Omsendbrief 43/2020

Omsendbrief 43/2020

Administratief
December 15, 2020


Geagte ouers

Aan die einde van ‘n baie harde jaar is dit ons behoefte van die hart om ons skoolgemeenskap te bedank vir u volgehoue ondersteuning wat gemaak het dat hierdie skool die wa suksesvol deur die drif kon trek in 2020. Mag u ‘n welverdiende ruskans kry en ‘n geseënde kerstyd beleef saam met u gesin.

Lief en Leef
  • Dit is met leedwese dat ons verneem het van die afsterwe van een van ons ouers, Mnr. Guillaume du Toit, ons bid God se beskerming en vertroosting vir sy gesin toe.
  • Ons het met dankbaarheid amptelike departementele skrywes ontvang dat die herskryf van graad 12 Wiskunde en Fisiese Wetenskap vraestelle met ‘n hofinterdik tersyde gestel is.
  • Ons het kennis gekry van die volgende graad 12 leerders wat onderskeidings behaal het in Alpha Wiskunde as addissionele vak: Rico Nel, Marco Botha en Dillon McMaster. Baie geluk aan hulle ons is voorwaar trots op hierdie manne!
  • Baie geluk aan Nicole Bosman (Grondslag fase) en Renata de Beer Intermidiêre fase) wat twee van AROS se moontlike drie Prestige Beurse vir Onderwys ontvang het. Ook aan Marné Driescher wat die Rapport beurs ontvang het as naaswenner vir intermidiêre fase.
  • Baie dankie vir Me. Delport en haar span vir die matriekafskeidreëlings en ons graad 12’s kon ten minste hulle matriekjaar op hierdie hoogtepunt afsluit.
  • Ons neem afskeid van Me. Lubbe wat oorgeplaas is na H/S Uitsig.
  • Ons verwelkom Mej. E van Der Linde wat by ons aansluit in die plek van Me. Lubbe.
  • Ons neem afskeid van een van ons onderwysassistente, Mej. D Bezuidenhout, wat haar studies voltooi het en volgende jaar by Solidariteit begin werk.
  • Baie welkom aan drie nuwe assistente, Mnr. R Steyn, Mnr. H Badenhorst (jnr) en Mev. N Nortje wat volgende jaar by ons sal aansluit.
Skooljaar 2020
  • Na deeglike besinning en beplanning en gegewe die huidige omstandighede kan ons nie anders as om vir eers voort te gaan met ons rotasiestelsel nie. Al wil ons bitter graag terugkeer na normaliteit het ons nie die klaskamer kapasiteit om binne regulasies te bly nie. Kyk asb. na die aangehegte klasindeling vir 2021 om te verseker dat u kind op die regte dag skool bywoon.
  • Ons nuwe graad 8 leerders sal tydens hulle inburgering vanaf 25 Januarie 2021 deur ‘n orientasie proses gaan om te verseker hulle kan gemaklik inskakel by ons rotasiestelsel.
  • Ons weet dat die president weer op 15 Januarie 2021 ‘n afkondiging gaan maak en indien daar ‘n verandering is sal ons dit met u kommunikeer. Op die huidige sal ons egter moet beplan vir ‘n onveranderde omstandigheid.

Pnhs Indeling

Aflaai aanhangsel

Terug