Omsendbrief 34/2021

Omsendbrief 34/2021

Administratief
October 14, 2021


OB: 34 / 2021

Geagte ouers
Skoolbywoning

Skoolbywoning vir die tydperk 10 Oktober – 14 Oktober 2021: graad 8: 95%, graad 9: 93%, graad 10: 92%, graad 11: 91% en graad 12: 83%.

COVID 19

Ons het geen COVID positiewe gevalle onder ons leerders nie en o leerders is in isolasie vanweë kontak.

Sagtebal: Vriendskaplik: Dogters v/s Oos Moot, 12 Oktober 2021, tuis
Dogters 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A
Skool PN OM PN OM PN OM PN OM
Uitslag 1 16 5 12 8 2 4 8
Uitslae tot dusver                
Gewen 2 - 3 - 5 - 5 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 -
Verloor 2 - 2 - 0 - 2 -
Prestasie buite skoolverband

Baie geluk aan Maruché Smith wat besondere prestasies in sang behaal het. Sy wen 4 platinum medaljes tydens die Pacisa nasionale kompetisie. Behaal 2 goue medaljes in Talent Africa se nasionale kompetisie en sal Suid-Afrika verteeenwoordig tydens die internasionale rondte in 2022. In die Kids with Talent kompetisie dring sy deur na die semi-finaal wat op Saterdag, 16 Oktober in Midrand plaasvind.

Merietefunksie 2021
  • Alle leerders wat trofee ontvang het by die 2020 merietefunksie moet dit asseblief inhandig by Mev. Du Plessis.
  • Alle leerders wat presteer het in aktiwiteite buite skoolverband moet asseblief bewyse van hierdie prestasies by Mev. Swanepoel inhandig. Leerders wat in gebreke bly om bewyse in te handig sal geen meriete-erkenning van die skool ontvang nie. Geen laat inhandigings sal ongelukkig aanvaar kan word nie omdat die merieteprogram vasgestel moet word.
PNHS Geheelskool Evaluering, 12 en 13 Oktober 2021

Gefokusde geheelskool evaluering deur ‘n paneel van die Gauteng Departement van Onderwys is afgehandel, ons kry baie positiewe terugvoer.

Algemene Ouervergadering

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2022 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Dinsdag, 26 Oktober 2021 om 18H00 in die saal. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering om u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Dinsdag, 26 Oktober 2021 is nie sal die vergadering op Maandag, 15 November 2021 om 18H00 in die saal plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Dinsdag, 22 September 2021.

Vakansiewerk vir leerders

Een van ons verskaffers: “Overkruin Uitrusters” bied aan ons graad 10 – 12 leerders die geleentheid om vakansiewerk te doen by hulle winkel gedurende die Desember – Januarie vakansie. CV’s kan gestuur word na: [email protected] vir aandag Mej. Marcé Huisamen. Sperdatum vir aansoeke is 31 Oktober 2021.


Program vir die week
Maandag, 11 Oktober:
  • Skool heropen vir Vierde Kwartaal
  • Graad 8 – 12, dag 4
  • Personeelvergadering, 14H00, saal.
  • Kultuur Akademievergadering, 18H00, personeelkamer.
Dinsdag, 12 Oktober:
  • Graad 8 – 12: dag 5.
  • Sagtebal vriendskaplik: Dogters v/s Oos Moot, 14H30, tuis.
Woensdag, 13 Oktober:
  • Graad 8 – 12, dag 6
Donderdag, 14 Oktober:
  • Graad 8 – 11, dag 1.
  • Graad 12: “Fourty Days”
  • Krieket liga 5: PNHS 0/15A v/s John Vorster 0/15A, 14H30, weg.
Vrydag, 15 Oktober:
  • Graad 8 – 11, dag 2.
  • Graad 12: Kerkdiens / afsluiting.
  • PNHS Gholfdag, 11H00, Pta-Wes gholfbaan.
  • Sagtebal liga 5: Seuns v/s Homespan, 15H00, Crawford College.
  • Sagtebal liga 8: Dogters v/s Overkruin. (Overkruin stel uit.)
Saterdag, 16 Oktober:
  • Krieket liga 5: PNHS v/s Laudium, 09H00, tuis.
  • Koor: dagkamp, 08H00 – 13H00, saal.
  • Revue: Optrede by Silver Star Casino, 08H00 – 19H00.
Maandag, 18 Oktober:
  • Graad 12 eindeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 3.
  • Detensie 14H15 – 15H15.
  • Koor: Sing in Harmonie opname, 13H00, saal.
  • Krieket liga 5: PNHS 2 v/s Tuine, 14H30, weg.
  • Graad 12: Rekeningkunde klas, 14H00 – 16H00.
  • Rugby Akademievergadering, 17H00, personeelkamer.
Dinsdag, 19 Oktober:
  • Graad 12 eindeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 4.
  • Restaurant Akademie vergadering, 18H00, restaurant.
  • Koor: Arts in the dark optrede, 17H30, NG Universiteitsoord.
Woensdag, 20 Oktober:
  • Graad 12 eindeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 5
  • Graad 8 – 11 Akademiese periode, 14H15 – 15H15.
  • Graad 12: Rekeningkunde klas, 12H00 – 14H00.
  • Graad 12: Gasvryheidstudies klas: 14H00 – 16H00, saal.
  • Noorderlig ouervergadering, 18H00, restaurant.
Donderdag, 21 Oktober:
  • Graad 12 eindeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 6
  • Graad 12: Afrikaanse klas, 12H00 – 14H00.
  • Graad 12: Lewenswetenskappe klas: 14H00 – 16H00, saal.
  • Kultuurafsluitingskonsert, 18H30, A-rugbyveld.
Vrydag, 22 Oktober:
  • Graad 12 eindeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 1.
  • Graad 12: Wiskundige Geletterdheid klas, 11H00 – 13H00.
  • Sagtebal liga 9: Dogters PNHS v/s Brits, 15H00, tuis.
Saterdag, 23 Oktober:
  • Krieket liga 6: PNHS 1 v/s Wagpos, 09H00, tuis.
  • Gasvryheidstudies: Graad 11 High Tea Drive Thru, 06H45 –13H00.
  • Graad 12: Wiskunde klas, 08H00 – 11H00.

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug