Omsendbrief 2/2021

Omsendbrief 2/2021

Administratief
February 02, 2021


Geagte ouers

1. Lief en Leed

  • Geluk aan Mev. Mcpherson met die geboorte van haar babadogtertjie.

2. Heropening van skole

  • 15 Februarie vir leerders

Hou asseblief die volgende in gedagte:

  • Volgens die nuwe voorgestelde skoolkalender sal kwartaal 1 wees vanaf 15 Februarie 2021 tot 23 April 2021. Groep A sal op 15 Februarie 2021 begin en Groep B sal op 16 Februarie 2021 begin.
  • Volgens die sosiale afstand wat gehandhaaf moet word en die grootte van ons klasse, word ons weer geforseer om die rotasiestelsel te volg met 'n A en B groep wat op alternatiewe dae skool sal bywoon.
  • Soos verlede jaar sal graad 10, 11 en 12 se groep A alle vanne A tot L wees en groep B alle vanne M tot Z.
  • Graad 9 A: A tot J groep A en K tot V groep B.

Graad 9 B: A tot M groep A en O tot W groep B.

Graad 9 C: A tot Maré groep A en Matthysen tot W groep B.

Graad 9 D: A tot McAthur groep A en Mmako tot W groep B.

Graad 9 E: A tot Muller groep A en Murray tot W groep B.

Graad 9 F: A tot Makau groep A en Manamela tot W groep B.

  • Graad 8 A: A tot Malan groep A en Maré tot V groep B.

Graad 8 B: A tot L groep A en M tot W groep B.

Graad 8 C: A tot Landsberg groep A en Lottering tot Z groep B.

Graad 8 D: A tot Leibrandt groep A en Lottering tot V groep B.

Graad 8 E: A tot M groep A en O tot Y groep B

  • Alle COVID-regulasies soos wat teen einde 2020 gegeld het sal voortgesit word.
  • Die skooldag sal weer van Maandag tot Donderdag tot 15H00 strek en op Vrydae tot 14H00.

3. Uitdeel van leermateriaal

Ten einde ons leerders so vinnig doenlik moontlik aan die gang te kry en verlore onderrigtyd op te vang sal ons graag leerders se leermateriaal by hulle wil uitkry sodat die aanlyn-onderrig proses solank kan begin en geen onderrigtyd verlore gaan wanneer die skool weer op 15 Februarie vir leerders begin nie.

Om dit te bereik sal ons graag binne COVID-regulasies die volgende reëlings deurgee:

  • Leerders kom op hul voorgeskrewe dag en tyd na die skool.
  • Leerders teken in by die Berglaanhek en ontvang hul 2021 voogklas hier.
  • Leerders beweeg dan na hul voogklas en ontvang dan hul pakkie handboeke en skrifte, teken daarvoor en verlaat direk daarna weer die terrein:

Graad 12: Groep A, Woensdag, 3 Februarie vanaf 10H00 – 11H00.

Graad 12: Groep B, Woensdag, 3 Februarie vanaf 11H00 – 12H00.

Graad 11: Groep A, Donderdag, 4 Februarie vanaf 09H00 – 10H00.

Graad 11: Groep B, Donderdag, 4 Februarie vanaf 10H00 – 11H00.

Graad 10: Groep A, Vrydag, 5 Februarie vanaf 09H00 – 10H00.

Graad 10: Groep B, Vrydag, 5 Februarie vanaf 10H00 – 11H00.

Graad 9: Groep A, Maandag, 8 Februarie, 09H00 – 10H00

Graad 9: Groep B, Maandag, 8 Februarie, 10H00 – 11H00.

4. Graad 8: Maroelapitte inburgering

  • Vanweë die afkondiging kon ons nie met ons beplande inburgeringsprogram vir graad 8 voortgaan op 25 en 26 Januarie 2021 nie.
  • Hierdie program sal nou plaasvind op Dinsdag, 9 Februarie om 08H00 – 09H00 vir beide groepe A en B. Op Woensdag, 10 Februarie 08H00 – 12H00 vir ons Groep A leerders en Donderdag, 11 Februarie 08H00 – 12H00 vir ons groep B leerders.

