Omsendbrief 30/2021

Omsendbrief 30/2021

Administratief
September 14, 2021


OB: 30 / 2021

Geagte ouers
Lief en Leed

Dit is met leedwese dat ons kennis geneem het van die afsterwe van een van ons ouers, Mnr. John Kelly, ons dra sy gesin op aan ons Hemelse Vader en bid vir vertroosting vir hulle in hierdie moeilike tyd.

Skoolbywoning

Skoolbywoning vir die tydperk 3 September – 9 September 2021: graad 8: 93%, graad 9: 95%, graad 10: 90%, graad 11: 93% en graad 12: 99%.

COVID 19

Ons is baie dankbaar om te rapporteer dat daar geen COVID positiewe gevalle is onder ons leerders nie en slegs 1 leerder is in isolasie vanweë kontak.

Sagtebal
Liga 2: Seuns v/s Hartebeespoort, weg, 3 September 2021
Skool PN Hpt PN Hpt PN Hpt PN Hpt    
Sagtebal 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A    
Seuns 13 7 0 18 Hpt geen span Hpt geen span 1 9    
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 0 - 0 - 1 - - -
Verloor 0 - 1 - 0 - 1 - - -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - - -
Liga 2: Dogters v/s hartebeespoort, tuis, 3 September 2021
Skool PN Hpt PN Hpt PN Hpt PN Hpt    
Sagtebal 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A    
Dogters Hpt geen span Hpt geen span 10 6 15 0 2 9    
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 2 - 2 - 1 - - -
Verloor 0 - 0 - 0 - 0 - - -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 1 - - -
Krieket

3 Sept.:

PNHS 0/15A v/s Eldoraigne 0/15A. Eldoraigne 222 / 10. PNHS antwoord met 121 / 6. Eldoraigne wen met 101 lopies. Goeie kolfwerk van Jean Swartmet 32 lopies van 23 balle. Goeie boulwerk van Arno Venter wat 3 paaltjies in 4 beurte neem. Dit was ons 0/15 span se eerste wedstryd.

4 Sept.:

PNHS 1 v/s Sutherland 1. PNHS 244/9. Sutherland antwoord met 245 / 9. Sutherland wen met 1 paaltjie met 8 balle oor in die wedstryd. Goeie kolfwerk van Dehan Smit met 58*. Goeie boulwerk van Andrew Durdle met 3 paaltjies in 1.1 beurt. Dit was ons 1ste span se eerste ligawedstryd.

6 Sept.:

PNHS 2 v/s Wilgers 2, tuis. Wilgers kolf eerste en behaal 145 / 3 in hul toegelate beurte. PNHS volg op met 110 / 8. Wilgers wen met 35 lopies. Ruan Ball (33) en Xander Bronkhorst (30) vaar die beste met die kolf. Dit was ons 2de span se tweede ligawedstryd, waarvan hulle beide verloor.

7 Sept.:

PNHS 0/14 A v/s Overkruin 0/14 A, weg. Overkruin kolf eerste en behaal 170 / 1. PNHS antwoord met 121 / 4. Overkruin wen met 49 lopies. Goeie kolfwerk van Ettiene de Bruyn met 75 lopies van 70 balle. Michael Flanagan vaar die beste met die bal. Dit was ons 0/14 A span se tweede ligawedstryd waarvan hulle een wen en een verloor.

Gholf

31 Aug.:

PNHS 1 v/s Waterkloof 5 wen met 4 wedstryde teen 0. Geluk aan Leigh Loots, Mathew Killfoil, Jean Swart en Regardt du Preez wat almal hulle wedstryde wen. PNHS 1 v/s Eldoraigne 2 speel gelykop 2 wedstryde elke. Geluk aan Leigh Loots en Mathew Killfoil, wat hul wedstryde wen.

Gasvryheidstudies

Neem kennis dat ons graad 10 leerders se eerste “drive thru” restaurantaande sal plaasvind op 4, 11 en 18 September. Ondersteun hulle asseblief.

Graad 8 inskrywings vir 2022

Indien u ‘n kind in graad 7 het of iemand ken wat ‘n kind in graad 7 het neem asseblief kennis van hierdie belangrike kennisgewing.

Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys die amptelike datums vir inskrywing vir 2022 vrygestel het. Graad 8 inskrywings vir 2022 sal amptelik open op Maandag, 10 Augustus 2021 om 08H00 vir Fase 1 inskrywings. Fase 1 verwys na graad 7 leerders wat in Publieke Laerskole is en wie se name reeds deur hulle skole op die SASAMS-stelsel oorgedra is. Sodanige ouers sal ‘n skakel vanaf die Gauteng Departement van Onderwys ontvang waarop hulle kan ingaan en hul inskrywing doen. Fase 1 sal sluit op 3 September 2021.

Hierna sal Fase 2 op 13 September 2021 begin met geleentheid vir alle graad 7 leerders in privaatskole en van ander provinsies om in te skryf. Fase 2 sal sluit op 8 Oktober 2021.

