Omsendbrief 32/2021

Omsendbrief 32/2021

Administratief
September 23, 2021


OB: 32 / 2021

Geagte ouers
Lief en Leed

Dit is met leedwese dat ons kennis geneem het van die afsterwe van een van ons ouers, Mnr. Jacques Duminy, ons dra sy gesin op aan ons Hemelse Vader en bid vir vertroosting vir hulle in hierdie moeilike tyd.

Skoolbywoning

Skoolbywoning vir die tydperk 17 September – 23 September 2021: graad 8: 93%, graad 9: 90%, graad 10: 89%, graad 11: 91% en graad 12: 98%.

COVID 19

Ons het 2 COVID positiewe gevalle onder ons leerders en 4 leerders is in isolasie vanweë kontak.

Sagtebal
Liga 4: Seuns v/s Gerrit Maritz, 17 September 2021, tuis
Seuns 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A
Skool PN GM PN GM PN GM PN GM
Uitslag 6 3 11 8 10 1 5 4
Uitslae tot dusver                
Gewen 3 - 1 - 2 - 3 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 -
Verloor 0 - 2 - 0 - 1 -
Liga 5: Dogters v/s Montana, 17 / 18 September 2021, tuis
Dogters 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A
Skool PN Mon PN Mon PN Mon PN Mon
Uitslag 0 11 2 5 11 3 6 1
Uitslae tot dusver                
Gewen 2 - 3 - 5 - 4 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 -
Verloor 1 - 1 - 0 - 1 -
Liga 6: Dogters v/s Wilgers, 18 September 2021, tuis
Dogters 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A
Skool PN   PN   PN   PN Wilgers
Uitslag         12 2    
Uitslae tot dusver                
Gewen 2 - 3 - 4 - 5 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 -
Verloor 1 - 1 - 0 - 1 -
Krieket

16 Sept.:

PNHS 0/15A v/s Overkruin. Overkruin stel uit agv. COVID 19 situasie.

18 Sept.:

PNHS 1 v/s Overkruin 1 tuis. PNHS 1 kolf eerste en behaal 141 / 10 in 43, 1 beurte. Goeie kolfwerk deur Jean Swart met 29 lopies van 27 balle. Overkruin antwoord met 143 / 3 in 18,4 beurte. Goeie boulwerk deur JJ du Raan met 1 / 21 in 4 beurte. Overkruin wen met 7 paaltjies. Dit was ons 1ste span se derde ligawedstryd waarvan hulle drie verloor.

20 Sept.:

PNHS 2 v/s Hartebeespoort 2, tuis. PNHS kolf eerste en behaal 136 / 8 in hul toegelate 20 beurte. Goeie kolfwerk van Stiaan Janse van Rensburg met 50 van 43 balle en Nathan du Preez met 42 van 40 balle. Hartebeespoort antwoord met 140 / 6 en gaan ons telling verby met 2 balle oor in die wedstryd. Goeie boulwerk van Ruan Ball met 3/19 in 4 beurte, Jayden Nell met 1 / 23 in 2 beurte en Xander Bronkhorst met 1 / 38 in 4 beurte. Hartebeespoort wen met 4 paaltjies. Dit was ons 2de span se vierde ligawedstryd, waarvan hulle vier verloor.

21 Sept.:

PNHS 0/14 A v/s Wonderboom 0/14 A, tuis. PNHS kolf eerste en behaal 164 / 2 in 20 beurte. Goeie kolfwerk van Keaan van Wyk met 69 lopies van 55 balle en Ettiene du Bruyn met 26 van 20 balle. Wonderboom antwoord met 80 / 10 in 18 beurte. Goeie boulwerk deur Ettiene de Bruyn met 3 / 17 in 4 beurte. PNHS wen met 84 lopies. Dit was ons 0/14 A span se vierde ligawedstryd waarvan hulle twee wen en twee verloor.

Gholf

21 Sept.:

PNHS 1 v/s Zwartkop 4 by Zwartkop gholfbaan. PNHS wen met 2 ½ teenoor 1 ½ wedstryde. Geluk aan Leigh Loots en Regard du Preez, wat hul wedstryde wen. Dit was ons vyfde ligawedstryd waarvan ons 4 wen en 1 gelykop speel.

Sewe’s rugby, Montana toernooi, 17 en 18 September

0/15:

Wedstryd 1 PNHS wen H/S Centurion 31 - 5
Wedstryd 2 PNHS wen H/S Montana 7 - 5
Wedstryd 3 PNHS wen H/S John Vorster 33 - 5
Semi-finaal PNHS verloor teen Eldoraigne 0 - 26
Uitspele 3/4 PNHS verloor teen H/S Montana 0 - 33
PNHS eindig 4de

0/17:

Wedstryd 1 PNHS wen Curro Roodeplaat 26 - 21
Wedstryd 2 PNHS gelykop teen Ellisras 12 - 12
Wedstryd 3 PNHS wen H/S Erasmus 33 - 0
Semi-finaal PNHS verloor teen Montana 0 - 24
Uitspele 3/4 PNHS wen teen Curro Roodeplaat 7 - 5
PNHS wen brons medaljes vir die 3de plek

Afrikaanse Ekspo

Baie geluk aan ons Afrikaanse Departement en leerders met 192 inskrywings. Baie geluk aan ons leerders wat 77 goue-, 80 silwer- en 32 brons medaljes wen. 3 Leerlinge ontvang deelname sertifikate.

Baie geluk aan ons kategoriewenners:

  • Maruché Smith vir voordrag poësie.
  • Maruchë Smith vir voordrag prosa.
  • Kayla Roets vir resensies.
  • Kayla Sharpe (oud leerder) vir opstelle studente.
Merietefunksie 2021
  • Alle leerders wat trofee ontvang het by die 2020 merietefunksie moet dit asseblief inhandig by Mev. Du Plessis.
  • Alle leerders wat presteer het in aktiwiteite buite skoolverband moet asseblief bewyse van hierdie prestasies by Mev. Swanepoel inhandig. Leerders wat in gebreke bly om bewyse in te handig sal geen meriete-erkenning van die skool ontvang nie. Geen laat inhandigings sal ongelukkig aanvaar kan word nie omdat die merieteprogram vasgestel moet word.
PNHS jaarblad

Geagte ouers ons sal weer in 2021 ‘n jaarblad uitgee, bestaande uit kleur foto’s van ons leerders en aktiwiteite vir 2021. Die formaat neem weer die formaat van ‘n glans, gekleurde, gebinde, koffietafel gehalte boek. Bestellings teen R 80-00 per eksemplaar kan by u kind se voogonderwyser geplaas word. Spertyd vir bestellings is 1 Oktober 2021. Maak seker dat u nie die geleentheid mis om u hande op hierdie stukkie PNHS geskiedenis te kry nie.

PNHS Geheelskool Evaluering, 12 en 13 Oktober 2021

Neem kennis dat PNHS saam met ‘n groep skole uit Tshwane Wes distrik getrek is om ‘n Geheelskool evaluering deur ‘n paneel van die Gauteng Departement van Onderwys te ondergaan. Dit sal plaasvind op 12 en 13 Oktober 2021.

Algemene Ouervergadering

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2022 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Dinsdag, 26 Oktober 2021 om 18H00 in die saal. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering om u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Dinsdag, 26 Oktober 2021 is nie sal die vergadering op Maandag, 15 November 2021 om 18H00 in die saal plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Dinsdag, 22 September 2021.

Vakansiewerk vir leerders

Een van ons verskaffers: “Overkruin Uitrusters” bied aan ons graad 10 – 12 leerders die geleentheid om vakansiewerk te doen by hulle winkel gedurende die Desember – Januarie vakansie. CV’s kan gestuur word na: [email protected] vir aandag Mej. Marcé Huisamen. Sperdatum vir aansoeke is 31 Oktober 2021.


Program vir die week
Donderdag, 23 September:
  • Graad 12 rekordeksamen
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • Graad 11 akademiese uur: Wiskunde (S6), 14H15 – 15H15.
  • Krieket liga 3: PNHS 0/15A v/s Wagpos 0/15A, 14H30, weg.
  • Krieket liga 4: PNHS 1 v/s Wonderboom, 14H30, tuis.
Vrydag, 24 September:
  • Vakansiedag: Erfenisdag
Saterdag, 25 September:
  • Rugby: 7’s toernooi, 08H00, Eldoraigne
Maandag, 27 September:
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Graad 8 – 12: dag 2.
  • Krieket liga 5: PNHS 2 v/s AHS 6, 14H30, tuis.
Dinsdag, 28 September:
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Graad 8 – 12: dag 1.
  • Krieket liga 5: PNHS 0/14 v/s Wagpos, 14H30, weg.
Woensdag, 29 September:
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Graad 8 – 12, dag 2
Donderdag, 30 September:
  • Graad 12 rekordeksamen
  • Graad 8 – 12, dag 3.
  • Krieket liga 4: PNHS 0/15A v/s Sutherland 0/15A, 14H30, tuis.
Vrydag, 1 Oktober:
  • Graad 12 rekordeksamen
  • Graad 8 – 12, toetsdag
  • Skool sluit om 10H00
Maandag, 11 Oktober
  • Skool heropen vir Vierde Kwartaal

Vriendelike Groete

CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug