Artikels
Subscribe
Omsendbrief 25/2020
Administratief
July 27, 2020
Neem asseblief kennis dat die toetse geskeduleer vir Saterdag, 1 Augustus 2020, wel nog voortgaan. Dit is graad 11 Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid 08H00 – 09H15. Dan sessie 2 graad 10 Engels 09H30 – 09H40. Dit sal al ons assesering vir die Tweede Kwartaal afsluit en verseker dat ons kinders presies op datum is, wanneer hulle vir kwartaal 3 terugkeer op 24 Augustus 2020.

Omsendbrief 24/2020
Administratief
July 24, 2020
Na aanleiding van die afkondiging van die president gisteraand en die meegaande mediaverklaring van die Departement van Basiese Onderwys wat sekerlik weereens groot onsekerheid onder die skoolgemeenskap skep net die volgende kommentaar. Ek glo daar is twee hoofpole wat die regering dryf. Eerstens die belangrikheid van skole in terme van die land se ekonomie en tweedens die lewensgevaarlike COVID 19 virus.

Omsendbrief 23/2020
Administratief
July 16, 2020
Ons kan terug rapporteer dat ons graad 12 leerders se week 6 en graad 11 se week 3 en graad 10 se week 2 en graad 9 se week 1 terug by die skool sonder voorval verloop het en daar word fluks gewerk. Dankie vir ons leerders seuitstekende gedrag. Graad 9 se JAT-toetse vir vakkeuses is ook hierdie week afgehandel, leerders wat weens isolasie of siekte die toetsings gemis het sal in Augustus weer ‘n geleentheid gebied word om te skryf. Ons skoolbywoning vir hierdie week was 88% vir graad 12, 90% vir graad 11, 86% vir graad 10 en 90% vir graad 9.

Omsendbrief 22/2020
Administratief
July 09, 2020
Ons kan terug rapporteer dat ons graad 12 leerders se week 5 en graad 11 se week 2 en graad 10 se week 1 terug by die skool sonder voorval verloop het en daar word fluks gewerk. Ons skoolbywoning vir die hierdie week was 92% vir graad 12, 88% vir graad 11 en 90% vir graad 10.

Datums vir PN-Leierraad verkiesing 2020
Administratief
July 08, 2020
Datums vir PN-Leierraad verkiesing

Omsendbrief 21/2020
Administratief
July 02, 2020
Ons kan terug rapporteer dat ons graad 12 leerders se week vier en graad 11 se week 1 terug by die skool sonder voorval verloop het en daar word fluks gewerk. Ons skoolbywoning vir die hierdie week was 92% vir graad 12 en 87% vir graad 11.

Omsendbrief 20/2020
Administratief
June 25, 2020
Na die uitreiking van nuwe regulasies in gazette 43464 van 23 Junie 2020 het ons uiteindelik goedkeuring van die Hoof van die Gauteng Onderwys Departement om ons skool vroeër te heropen vir ons ander grade. Ons is baie dankbaar hiervoor en glo dit is in die beste belang van ons leerders.

Omsendbrief 19/2020
Administratief
June 19, 2020
Ons kan terug rapporteer dat ons graad 12 leerders se week twee terug by die skool sonder voorval verloop het. Ons skoolbywoning vir die hierdie week was 94%. Ons het ongelukkig nog geen antwoord ontvang op ons aansoek by die Hoof van die Onderwys Departement om ons ander grade vroeër in te fasseer by H/S Pretoria-Noord nie. Ons sal u in kennis stel sodra ons ‘n antwoord ontvang. Hou asseblief die omsendskrywes en SMS-boodskappe in hierdie verband fyn dop.

Omsendbrief 18/2020
Administratief
June 15, 2020
Ons kan terug rapporteer dat ons graad 12 leerders se week een terug by die skool baie suksesvol verloop het. Ons skoolbywoning vir die eerste week was bykans 100%, die personeel rapporteer dat daar fluks gewerk word en vordering uitstekend is en ons is vol vertroue dat ons die sillabus sal kan voltooi en ons graad 12’s gereed sal wees vir die rekord- en eindeksamens.

Omsendbrief 17/2020
Administratief
June 05, 2020
Geagte ouers dit is vir ons aangenaam om te rapporteer dat ons skool geinspekteer is op 4 Junie 2020 deur ons distrik asook op nasionale vlak deur die Departement van Basiese Onderwys en veilig verklaar is.