Sedert 2017 word slegs aanlynaansoeke aanvaar. U sal met inskrywing ʼn toelatingsnommer ontvang. Leerders word streng volgens die volgorde van hierdie toelatingsnommers geplaas. Hierna moet die ouer binne ʼn week inskrywingsdokumente by die skool van keuse inhandig om die aanlynaansoek te bevestig, anders verval die aanlynaansoek. Geliewe te let dat hoe vinniger hierdie dokumente ingehandig word, hoe vinniger kan ons administratiewe personeel die dokumentasie op die stelsel bevestig.

Neem asseblief kennis dat H/S Pretoria-Noord oor die afgelope paar jaar ʼn geweldige toename in die aanvraag na plek by die skool beleef. Verlede jaar was die skool reeds vol 29 minute nadat inskrywings geopen het. Die skool is die afgelope paar jaar oor sy kapasiteit en na ‘n kapasiteits audit sal ons vir 2022 slegs 200 graad 8 leerders kan aanvaar. Ons wil u daarom sterk aanbeveel om so vinnig as moontlik aansoek te doen om u plek te verseker indien H/S Pretoria-Noord u skool van keuse is. Indien PNHS nie u skool van keuse is nie, moet asseblief nie by ons aansoek doen nie, dit veroorsaak dat ouers van leerders wat graag by ons wil wees onder geweldige druk geplaas word terwyl hulle moet wag vir plek om oop te gaan.

U is welkom om vanaf 10 Augustus 2021 gedurende skoolure (vanaf 06h30 tot 15h00) u inskrywing af te handel.

Maak seker dat u die volgende dokumentasie saam met u inskrywingsvorms inhandig:

  • Geboortesertifikaat van leerder
  • Bewys van u fisiese woonadres (water en ligterekening)
  • Laaste laerskoolrapport van u kind
  • Afskrifte van ouers/voogde se ID-dokumente

Enige verdere navrae kan gerig word by 012 546 6950 of by [email protected] . Baie sterkte met die inskrywingsproses.

Merietefunksie 2021
  • Alle leerders wat trofee ontvang het by die 2020 merietefunksie moet dit asseblief inhandig by Mev. Du Plessis.
  • Alle leerders wat presteer het in aktiwiteite buite skoolverband moet asseblief bewyse van hierdie prestasies by Mev. Swanepoel inhandig. Leerders wat in gebreke bly om bewyse in te handig sal geen meriete-erkenning van die skool ontvang nie. Geen laat inhandigings sal ongelukkig aanvaar kan word nie omdat die merieteprogram vasgestel moet word.

Program vir die week
Donderdag, 9 September:
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Graad 10 akademiese uur: Wiskunde (S5), 14H15 – 15H15.
  • Krieket: PNHS 0/15 v/s Wonderboom, 14H30, weg.
Vrydag, 10 September:
  • Graad 12 rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 2.
  • Sagtebal liga: Seuns v/s Tuine, tuis, 14H30.
Saterdag, 11 September:
  • Sagtebal liga: dogters v/s John Vorster / Tuine, 10H00, tuis.
  • Krieket liga 2: PN 1 v/s Eldoraigne 1, 09H00, tuis.
  • Jukskei pretdag, 09H00, PNHS jukskeibane.
Maandag, 13 September:
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Graad 8 – 12: dag 3.
  • Detensie 14H00 – 16H00.
  • Krieket liga 3: PN 2 v/s H/S Erasmus 2, 14H30, weg.
Dinsdag, 14 September:
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Graad 8 – 12: dag 4.
  • Graad 10 akademiese uur: Rekeningkunde, 14H15 – 15H15.
  • Krieket liga 3: PNHS 0/14 v/s Eldoraigne, 14H30, weg.
  • Sagtebal: Seuns 0/19 v/s Eduplex, 14H30, tuis.
Woensdag, 15 September:
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Graad 8 – 12, dag 5
  • Graad 8 – 11 akademiese uur, 14H15 – 15H15.
Donderdag, 16 September:
  • Graad 12 rekordeksamen
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Graad 11 akademiese uur: Wiskunde (S2), 14H15 – 15H15.
  • Krieket liga 2: PNHS 0/15A v/s Overkruin 0/15A, 14H30, tuis.
  • Leerlingraad inhuldiging, 18H00, binneplein.
Vrydag, 17 September:
  • Graad 12 rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 1.
  • Sagtebal liga: Seuns 0/14 – 0/19 v/s Gerrit Maritz, 14H30, tuis.
Saterdag, 18 September
  • Sagtebal liga: dogters 0/14 – 0/19 v/s Montana / Wilgers, 09H00, tuis.
  • Krieket: PNHS 1 v/s Overkruin 1, 09H00, tuis.

Vriendelike Groete

CJC DriescherHoof

Aflaai aanhangsel

Terug