500m: 597 tabelpunte

  • Elizma van Wyk:
    800m: 562 tabelpunte
    1500m: 604 tabelpunte

  • Zelda Niemand:
    800m: 585 tabelpunte
    1500m: 584 tabelpunte

  • Carla Ackerman:
    400m: (5e in lopie): 508 tabelpunte
    800m: 526 tabelpunte

  • Ezmarelda Vivier:
    800m: 485 tabelpunte
    1500m: 549 tabelpunte

  • Crusharne Links:
    1500m: 524 tabelpunte

  • Elmari Fourie:
    800m: 496 tabelpunte
    1500m: 475 tabelpunte

  • Leonardo Pretorius:
    800m: 283 tabelpunte
    400m: 479 tabelpunte

Finale Assesering graad 8 - 11: Afwesighede

Gegewe die nuutste regulasies uitgevaardig deur die LUR insake eksamen protokol word die volgende reëlings deur gegee vir afwesigheid gedurende die finale assesering.

Indien ‘n leerder in kontak was met die nodige bewyse moet die skool voortydig in kennis gestel word en sal die leerder nog steeds die finale assesering in ‘n afsonderlike lokaal aflê.

Sou ‘n leerder postief getoets het moet die skool ook in kennis gestel word, individuele gevalle sal oorweeg word deur die dagbestuur en indien moontlik ‘n siekte toets afgelê word.

Algemene Ouervergadering: 15 November 2021

Baie dankie vir ons ouers wat die vergadering bygewoon het. Ons begroting vir 2022 is hier goed gekeur. Skoolfonds vir 2022 is vasgestel op R 20130-00 per jaar en sal styg met R 130-00 per maand van R 1750-00 tot R 1830-00 per maand oor 11 maande.

Voorade en Toerusting

Die volgende ou toerusting het in onbruik geraak by die skool en word afgeskryf : 5 X CRT TV monitors, 7 X stereo oorfoonstelle, 1 X Bell & Howell oorfone met mikrofoon, 1 X cotty oorfone, 4X Kodak Ektographic Filmstrip adapter, 2 X Kodak Ektographic Visual Marker, 4 X skyfieprojektor sonder skerm, 6 X skyfieprojektor saam met skerm, 8 X Kodak Carousel projector, 1 X Film projector, 11 X kassetspelers, 2X Talka Group Luisterstelle, 1 X Bell & Howell Languagemaster, 1 X platespeler, 1 X Avasound platespeler, 1X Dynamic sound radio / cassette speler, 1 X Truprojektor, 1 X Lupo Ingandition, 2 X Panasonic VHS video recorder, 1 X JVC video recorder, 4 X ligkaste.

Indien enige iemand sou belangstel om ‘n tender vir hierdie oudhede in te sit kan u skakel met Mnr. F Venter by die skool.

Noorderlig

Ons versoek asb dat u enige ongebruikte skool- en sportklere by die kantoor inhandig.

Ons benodig dames wat vrywillig hul dienste by die Noordehoekie kan aanbied om leerders te help wat ‘n behoefte het aan skoolklere.

Navrae: Antoinette Nel 082 615 1016

Noorderlig Kersfees uitreik projek vir ons PNHS omgeegesinne:

“Boks vol Hoop” en “Terug skool toe” pakkie.

Ons benodig 60 “Bokse vol Hoop” en 40 “Terug skooltoe” pakkies vir ons omgeeleerders van 2022.

Ingesluit is ‘n lysie maar enige nie bederfbare produkte is welkom.

  • 1 L Langlewe melk
  • 500g koffie
  • Tee
  • 1kg suiker
  • 1kg pasta
  • 1 kg rys
  • 750ml olie
  • 1 blikkie tamatie en uiesmoor
  • 1 L vla
  • 2x Jellie
  • 1 blikkie vrugte
  • 1 blikkie konfyt
  • 750ml aanmaak koeldrank,
  • lekkers,koekies en pak skyfies(Simba).

Seun / Dogter

  • Toiletware
  • Enige skryfbehoeftes

Hoe kan u betrokke raak:

  1. Nodige produkte kan by die kantoor afgegee word om verpak te word.
  2. U kan self-die bokse pak en by die kantoor afgee.

Afsny datum 30 November 2021
Navrae Tanya Breytenbach
082 601 6878 ([email protected])


Program vir die week
Donderdag, 18 November
  • Graad 8 - 12 eindeksamen
  • Akademie Skakelingsvergadering, 18H00, restaurant.
Vrydag, 19 November:
  • Graad 8 - 12 eindeksamen
Maandag, 22 November:
  • Graad 8 - 12 eindeksamen
Dinsdag, 23 November:
  • Graad 8 - 12 eindeksamen
  • Finansiële Komiteevergadering, 17H15, personeelkamer.
  • Beheerliggaam Uitvoerende Komiteevergadering, 19H00, personeelkamer.
Woensdag, 24 November:
  • Graad 8 - 12 eindeksamen
Donderdag, 25 November:
  • Graad 8 - 12 eindeksamen
Vrydag, 26 November:
  • Graad 8 - 12 eindeksamen

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug