Omsendbrief 7/2022

Omsendbrief 7/2022

Administratief
February 21, 2022


OB: 7 / 2022

Geagte ouers
Lief en Leed
  • Dit is met leedwese dat ons kennis geneem het van die afsterwe van een van ons ouers, Mnr. Barend Briel, ons dra sy gesin op aan ons Hemelse Vader en bid vir vertroosting vir hulle in hierdie moeilike tyd.
Tennis

16 Februarie:

PNHS senior dogters v/s Loreto Convent. PNHS wen met 46 – 21. Geluk aan: Maruché Smith (9-2), Lenushke van Niekerk (6-5) en Netanie Klopper (10-1) wat almal hul wedstryde wen. Dit was ons derde ligabepaling, waarvan ons drie wen.

Interne redenaars: 16 Februarie 2022

Baie geluk aan die volgende wenners:

Senior fase:

1ste Davie Pieterse (92%)
2de Cheyenne Pieterse (91%)
3de Beate Haarhoff (90%)
4de Chrishelle Nieuwoudt (89%)
5de Ivandré Coetzee (83%)

VOO fase:

1ste Johan Jacobs (91%)
2de André Haarhoff (89%)
3de Devon Esterhuizen (87%)
4de Hesmari Scholtz (86%)
5de Anouk Janse van Rensburg (85%)

Baie dankie aan al die leerders wat deelgeneem het. Ons sien uit na al die kompetisies wat op ons wag!

Atletiek: Top 20, Bloemfontein, 18 Februarie 2022

Uitslae:

Algehele uitslae:

Dogtersspan eindig 7e uit 16 skole wat deelneem
Seunsspan eindig 4e uit 21 skole wat deelneem
In die afdeling vir dubbelgeslag skole eindig ons 5e uit 20 skole

Geluk aan die volgende medaljewenners:

Goud: Danica Grobler: 400m Hekkies en Junior Bokwa: 800m, 1500m

Silwer: Cindy de Koker: 1500m, Anmari Malan: Spiesgooi, Henco van der Merwe: Gewigstoot, Heinrich Buitendag: 800m, 1500m en Jadon O’Neill: Gewigstoot

Brons: Danica Grobler: 100m, Alecia Venter: Gewigstoot en Keaan van Wyk: Skyfwerp

Die volgende atlete behaal ook baie goeie 4e Plekke: Simoné de Koker: 800m, 1500m, Cindy de Koker: 800m, Anmari Malan: Skyfwerp, Rubin Nel: 400m, Schalk Fourie: 800m en Jadon O’Neill: Skyfwerp

Graad 12 uitslae 2021, Distrik toekennings, 18 Februarie 2022

H/S Pretoria-Noord ontvang tydens hierdie funksie die volgende trofeë:

  • Publieke skool: Hoogste slaagsyfer in die cluster.
  • Publieke skool: Hoogste slaagsyfer in die distrik.
  • Publieke skool: Beste Algehele Prestasie vir kwaliteit uitslae in die distrik.
GDO nuwe COVID regulasies

Soos verwag het die minister van Basiese Onderwys nuwe regulasies uitgevaardig vir die hantering van COVID 19 in skole:

  • Alle skole moet nou terugkeer na 100% kapasiteit.
  • Die bestaande 1m afstand verval.
  • Slegs persone wat COVID 19 positief toets met simptome moet isoleer. Geen isolasie indien daar nie simptome is nie.
  • Isolasie met simptome word verkort na 7 dae.
  • Indien ‘n leerder positief toets met simptome moet die skool nog steeds onmiddellik in kennis gestel word.
  • Normale COVID 19 protokol: maskers, sanitering en skandering bly steeds van krag.
  • Geen buite persoon mag die skool betree behalwe met toestemming van die hoof en per afspraak nie.
  • Pg. 8 laat egter wel sport- en ander byeenkomste toe met toeskouers, met ‘n maksimum van 2000 toeskouers of 50 % van die kapasiteit van die fasiliteit mits die fasiliteit kleiner is.
  • 1,5 M afstand moet by sportbyeenkomste deur toeskouers gehandhaaf word. ons het tans 5 leerders wat positief getoets het met simptome wat isoleer.

Program vir die week
Maandag, 21 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Detensie, 14H15 – 16H15
  • Senior Interne Debat, 14H30 – 16H30, K 7.
  • Wintersport: 1ste spanne oorhandigingsfunksie, 18H00, saal.
Dinsdag, 22 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 2
  • PN Raad vergadering, 14H15 – 15H00, K 1.
  • Junior Interne Debat, 14H30 – 16H30, K 7.
  • Graad 12 Gasvryheidstudies: Restaurantaand, 18H00, restaurant.
  • Atletiekfunksie, 18H00, saal.
Woensdag, 23 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 3.
  • Distrik Kampioenskappe. Atlete skryf toets om 06H30 in K 65 en vetrek onmiddellik daarna.
  • Finansiële Komitee vergadering, 17H15, Konferensiekamer.
  • Rugby Akademie Voorsittersverkiesing, 17H30, saal.
  • Beheerliggaam Uitvoerende Komiteevergadering, 19H00, Konferensiekamer.
Donderdag, 24 Februarie:
  • Skool gesluit vir leerders.
  • B-bond Interhoër, 09H00, Pilditch. Atlete vergader om 06H30 in die saal.
Vrydag, 25 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • Wintersport: PUK 16 Poelwedstryd 1: PNHS v/s Delmas, 15H00, weg. Skool sluit om 12H00.
Maandag, 28 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug