Omsendbrief 33/2021

Omsendbrief 33/2021

Administratief
September 30, 2021


OB: 33 / 2021

Geagte ouers
Skoolbywoning

Skoolbywoning vir die tydperk 23 September – 30 September 2021: graad 8: 88%, graad 9: 82%, graad 10: 81%, graad 11: 85% en graad 12: 97%.

COVID 19

Ons het 2 COVID positiewe gevalle onder ons leerders en 4 leerders is in isolasie vanweë kontak.

Atletiek: Tukkies Top 10, 23 September 2021

Baie geluk aan die volgende atlete met hul individuele prestasies:

Kyle Engelbrecht: 4de in hoogspring met 660 punte, hy behaal ook 653 punte in verspring.
Danica Grobler: 5de in 400M hekkies met 691 punte, sy behaal ook 698 punte in die 100M.
Stephan van Wyk: 6de in die 300M met 813 punte.
Leander Esterhuizen: 8ste in hoogspring met 500 punte.
Schalk Fourie: 9de in 1500M met 810 punte, hy behaal ook 584 punte in die 800M.
Ezmarelda Vivier: 10de in die 3000M met 849 punte.
Erica Haasbroek: Behaal 691 punte in die 200M en 436 punte in verspring.
Jadon O’Neill: Behaal 667 punte in gewigstoot en 636 punte in skyfwerp.
Ruben Nel: Behaal 570 punte in die 200M.

As skool eindig ons 17de uit 21 skole met ‘n gemiddelde punt van 717 punte.

Krieket

23 Sept.:

PNHS 0/15A v/s Wagpos 0/15A weg. PNHS kolf eerste en behaal 117 / 9 in 20 beurte. Wagpos volg op met 107 / 10. Goeie boulwerk deur Ettiene du Bruyn met 3 paaltjies vir 7 lopies in 4 beurte. PNHS wen met 10 lopies. Dit was ons 0/15 span se derde wedstryd, waarvan hulle een wen en twee verloor.

22/23 Sept.:

PNHS 1 v/s Wonderboom 1 tuis. PNHS 1 kolf eerste en behaal 172 / 10 in 40, 5 beurte. Goeie kolfwerk deur Ulrich Gouws met 28 van 45 balle, Dean du Toit met 27 van 41 balle en Ludwig Erasmus met 26 van 25 balle. Wonderboom antwoord met 173 / 4. Goeie boulwerk deur Wian Reynners met 2 / 23 in 4 beurte. Wonderboom wen met 6 paaltjies. Dit was ons 1ste span se vierde ligawedstryd waarvan hulle vier verloor.

27 Sept.:

PNHS 2 v/s AHS 6, tuis. PNHS kolf eerste en behaal 83 / 0 in 9,3 beurte toe swaar weer die wedstryd stop. Goeie kolfwerk van Ruan Ball met 73 lopies vir 36 balle. Die wedstryd eindig onbeslis.

28 Sept.:

PNHS 0/14 A v/s Wagpos 0/14 A, weg. PNHS kolf eerste en behaal 141 / 3 in 20 beurte. Goeie kolfwerk van Ettiene du Bruyn met 44 lopies van 34 balle en Anthony Smith met 32 lopies van 32 balle. Wagpos antwoord met 119 / 8 in 20 beurte. Goeie boulwerk deur Keaan van Wyk met 2 / 18 in 4 beurte. PNHS wen met 22 lopies. Dit was ons 0/14 A span se vyfde ligawedstryd waarvan hulle drie wen en twee verloor.

Sewe’s rugby, Eldoraigne toernooi, 23 en 24 September

0/15:

Wedstryd 1 PNHS wen H/S Zwartkop 17 - 7
Wedstryd 2 PNHS wen H/S Eldoraigne 45 - 0
Wedstryd 3 PNHS wen H/S Sutherland 40 - 0
¼ Finaal PNHS wen teen Oos Moot 21 - 12
½ Finaal PNHS verloor teen H/S Menlopark 5 - 38
PNHS eindig 4de uit 16 skole

Merietefunksie 2021
  • Alle leerders wat trofee ontvang het by die 2020 merietefunksie moet dit asseblief inhandig by Mev. Du Plessis.
  • Alle leerders wat presteer het in aktiwiteite buite skoolverband moet asseblief bewyse van hierdie prestasies by Mev. Swanepoel inhandig. Leerders wat in gebreke bly om bewyse in te handig sal geen meriete-erkenning van die skool ontvang nie. Geen laat inhandigings sal ongelukkig aanvaar kan word nie omdat die merieteprogram vasgestel moet word
PNHS jaarblad

Geagte ouers ons sal weer in 2021 ‘n jaarblad uitgee, bestaande uit kleur foto’s van ons leerders en aktiwiteite vir 2021. Die formaat neem weer die formaat van ‘n glans, gekleurde, gebinde, koffietafel gehalte boek. Bestellings teen R 80-00 per eksemplaar kan by u kind se voogonderwyser geplaas word. Spertyd vir bestellings is 1 Oktober 2021. Maak seker dat u nie die geleentheid mis om u hande op hierdie stukkie PNHS geskiedenis te kry nie.

PNHS Geheelskool Evaluering, 12 en 13 Oktober 2021

Neem kennis dat PNHS saam met ‘n groep skole uit Tshwane Wes distrik getrek is om ‘n Geheelskool evaluering deur ‘n paneel van die Gauteng Departement van Onderwys te ondergaan. Dit sal plaasvind op 12 en 13 Oktober 2021.

Algemene Ouervergadering

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2022 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Dinsdag, 26 Oktober 2021 om 18H00 in die saal. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering om u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Dinsdag, 26 Oktober 2021 is nie sal die vergadering op Maandag, 15 November 2021 om 18H00 in die saal plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Dinsdag, 22 September 2021.

Vakansiewerk vir leerders

Een van ons verskaffers: “Overkruin Uitrusters” bied aan ons graad 10 – 12 leerders die geleentheid om vakansiewerk te doen by hulle winkel gedurende die Desember – Januarie vakansie. CV’s kan gestuur word na: [email protected] vir aandag Mej. Marcé Huisamen. Sperdatum vir aansoeke is 31 Oktober 2021.

Presidensiéle Jeug Indiensneming Projek

Hierdie projek is deur die president verleng van November 2021 tot Maart 2022 en jongmense (18 – 35) kan aansoek doen vir aanstelling as COVID 19 assistente, onderwys assistente of terrein assistente by skole in hul omgewing. ‘n Toegif van R 3817-00 per maand word betaal. Belangstellendes kan kyk na die aanhangsels vir die proses van aansoek en moontlike vrae en antwoorde oor die projek.


Program vir die week
Donderdag, 30 September:
  • Graad 12 rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 3
  • Krieket liga 4: PNHS 0/15A v/s Sutherland 0/15A, 14H30, tuis.
Vrydag, 1 Oktober:
  • Graad 12 rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, toetsdag
  • Skool sluit om 10H00
Maandag, 11 Oktober:
  • Skool heropen vir Vierde Kwartaal
  • Graad 8 – 12, dag 4
  • Personeelvergadering, 14H00, saal.
  • Kultuur Akademievergadering, 18H00, personeelkamer.
Dinsdag, 12 Oktober:
  • Graad 8 – 12: dag 5.
  • Sagtebal liga 7: Dogters v/s Oos Moot, 14H30, tuis.
Woensdag, 13 Oktober:
  • Graad 8 – 11, dag 6
Donderdag, 14 Oktober:
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Graad 12: “Fourty Days”
  • Krieket liga 5: PNHS 0/15A v/s John Vorster 0/15A, 14H30, weg
Vrydag, 15 Oktober:
  • Graad 8 – 11, dag 2.
  • Graad 12: Kerkdiens / afsluiting.
  • PNHS Gholfdag, 11H00, Pta-Wes gholfbaan.
  • Sagtebal liga 5: Seuns v/s Homespan, 15H00, Crawford College.
  • Sagtebal liga 8: Dogters v/s Overkruin, 15H00, weg.
Saterdag, 16 Oktober
  • Krieket liga 5: PNHS v/s Laudium, 09H00, tuis.

Vriendelike Groete

CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug