Omsendbrief 3/2021

Omsendbrief 3/2021

Administratief
February 12, 2021


OB: 3 / 2021

Geagte ouers

  1. Lief en Leed
  • Geluk aan Mnr. Fourie met die geboorte van sy babaseuntjie.
  1. Nuwe aangepaste skoolkalender

Geagte ouers neem kennis van die nuwe amptelike, aangepaste en goedgekeurde skoolkalender vir 2021. Ons voeg dit vir u gerief as ‘n aanhangsel aan die omsendbrief. Leerders sal die aangepaste 1ste kwartaal program ontvang met hul eerste dag by die skool.

  1. Heropening van skole
  • 15 Februarie vir leerders

Hou asseblief die volgende in gedagte:

  • Volgens die nuwe voorgestelde skoolkalender sal kwartaal 1 wees vanaf 15 Februarie 2021 tot 23 April 2021. Groep A sal op 15 Februarie 2021 begin en Groep B sal op 16 Februarie 2021 begin.
  • Volgens die sosiale afstand wat gehandhaaf moet word en die grootte van ons klasse, word ons weer geforseer om die rotasiestelsel te volg met ‘n A en B groep wat op alternatiewe dae skool sal bywoon.
  • Soos verlede jaar sal graad 10, 11 en 12 se groep A alle vanne A tot L wees en groep B alle vanne M tot Z.
  • Graad 9 A: A tot J groep A en K tot V groep B.

Graad 9 B: A tot M groep A en O tot W groep B.

Graad 9 C: A tot Maré groep A en Matthysen tot W groep B.

Graad 9 D: A tot McAthur groep A en Mmako tot W groep B.

Graad 9 E: A tot Muller groep A en Murray tot W groep B.

Graad 9 F: A tot Makau groep A en Manamela tot W groep B.

  • Graad 8 A: A tot Malan groep A en Maré tot V groep B.

Graad 8 B: A tot L groep A en M tot W groep B.

Graad 8 C: A tot Landsberg groep A en Lottering tot Z groep B.

Graad 8 D: A tot Leibrandt groep A en Lottering tot V groep B.

Graad 8 E: A tot M groep A en O tot Y groep B

  • Alle COVID-regulasies soos wat teen einde 2020 gegeld het sal voortgesit word.
  • Die skooldag sal weer van Maandag tot Donderdag tot 15H00 strek en op Vrydae tot 14H00.
  1. Uitdeel van leermateriaal

Baie dankie vir u ondersteuning die proses het vlot verloop en ons leerders het oorweldigend positief gereageer, ons kan rapporteur dat meer as 95% van ons leerders reeds hulle leermateriaal ontvang het. Die eerste aanlyn-opdragte is ook reeds uitgestuur.

  1. Graad 8: Maroelapitte inburgering

Baie dankie ook vir die samewerking van ons nuwe graad 8’s en hul ouers, ons kon meer as 98% van ons nuwe “maroelapitte”ontvang en hulle aan hul nuwe skool bekend stel. Mag u en u kind net vreugde en geluk hier ontvang!

  1. SOS Wolkskool
  • U sal ‘n videogreep van SOS ontvang wat die wolkskool bekend stel op D6, maak seker dat u dit onder oë kry.
  • Indien u sukkel om u kind te registreer met sy / haar ID nommer, probeer asseblief u eie, in gevalle waar ons nie die kind se ID gehad het nie, het ons die ouer sin gebruik.
  • Maak seker daar is geen koste vir u nie, u kind is outomaties ingeteken as leerder van H/S Pretoria-Noord.
  • Personeel het gister opleiding ontvang en hulle sal eersdaags begin klasgroepe skep, waarop u kind dan kan ingaan, leerders kan solank hul eie profile skep.
  1. Skoolfonds 2021

Ons skoolfonds vir 2021 beloop R 18 700-00 vir die jaar. U kan dit eenmalig betaal of in elf paaiemente van R 1 700 - 00 per maand vanaf Januarie tot November. U sal R 500-00 korting ontvang indien u volledig betaal het voor of op 28 Februarie 2021.

Let asseblief daarop dat skoolfonds benodig word om kwaliteit onderrig aan ons kinders te lewer.

