Omsendbrief 4/2021

Omsendbrief 4/2021

Administratief
February 18, 2021


OB: 4 / 2021

Geagte ouers
Nuwe aangepaste skoolkalender

Geagte ouers neem kennis dat die Minister van Onderwys, Saterdag, 13 Februarie 2021 nuwe regulasies (N0. 44154 / Vol. 668) vrygestel het vir die heropening van skole in 2021. Alle nie-kontaksport kan weer begin oefen onder COVID 19 protokol, dit sluit ook in kontaksporte wat kondisionering en vaardighede inoefen. Kultuur aktiwiteite kan ook hervat word behalwe kooroefeninge, maar individuele sang mag wel plaasvind. Daar mag geen reis na ander skole of provinsies plaasvind nie.

Implikasies vir ons Buite-kurrikulêre programme:

  • Daar mag tans geen ligas, byeenkomste of toernooie plaasvind nie. Der halwe sal ons nie hierdie jaar aan atletiek / swem byeenkomste / interhoërs deelneem nie.
  • Ons sal wel ons top atlete wat moontlik by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe kan uitkom as ‘n elite klubgroep laat oefen en aan klub-byeenkomste laat deelneem.
  • Ons wintersporte sal vanaf volgende week weer voluit begin oefen met kondisionering en vaardigheidsontwikkelling as fokus. Die eerste ligas word reeds beoog vir 1 Mei 2021 deur die unies, dit sal natuurlik hangende die COVID regulasies wees op daardie stadium.
  • Kultuuraktiwiteite ook revuse sal vanaf volgende week hervat word.
Heropening van skole

Hou asseblief die volgende in gedagte:

  • Volgens die nuwe voorgestelde skoolkalender sal kwartaal 1 wees vanaf 15 Februarie 2021 tot 23 April 2021. Groep A sal op 15 Februarie 2021 begin en Groep B sal op 16 Februarie 2021 begin.
  • Volgens die sosiale afstand wat gehandhaaf moet word en die grootte van ons klasse, word ons weer geforseer om die rotasiestelsel te volg met ‘n A en B groep wat op alternatiewe dae skool sal bywoon.
  • Soos verlede jaar sal graad 10, 11 en 12 se groep A alle vanne A tot L wees en groep B alle vanne M tot Z.
  • Graad 9 A: A tot J groep A en K tot V groep B. Graad 9 B: A tot M groep A en O tot W groep B. Graad 9 C: A tot Maré groep A en Matthysen tot W groep B. Graad 9 D: A tot McAthur groep A en Mmako tot W groep B. Graad 9 E: A tot Muller groep A en Murray tot W groep B. Graad 9 F: A tot Makau groep A en Manamela tot W groep B.
  • Graad 8 A: A tot Malan groep A en Maré tot V groep B. Graad 8 B: A tot L groep A en M tot W groep B. Graad 8 C: A tot Landsberg groep A en Lottering tot Z groep B. Graad 8 D: A tot Leibrandt groep A en Lottering tot V groep B. Graad 8 E: A tot M groep A en O tot Y groep B
  • Alle COVID-regulasies soos wat teen einde 2020 gegeld het sal voortgesit word.
  • Die skooldag sal weer van Maandag tot Donderdag tot 15H00 strek en op Vrydae tot **14H00 vir graad 10, 11 en 12.
  • Vir graad 8 en 9 sal die skooldag van Maandag tot Donderdag tot 14H30 wees en op Vrydae tot 13H30.
  • Ons reel hierdie verskillende uitkomtye om die verkeersopeenhoping na skool te verminder Ons versoek ook ons ouers om mekaar in ag te neem deur asseblief nie parallel te parkeer nie, maar om met u voortuig se neus in ‘n parkering in te trek sodat daar meer plek beskikbaar sal wees. Beplan ook so dat u nie langer as 10 minute voor die tyd hier sal wees nie en ry so vining as moontlik nadat u, u kind opgelaai het.
D6 Skool Kommunikeerder

