Artikels
SubscribeAROS - Beurstoekennings vir 2021
Administratief
November 27, 2020
AROS - Beurstoekennings vir 2021
Omsendbrief 41/2020
Administratief
November 19, 2020
Ons finale assesering vir 2020 verloop glad en sonder voorval. Baie dankie vir ons ouers wat sorg dat ons kinders se logistiek in plek is en hulle altyd op tyd by hulle onderskeie punte besorg. U rol in die afhandeling van hierdie akademiese jaar sal nooit gering geag word nie!
Omsendbrief 40/2020
Administratief
November 06, 2020
Ons is dankbaar om in die laaste skof te wees van ‘’n baie uitdagende jaar en vra ons leerders en ouers vir nog ‘n maand en ‘n half se vasbyt, sodat ons hierdie jaar suksesvol as skool en gemeenskap kan afsluit. Al ons leerders is sedert Woensdag besig met hul finale assesering.
Omsendbrief 38/2020
Administratief
October 19, 2020
Geagte ouers ons staan in die laaste week van die langste kwartaal ooit in die skool se geskiedenis. Hiermee groot dank aan elke ouer vir julle ondersteuning, aan elke leerder en onderwyser wat getrou deurgedruk het om onder moeilike omstandighede te verseker dat ‘n akademiese jaar nie verlore gaan nie.
Omsendbrief 37/2020
Administratief
October 15, 2020
Ons is dankbaar om by die tweede laaste week van skool vir hierdie kwartaal te wees. Personeel is tans besig om finaal af te rond vir die jaareindassesering, wat in aanvang sal neem twee dae na die begin van die nuwe kwartaal. Maak asseblief seker dat u die asseseringsrooster asook werksafbakenings onder oë kry.
Omsendbrief 36/2020
Administratief
October 13, 2020
Daar is toenemende versoeke van leerders om swart aan te trek om simpatie en eenheid te toon met plaasmoorde. Ons glo dat die saak reeds groot prominensie verkry het en daar is verskeie aksies buite die skool waar simpatie en eenheid getoon kan word. Skool is vir onderrig en nie ‘n platvorm vir gelaaide politieke debat nie.
Omsendbrief 35/2020
Administratief
October 07, 2020
Die skool is hierdie week deur die Gauteng Departement van Onderwys besoek vir ‘n geheel skool inspeksie met ‘n fokus op COVID 19 protokol en ontvang ‘n uitstekende verslag. Ons is dankbaar om te rapporteer dat ons graad 12 rekordeksamen suksesvol afgehandel is op Woensdag, 7 Oktober 2020. Ons skoolbywoning vir hierdie week was 100% vir graad 12, 91% vir graad 11, 93% vir graad 10, 92% vir graad 9 en 93% vir graad 8.
Omsendbrief 34/2020
Administratief
October 01, 2020
Die week het sonder voorval verloop en daar word fluks gewerk. Ons graad 12 se rekordeksamen verloop vlot en ons asseserings vir ander grade op Saterdae is op datum. Dankie vir almal se samewerking en opoffering om ons kinders se akademiese jaar te red. Ons skoolbywoning vir hierdie week was 99,7% vir graad 12, 84% vir graad 11, 91% vir graad 10, 82% vir graad 9 en 88% vir graad 8.
Omsendbrief 33/2020
Administratief
September 25, 2020
Die week het sonder voorval verloop en daar word fluks gewerk. Ons graad 12 se rekordeksamen verloop vlot en ons asseserings vir ander grade op Saterdae is op datum. Dankie vir almal se samewerking en opoffering om ons kinders se akademiese jaar te red.
Omsendbrief 32/2020
Administratief
September 17, 2020
Dit is met leedwese dat ons kennis gekry het van die afsterwe van een van ons ouers, Mnr. Manie Swart. Ons dra sy gesin op in ons gebede.