5. SOS Wolkskool

Sien asseblief aangeheg verdere inligting van SOS se Wolkskool registrasie.

6. Skoolfonds 2021

Ons skoolfonds vir 2021 beloop R 18 700-00 vir die jaar. U kan dit eenmalig betaal of in elf paaiemente van R 1 700 - 00 per maand vanaf Januarie tot November. U sal R 500-00 korting ontvang indien u volledig betaal het voor of op 28 Februarie 2021.

Let asseblief daarop dat skoolfonds benodig word om kwaliteit onderrig aan ons kinders te lewer.

Maak asseblief seker dat u die skoolfondsdokumentasie voltooi en Bylaag A en B terugstuur aan die skool. Neem kennis dat Bylaag B nie 'n vrystellingsvorm is nie, vrystellingsvorms is beskikbaar by mev Strydom in die Finansiële kantoor.

Geagte ouers ons is tans besig om oor te skakel na die D6 administratiewe en finansiële stelsel en vra dat u asseblief net geduldig met ons sal wees met moontlike foutjies wat dalk kan deurglip op hierdie stadium.

7. Beheerliggaam-verkiesing, 4 Maart 2021

Neem asseblief kennis dat ons beheerliggaamverkiesing beplan word vir 4 Maart 2021 om 18H00 in die skoolsaal. Sou ons nie die vereiste kworum verkry nie sal die opvolgverkiesing op 24 Maart om 18H00 in die skoolsaal plaasvind.

8. Leerder Ondersteuning Akademie: Noorderlig

  • Noordehoekie tye: 9 tot 11 Februarie: 08H00 tot 10H00.

15 – 19 Februarie: 08H00 tot 10H00.

  • Daar is 'n Noorderlig ouervergadering op 22 Februarie 2021 om 18H00 in die restaurant vir al ons ouers wat belangstel om deel te word van die PNHS omgee groep. Onthou: saam maak ons 'n verskil!

9. Program vir die week

Maandag, 1 Februarie: * Skool heropen vir personeel.

* Personeelvergadering, 08H00 – 11H30.

* Personeelfunksie, 11H30 – 14H00.

Dinsdag, 2 Februarie: * Personeel vakvergaderings, 08H00 – 09H00

* Personeel, graadvergaderings, 10H00 – 11H00.

* Personeel verpakking van leermateriaal, 11H00 – 14H00.

Woensdag, 3 Februarie: * Personeel: Departementele opleiding, 08H30 – 15H30.

* Graad 12 Groep A uitdeel van leermateriaal: 10H00 – 11H00.

* Graad 12 Groep B uitdeel van leermateriaal: 11H00 – 12H00.

* Personeel opleiding nuwe personeel, 12H00 – 14H00.

Donderdag, 4 Februarie: * Personeel: Departementele opleiding, 08H30 – 15H30.

* Graad 11 Groep A uitdeel van leermateriaal: 09H00 – 10H00.

* Graad 11 Groep B uitdeel van leermateriaal: 10H00 – 11H00.

* Personeel opleiding nuwe personeel, 11H30 – 14H30.

Vrydag, 5 Februarie: * Personeel: Departementele opleiding, 08H30 – 15H30.

* Graad 10 Groep A uitdeel van leermateriaal: 09H00 – 10H00.

* Graad 10 Groep B uitdeel van leermateriaal: 10H00 – 11H00.

Maandag, 8 Februarie: *Personeel: Departementele opleiding, 08H30 – 15H30.

* Graad 9 Groep A uitdeel van leermateriaal: 09H00 – 10H00.

* Graad 9 Groep B uitdeel van leermateriaal: 10H00 – 11H00.

Vriendelike Groete

CJC Driescher

Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug