Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Artikels
SubscribeOmsendbrief 34/2021
Administratief
October 14, 2021
Baie geluk aan Maruché Smith wat besondere prestasies in sang behaal het. Sy wen 4 platinum medaljes tydens die Pacisa nasionale kompetisie. Behaal 2 goue medaljes in Talent Africa se nasionale kompetisie en sal Suid-Afrika verteeenwoordig tydens die internasionale rondte in 2022. In die Kids with Talent kompetisie dring sy deur na die semi-finaal wat op Saterdag, 16 Oktober in Midrand plaasvind.
Omsendbrief 33/2021
Administratief
September 30, 2021
Neem kennis dat PNHS saam met ‘n groep skole uit Tshwane Wes distrik getrek is om ‘n Geheelskool evaluering deur ‘n paneel van die Gauteng Departement van Onderwys te ondergaan. Dit sal plaasvind op 12 en 13 Oktober 2021.
Omsendbrief 32/2021
Administratief
September 23, 2021
Dit is met leedwese dat ons kennis geneem het van die afsterwe van een van ons ouers, Mnr. Jacques Duminy, ons dra sy gesin op aan ons Hemelse Vader en bid vir vertroosting vir hulle in hierdie moeilike tyd.
Omsendbrief 31/2021
Administratief
September 16, 2021
Sëenwense aan Mev. Bruyns wat op kraamverlof is vanaf 14 September 2021. Skoolbywoning vir die tydperk 10 September – 16 September 2021: graad 8: 94%, graad 9: 92%, graad 10: 91%, graad 11: 93% en graad 12: 98%.
Omsendbrief 30/2021
Administratief
September 14, 2021
Dit is met leedwese dat ons kennis geneem het van die afsterwe van een van ons ouers, Mnr. John Kelly, ons dra sy gesin op aan ons Hemelse Vader en bid vir vertroosting vir hulle in hierdie moeilike tyd
Omsendbrief 29/2021
Administratief
September 06, 2021
Dit is met leedwese dat ons kennis geneem het van die afsterwe van een van ons ouers, Me. Magret Links. Ons dra haar gesin op aan ons Hemelse Vader en bid vir vertroosting vir hulle in hierdie moeilike tyd.
Top 10 Leerders Tweede kwartaal 2021
Administratief
August 31, 2021
Top 10 leerders vir 2021 - Tweede kwartaal
Omsendbrief 27/2021
Administratief
August 16, 2021
Dit is met leedwese dat ons kennis geneem het van die afsterwe van twee van ons ouers verlede week Mnr. Henning Botha en Mevrou Susan Lombard. Ons dra hulle gesinne op aan ons Hemelse Vader en bid vir vertroosting in hierdie moeilike tyd.
Omsendbrief 26/2021
Administratief
August 10, 2021
Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys die amptelike datums vir inskrywing vir 2022 vrygestel het. Graad 8 inskrywings vir 2022 sal amptelik open op Maandag, 10 Augustus 2021 om 08H00 vir Fase 1 inskrywings. Fase 1 verwys na graad 7 leerders wat in Publieke Laerskole is en wie se name reeds deur hulle skole op die SASAMS-stelsel oorgedra is. Sodanige ouers sal ‘n skakel vanaf die Gauteng Departement van Onderwys ontvang waarop hulle kan ingaan en hul inskrywing doen. Fase 1 sal sluit op 3 September 2021...
Omsendbrief 25/2021
Administratief
July 30, 2021
Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys die amptelike datums vir inskrywing vir 2022 vrygestel het. Graad 8 inskrywings vir 2022 sal amptelik open op Maandag, 10 Augustus 2021 om 08H00 vir Fase 1 inskrywings.