Maak asseblief seker dat u die skoolfondsdokumentasie voltooi en Bylaag A en B terugstuur aan die skool. Neem kennis dat Bylaag B nie ‘n vrystellingsvorm is nie, vrystellingsvorms is beskikbaar by mev Strydom in die Finansiële kantoor.

Geagte ouers ons is tans besig om oor te skakel na die D6 administratiewe en finansiële stelsel en vra dat u asseblief net geduldig met ons sal wees met moontlike foutjies wat dalk kan deurglip op hierdie stadium.

  1. Beheerliggaam-verkiesing, 4 Maart 2021

Neem asseblief kennis dat ons beheerliggaamverkiesing beplan word vir 4 Maart 2021 om 18H00 in die skoolsaal. Sou ons nie die vereiste kworum verkry nie sal die opvolgverkiesing op 24 Maart om 18H00 in die skoolsaal plaasvind.

  1. Leerder Ondersteuning Akademie: Noorderlig
  • Baie dankie aan Mev. Antoinette Nel en haar span wat vir ons die Noordehoekie getrou beman!
  • Noordehoekie tye: 9 tot 11 Februarie: 08H00 tot 10H00.

15 – 19 Februarie: 08H00 tot 10H00.

  • As daar nog oud-graad 12 leerders is wat skooldrag wil inhandig omdat daar baie onsekerheid was oor addissionele eksamen vraestelle wat nog geskryf sou word, kan hulle dit inhandig wanneer hulle, hul punte kom afhaal. Baie dankie vir almal wat reeds ingehandig het, die reaksie was oorweldigend.
  • Voltooi asseblief die Noorderlig (Akademie vir Leerder Ondersteuning) se algemene omsendbrief skeurstrokie en stuur terug aan u kind se voogonderwyser as u betrokke sou wou raak by hierdie baie verdienstelike Akademie.
  • Daar is ‘n Noorderlig ouervergadering op 22 Februarie 2021 om 18H00 in die restaurant vir al ons ouers wat belangstel om deel te word van die PNHS omgee groep. Onthou: saam maak ons

‘n verskil!

  1. Program vir die week

Maandag, 8 Februarie:

  • Personeel: Departementele opleiding, 08H30 – 15H30.

Dinsdag, 9 Februarie:

  • Graad 8 inburgering volledige groep, 08H00 – 09H00
  • Personeel: Departementele opleiding, 08H30 – 15H30.

Woensdag, 10 Februarie:

  • Graad 8 inburgering groep A, 08H00 – 12H00.
  • Personeel: Departementele opleiding, 08H30 – 15H30.
  • Personeel SOS wolkskool opleiding 09H00 – 11H00.

Donderdag, 11 Februarie:

  • Graad 8 inburgering groep B, 08H00 – 12H00.

  • Personeel: Departementele opleiding, 08H30 – 15H30.

Vrydag, 12 Februarie:

  • Personeel: D6 opleiding 08H00 – 09H00.

Maandag, 15 Februarie:

  • Skool begin vir leerders graad 8 – 12, Rotasie groep A, 07H20 – 15H00.
  • Graad 8 groep A: ASAT-toetsing, 08H00, saal.
  • Koor oudisies, 15H10, K. 26

Dinsdag, 16 Februarie:

  • Skool begin vir leerders graad 8 – 12, Rotasie groep B, 07H20 – 15H00.
  • Graad 8 groep B: ASAT-toetsing, 08H00, saal.

Woensdag, 17 Februarie:

  • Graad 8 – 12 groep A, dag 2, 07H20 – 15H00.
  • VCSV-GPS verkiesing, groep A, 1ste pouse, saal.
  • Koor oudisies: groep A, 15H10 – 17H10, K.26.
  • Debat oudisies: groep A, 15H10 – 16H10, K 7.

Donderdag, 18 Februarie:

  • Graad 8 – 12 groep B, dag 2, 07H20 – 15H00.
  • VCSV-GPS verkiesing, groep B, 1ste pouse, saal.
  • Koor oudisies: groep B, 15H10 – 17H10, K.26.
  • Debat oudisies: groep B, 15H10 – 16H10, K 7.

Vrydag, 19 Februarie:

  • Graad 8 – 12 groep A, dag 3, 07H20 – 14H00.

Vriendelike Groete

CJC DriescherHoof

Aflaai aanhangsel

Terug