Ons het het hierdie jaar oorgeskakel na die D6 administratiewe program om dit vir u makliker te maak. Skakel asseblief so vining as moontlik hierby in sodat u alle nodige kommunikasie van die skool kan ontvang, gemaklik betalings kan maak en u kind se punte en skoolwerk kan monitor

Opstelling (teken in of registreer)
  • Laai die D6 Connect toepassing met die swart en wit ikoon af by die Google AppStore. Wanneer u die toepassing oop gemaak het, gaan u versoek word om u selfoon-nommer en wagwoord in te sleutel of in te teken as u ‘n reeds geskepte profiel het.
  • Indien u nie alreeds ‘n profiel het nie, dan gaan u as ouer sien daar is ‘n “registreer”knoppie. U kan daarop klik en die nodige inligting verskaf. Hierna gaan u ‘n OTP verifikasiekode ontvang wat u moet insleutel. Indien suksesvol, sal u na die “boodskapmuur” geneem word.
Koppel u kind of kinders
  • Klik op die drie strepies links bo om u kind se skool te kies. Klik ook op die “Koppel” knoppie om u kind as ‘n leerder aan u profiel te koppel. Kies nou die skool naam of leerder naam (verkieslik) en klik daarop. Nou kan u boodskappe van die skool ontvang.
  • Kies nuus, kalender, bronne of inligting onder. Die inligting opsie gee u ‘n “leerder inligting”-opsie waarop u kan klik. Dit gee u die leerder se punte, huiswerk, dissipline, afwesighede, finansies, leerderinligting en volgelinge. Hierdie is alles opsies waarop u kan klik om dit te monitor.
  • Die toepassing is streng en verifieer dat slegs kinders wat reeds aan ouers in dieselfde familiekode gekoppel is op die stelsel, aan mekaar op die profiel gekoppel kan word. ID nommers moet dus ook korrek ingelees wees op die stelsel. Dit sluit ouers se korrekte selnommers in wat die ontvang van OTP verifikasie kodes gedurende die inteken en registrasie proses moontlik maak.
Beheerliggaam-verkiesing, 4 Maart 2021

Neem asseblief kennis dat ons beheerliggaamverkiesing beplan word vir 4 Maart 2021 om 18H00 in die skoolsaal. Sou ons nie die vereiste kworum verkry nie sal die opvolgverkiesing op 24 Maart om 18H00 in die skoolsaal plaasvind.

Program vir die week

Vrydag, 19 Februarie:

  • Graad 8 – 12 groep A, dag 3.

Maandag, 22 Februarie:

  • Graad 8 – 12, groep B, dag 3.
  • Revue oudisies, saal, 15H15 – 17H00.
  • Noorderlig ouervergadering, 18H00, restaurant.

Dinsdag, 23 Februarie:

  • Graad 8 – 12, groep A, dag 4.
  • VLR verkiesing, 08H00, voogklasse.
  • Tennis uitspele, 15H15, tennisbaan.
  • Revue oudisies, saal, 15H15 – 17H00.
  • PN Raad vergadering, 15H15 – 17H00, K 81.
  • Leier Akademievergadering, 17H15, personeelkamer.

Woensdag, 24 Februarie:

  • Graad 8 – 12 groep B, dag 4.
  • Toetsdag: graad 8 – 12 groep B..
  • VLR verkiesing, 08H00, voogklasse.
  • Tennis uitspele, 15H15, tennisbaan.
  • Revue oudisies, saal, 15H15 – 17H00.
  • PN Raad vergadering, 15H15 – 17H00, K 81.
  • Leier Akademievergadering, 17H15, personeelkamer.

Donderdag, 25 Februarie:

  • Graad 8 – 12 groep A, dag 5.
  • Toetsdag: graad 8 – 12 groep A.
  • Fotodag
  • Tennis uitspele, 15H15, tennisbaan.
  • Voorsang oudisies, 15H15, K.24
  • Revue oudisies, saal, 15H15 – 17H00.

Vrydag, 26 Februarie:

  • Graad 8 – 12 groep B, dag 5.
  • Fotodag
  • Voorsang oudisies, 15H15, K.24

Vriendelike Groete

CJC DriescherHoof

Aflaai aanhangsel

Terug