Omsendbrief 5/2021

Omsendbrief 5/2021

Administratief
February 25, 2021


OB: 5 / 2021

Geagte ouers
Lief en Leed

Baie welkom aan die volgende studente van die Universiteit van Pretoria wat by ons aangesluit het vir waarneming: Mej. K Mon (IGO), Mej. C Williamson (Visuele Kuns), Mej. L Booy (Wiskunde) en Mnr. J van Tonder (Tegnologie).

Graad 12 2020 uitslae:

Baie geluk aan al ons graad 12’s van 2020, nieteenstaande die beperkinge van COVID 19 het hulle skitterend gevaar! Hulle het ‘n 98% slaagsyfer behaal met 4 druipelinge. 75% van ons matrikulante het universiteitstoelating behaal en 209 onderskeidings is behaal.

Baie geluk aan ons top presteerders: Marco Botha (8 onderskeidings), Lize Britz (8 onderskeidings), Dylan McMaster (7 onderskeidings), Louné Scholtz (7 onderskeidings), Karla Vos (7 onderskeidings), Wilma de Beer (6 onderskeidings) Izelke Smal (6 onderskeidings), Rico Nel (6 onderskeidings), Renata de Beer (5 onderskeidings), Werner Hulsman (5 onderskeidings), Narissa Maritz (5 onderskeidings), Nicolene Prinsloo (5 onderskeidings), Carla Smith (5 onderskeidings), Chené van Deventer (5 onderskeidings) en Shelieze van Deventer (5onderskeidings).

D6 Skool Kommunikeerder

Ons het het hierdie jaar oorgeskakel na die D6 administratiewe program om dit vir u makliker te maak. Skakel asseblief so vining as moontlik hierby in sodat u alle nodige kommunikasie van die skool kan ontvang, gemaklik betalings kan maak en u kind se punte en skoolwerk kan monitor.

Opstelling (teken in of registreer)
  • Laai die D6 Connect toepassing met die swart en wit ikoon af by die Google AppStore. Wanneer u die toepassing oop gemaak het, gaan u versoek word om u selfoon-nommer en wagwoord in te sleutel of in te teken as u ‘n reeds geskepte profiel het.
  • Indien u nie alreeds ‘n profiel het nie, dan gaan u as ouer sien daar is ‘n “registreer”knoppie. U kan daarop klik en die nodige inligting verskaf. Hierna gaan u ‘n OTP verifikasiekode ontvang wat u moet insleutel. Indien suksesvol, sal u na die “boodskapmuur” geneem word.
Koppel u kind of kinders
  • Klik op die drie strepies links bo om u kind se skool te kies. Klik ook op die “Koppel” knoppie om u kind as ‘n leerder aan u profiel te koppel. Kies nou die skool naam of leerder naam (verkieslik) en klik daarop. Nou kan u boodskappe van die skool ontvang.
  • Kies nuus, kalender, bronne of inligting onder. Die inligting opsie gee u ‘n “leerder inligting”-opsie waarop u kan klik. Dit gee u die leerder se punte, huiswerk, dissipline, afwesighede, finansies, leerderinligting en volgelinge. Hierdie is alles opsies waarop u kan klik om dit te monitor.
  • Die toepassing is streng en verifieer dat slegs kinders wat reeds aan ouers in dieselfde familiekode gekoppel is op die stelsel, aan mekaar op die profiel gekoppel kan word. ID nommers moet dus ook korrek ingelees wees op die stelsel. Dit sluit ouers se korrekte selnommers in wat die ontvang van OTP verifikasie kodes gedurende die inteken en registrasie proses moontlik maak.
Beheerliggaam-verkiesing, 4 Maart 2021

Neem asseblief kennis dat ons beheerliggaamverkiesing beplan word vir 4 Maart 2021 om 18H00 in die skoolsaal. Sou ons nie die vereiste kworum verkry nie sal die opvolgverkiesing op 24 Maart om 18H00 in die skoolsaal plaasvind. Nominasiebriewe is uitgestuur saam met ons leerders en nominasies kan ingehandig word by ons navraetoonbank vanaf 23 Februarie 2021 tot 3 Maart 2021.

Leerder Ondersteuning Akademie: Noorderlig
  • Noordehoekie tye: Maandae: 07H00 – 08H00 Donderdae: 07H00 – 08H00.
  • Indien ‘n persoon nood het en nie in daardie tye kan kom nie, skakel met ons navraetoonbank sodat ons ‘n afspraak kan maak met tannie Antoinette om u te help.
  • Baie dankie aan ons ouers wat die Noorderlig ouervergadering op 22 Februarie 2021 bygewoon het. Ons waardeer almal se omgee en betrokkenheid. As daar nog ouers is wat wil deel word van die omgee-groep en nie die vergadering kon bywoon nie, kan u gerus ‘n e-pos aan ons voorsitster stuur by: [email protected]
Program vir die week

Vrydag, 26 Februarie:

  • Graad 8 – 12 groep B, dag 5.
  • Fotodag, 08H00, saal.
  • VLR-verkiesing, 08H00, voogklasse.
  • Voorsang-oudisies, 15H15, K 24.

Saterdag, 27 Februarie:

  • Graad 12: Gasvryheidstudies: “back to basics”- prakties, 08H00 – 15H00, restaurant.
  • Graad 12: Afrikaans mondeling eksamen, 08H00, K.19.

Maandag, 1 Maart:

  • Toetsdag.
  • Graad 8 – 12, groep A, dag 6.
  • VLR bekendstelling, 08H00, voogklasse.
  • Akademie vir Leerder Prestasie vergadering, 18H00, personeelkamer.
    Alle belangstellende ouers welkom.

Dinsdag, 2 Maart:

  • Toetsdag.
  • Graad 8 – 12, groep B, dag 6.
  • VLR bekendstelling, 08H00, voogklasse.

Woensdag, 3 Maart:

  • Toetsdag
  • Graad 8 – 12 groep A, dag 1.
  • Toetsdag: graad 8 – 12 groep B.

Donderdag, 4 Maart:

  • Toetsdag.
  • Graad 8 – 12 groep B, dag 1.
  • Beheerliggaamverkiesing, 18H00, saal.

Vrydag, 5 Maart:

  • Graad 8 – 12 groep A, dag 2.

Saterdag, 6 Maart:

  • Graad 12: Gasvryheidstudies: “back to basics”- prakties, 08H00 – 15H00, restaurant.
  • Graad 12: Afrikaans mondeling eksamen, 08H00, K.19.

Vriendelike Groete

CJC DriescherHoof

Aflaai aanhangsel

Terug