Omsendbrief 31/2021

Omsendbrief 31/2021

Administratief
September 16, 2021


OB: 31 / 2021

Geagte ouers
Lief en Leed

Sëenwense aan Mev. Bruyns wat op kraamverlof is vanaf 14 September 2021.

Skoolbywoning

Skoolbywoning vir die tydperk 10 September – 16 September 2021: graad 8: 94%, graad 9: 92%, graad 10: 91%, graad 11: 93% en graad 12: 98%.

COVID 19

Ons het een COVID positiewe geval en 2 leerders is in isolasie vanweë kontak.

Sagtebal
Liga 3: Seuns v/s Tuine, 10 September 2021, tuis
Seuns 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A
Skool PN Tuine PN Tuine PN Tuine PN Tuine
Uitslag 18 2 6 15 18 1 12 1
Uitslae tot dusver                
Gewen 2 - 0 - 1 - 2 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 -
Verloor 0 - 2 - 0 - 1 -
Liga 3: Dogters v/s Tuine, 11 September 2021, tuis
Dogters 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A
Skool PN Tuine PN Tuine PN Tuine PN Tuine
Uitslag 17 7 9 3 14 6 22 0
Uitslae tot dusver                
Gewen 2 - 3 - 3 - 2 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 -
Verloor 0 - 0 - 0 - 1 -
Liga 4: Dogters v/s HTS John Vorster, 11 September 2021, tuis
Dogters 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A
Skool PN JV PN JV PN JV PN JV
Uitslag JV geen span JV geen span 16 1 19 2    
Uitslae tot dusver                
Gewen 2 - 3 - 4 - 3 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 -
Verloor 0 - 0 - 0 - 1 -
Krieket

9 Sept.:

PNHS 0/15A v/s Wonderboom 0/15A. PNHS kolf eerste en behaal 90 / 10 na 20 beurte. Goeie kolfwerk deur Arno Venter met 49 lopies van 42 balle. Wonderboom antwoord met 91 / 6. Goeie boulwerk van Wickus J v Rensburg met 1 / 16 in 4 beurte asook Armand Bosman met 1 / 9 in 1 beurt. Wonderboom wen met 4 paaltjies. Dit was ons 0/15 span se tweede wedstryd, waarvan hulle beide verloor.

11 Sept.:

PNHS 1 v/s Eldoraigne 1 tuis. Eldoraigne 1 kolf eerste en behaal 247 / 10 in 42, 4 beurte. Goeie boulwerk deur Ruan Ball met 3 / 36 in 9 beurte en Jadon Gordon met 3 / 20 in 3, 4 beurte. PNHS antwoord met 154 / 10 in 39,5 beurte. Eldoraigne wen met 93 lopies. Goeie kolfwerk van Zain Vorster met 71 lopies van 71 balle. Dit was ons 1ste span se tweede ligawedstryd waarvan hulle beide verloor.

13 Sept.:

PNHS 2 v/s Erasmus 2, weg. PNHS kolf eerste en behaal 91 / 5 in hul toegelate beurte. Goeie kolfwerk van Dean du Toit met 30* lopies van 45 balle en Jaden Nell met 14 lopies van 28 balle. Erasmus 93 / 2. Goeie boulwerk van Rudie Le Roux met 1 / 27 in 4 beurte en Nathan du Preez met 1 / 14 in 4 beurte. Erasmus wen met 8 paaltjies. Dit was ons 2de span se derde ligawedstryd, waarvan hulle drie verloor.

14 Sept.:

PNHS 2 v/s Erasmus 2, weg. PNHS kolf eerste en behaal 91 / 5 in hul toegelate beurte. Goeie kolfwerk van Dean du Toit met 30* lopies van 45 balle en Jaden Nell met 14 lopies van 28 balle. Erasmus 93 / 2. Goeie boulwerk van Rudie Le Roux met 1 / 27 in 4 beurte en Nathan du Preez met 1 / 14 in 4 beurte. Erasmus wen met 8 paaltjies. Dit was ons 2de span se derde ligawedstryd, waarvan hulle drie verloor.

Gholf

9 Sep.:

PNHS 1 v/s AHS 8. PNHS wen met 4 wedstryde teen 0. Geluk aan Leigh Loots, Mathew Killfoil, Jean Swart en Regardt du Preez wat almal hulle wedstryde wen. Dit was ons derde ligawedstryd waarvan ons 2 wen en 1 gelykop speel.

15 Sep.:

PNHS 1 v/s Erasmus 1 by Culliinan gholfbaan. PNHS wen met 2 ½ teenoor 1 ½ wedstryde. Geluk aan Lee Loots en Jean Swart, wat hul wedstryde wen. Dit was ons vierde ligawedstryd waarvan ons 3 wen en 1 gelykop speel.

Gasvryheidstudies

Neem kennis dat ons graad 10 leerders se eerste “drive thru” restaurantaande sal plaasvind op 4, 11 en 18 September. Ondersteun hulle asseblief.

Merietefunksie 2021
  • Alle leerders wat trofee ontvang het by die 2020 merietefunksie moet dit asseblief inhandig by Mev. Du Plessis.

  • Alle leerders wat presteer het in aktiwiteite buite skoolverband moet asseblief bewyse van hierdie prestasies by Mev. Swanepoel inhandig. Leerders wat in gebreke bly om bewyse in te handig sal geen meriete-erkenning van die skool ontvang nie. Geen laat inhandigings sal ongelukkig aanvaar kan word nie omdat die merieteprogram vasgestel moet word.

Graad 12 en voorkomsreëls

Geagte ouers, duidelike reëls en kommunikasie rondom die kleur van hare is deurgegee aan graad 12 leerders en ‘n vergunning is reeds gemaak dat hare wel gekleur mag word in die week van die graad 12 afskeid (tans week van 2 Desember). Dit gebeur egter nou dat leeders des nieteenstaande hierdie reëls en kommunikasie doodeenvoudig die reël verontagsaam. Dit kom neer op ‘n blatante uitdaging van die skool se gedragskode. Daar is reeds een dissiplinêre verhoor in hierdie verband gehou en die sanksie was dat hierdie leerder nie die graad 12 afskeid mag bywoon nie. Ons vra dat u ons sal ondersteun in die eerbiediging van ons skool se gedragskode, ten einde te verseker dat ons ‘n gedissiplineerde omgewing in ons skool behou en om te verhoed dat u kind sy / haar hoërskoolloopbaan nie op ‘n laagtepunt afsluit nie.

PNHS jaarblad

Geagte ouers ons sal weer in 2021 ‘n jaarblad uitgee, bestaande uit kleur foto’s van ons leerders en aktiwiteite vir 2021. Die formaat neem weer die formaat van ‘n glans, gekleurde, gebinde, koffietafel gehalte boek. Bestellings teen R 80-00 per eksemplaar kan by u kind se voogonderwyser geplaas word. Spertyd vir bestellings is 1 Oktober 2021. Maak seker dat u nie die geleentheid mis om u hande op hierdie stukkie PNHS geskiedenis te kry nie.

PNHS Geheelskool Evaluering, 12 en 13 Oktober 2021

Neem kennis dat PNHS saam met ‘n groep skole uit Tshwane Wes distrik getrek is om ‘n Geheelskool evaluering deur ‘n paneel van die Gauteng Departement van Onderwys te ondergaan. Dit sal plaasvind op 12 en 13 Oktober 2021.

Bemarking: PNHS-Braaibroers Vuuraansteker-projek

Hierdie projek het vanoggend ten einde geloop met die trekking van ons pryswenners. Baie geluk aan die persone wat die volgende pryse gewen het:

1ste prys: Halwe bees by Vuur en Vlam slaghuis ter waarde van R 8000-00 gewen deur Herman Erasmus.

2de prys: Heel lam by Vuur en Vlam slaghuis ter waarde van R 2500-00 gewen deur Jeremy Fabian.

3de prys: Halwe vark by Vuur en Vlam slaghuis ter waarde van R 1500-00 gewen deur Kiova Engelbrecht.

4de prys: Halwe vark by Vuur en Vlam slaghuis ter waarde van R 1500-00 gewen deur Marlize Beeslaar.

5de prys: Wildog vuurkonka, 10 sakke hout en 1 boks vuuraanstekers gewen deur D Solomon.

6de prys: 20 sakke charcoal, 20 sakke brikette, 10 sakke hout en 1 boks vuuraanstekers gewen deur Lisa Beyleveld.

7de prys: 20 sakke charcoal, 20 sakke brikette, 10 sakke hout en 1 boks vuuraanstekers gewen deur Johan Ungerer.

8ste prys: 10 sakke charcoal en 1 boks vuuraanstekers gewen deur Ansie Dee Reis.

9de prys: 1 boks vuuraanstekers gewen deur Morne Langley.

10de prys: 1 boks vuuraanstekers gewen deur Anita Duursema.

Baie dankie vir almal se ondersteuning wat ‘n reuse sukses van hierdie projek gemaak het. Mev. Smith sal met ons wenners in verbinding tree vir reelings.

Geboue en Terrein

Die skool het bourommel vir vulling beskikbaar indien ‘n persoon dit self sal kom afhaal. Indien u sou belangstel kan u skakel met Mnr. Venter.

Algemene Ouervergadering

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2022 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Dinsdag, 26 Oktober 2021 om 18H00 in die saal. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering om u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Dinsdag, 26 Oktober 2021 is nie sal die vergadering op Maandag, 15 November 2021 om 18H00 in die saal plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Dinsdag, 22 September 2021.


Program vir die week
Donderdag, 16 September:
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Graad 11 akademiese uur: Wiskunde (S2), 14H15 – 15H15.
  • Krieket liga 3: PNHS 0/15A v/s Overkruin 0/15A, uitgestel Overkruin moes onttrek weens COVID.
Vrydag, 17 September:
  • Graad 12 rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 1.
  • Sagtebal liga: Seuns 0/14 – 0/19 v/s Gerrit Maritz, 14H30, tuis.
  • Sagtebal liga: dogters 0/14 en 0/16 v/s Montana / Wilgers, 14H30, tuis.
Saterdag, 18 September:
  • Sagtebal liga: dogters 0/15 en 0/19 v/s Montana / Wilgers, 09H00, tuis.
  • Krieket: PNHS 1 v/s Overkruin 1, 09H30, tuis.
  • Rugby: 7s toernooi, 08H00, Montana.
Maandag, 20 September:
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Graad 8 – 12: dag 2.
  • Detensie 14H00 – 16H00.
  • Krieket liga 4: PN 2 v/s H/S Hartebeespoort 2, 14H30, tuis.
Dinsdag, 21 September:
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Graad 8 – 12: dag 3.
  • Graad 11 akademiese uur: Wiskunde (S1 en 3), 14H15 – 15H15.
  • Krieket liga 4: PNHS 0/14 v/s Wonderboom, 14H30, tuis.
  • Beheerliggaam Begrotingsvergadering, 17H30, restaurant.
Woensdag, 22 September:
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Graad 8 – 12, dag 4
  • Graad 8 – 11 akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Sagtebal: Proewe seuns 0/15 Gauteng-Noord, 14H30, tuis.
  • Krieket liga 4: PNHS 1 v/s Wonderboom, 14H30, tuis.
  • Finansiele Komitee vergadering, 17H15, personeelkamer.
  • Beheerliggaam Uitvoerende Komiteevergadering, 19H00, personeelkamer.
Donderdag, 23 September:
  • Graad 12 rekordeksamen
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • Graad 11 akademiese uur: Wiskunde (S6), 14H15 – 15H15.
  • Krieket liga 3: PNHS 0/15A v/s Wagpos 0/15A, 14H30, weg.
  • Krieket liga 4: PNHS 1 v/s Wonderboom, 14H30, tuis.
Vrydag, 24 September:
  • Vakansiedag: Erfenisdag
Saterdag, 25 September
  • Rugby: 7’s toernooi, 08H00, Eldoraigne

Vriendelike Groete

CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug