Omsendbrief 35/2021

Omsendbrief 35/2021

Administratief
October 21, 2021


OB: 35 / 2021

Geagte ouers
Skoolbywoning

Skoolbywoning vir die tydperk 15 Oktober – 21 Oktober 2021: graad 8: 95%, graad 9: 92%, graad 10: 95%, graad 11: 92% en graad 12: 100%.

COVID 19

Ons het 1 COVID positiewe geval onder ons leerders en ons leerders is in isolasie vanweë kontak.

Sagtebal: Liga 5: Seuns v/s Homespun, 15 Oktober 2021, weg
Seuns 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A
Skool PN HS PN HS PN HS PN HS
Uitslag 7 9 11 12 2 5 2 14
Uitslae tot dusver                
Gewen 3 - 1 - 2 - 3 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 -
Verloor 1 - 3 - 1 - 2 -
Krieket

14 Oktober:

PNHS 0/15A v/s HTS John Vorster 0/15A weg. John Vorster kolf eerste en behaal 60 / 10. Goeie boulwerk deur Armand Bosman met 3 paaltjies in 2 beurte en Wickus J.v. Rensburg met 3 paaltjies in 2,5 beurte. PNHS volg op met 61 / 1 en gaan hulle telling in die 6de beurt verby. Goeie kolfwerk van Jean Swart met 31 lopies van 27 balle. PNHS wen met 9 paaltjies. Dit was ons 0/15 span se vierde en laaste wedstryd, waarvan hulle twee wen en twee verloor.

16 Oktober:

PNHS 1 v/s Laudium 1 tuis. Laudium onttrek / stuur punte. Dit was ons 1ste span se vyfde ligawedstryd waarvan hulle een wen en vier verloor.

18 Oktober.:

PNHS 2 v/s Tuine 2, weg. Tuine onttrek / gee punte. Dit was ons 2de span se sesde en laaste ligawedstryd waarvan hulle vier verloor een gelykop speel en een wen.

Kultuur: Revue optrede: Silver Star Casino, 16 Oktober 2021

Baie geluk aan ons revue groep:

  • Hulle behaal ‘n A++ in die Raca Kunswedstryd,
  • ‘n 1ste plek in die Symposium Dance Talent kompetisie,
  • ‘n 1ste plek en is ook kategorie wenneer in die 8 Beats kompetisie,
  • ‘n 2de plek in die Centre Stage kompetisie.
Prestasie buite skoolverband
  • Baie geluk aan Caylen Laine Breytenbach wat ‘n 5de plek behaal vir vlak 8 akobaat op die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.
  • Baie geluk aan Marnique Breytenbach wat vanaf 1 tot 9 Oktober aan die South African Championships of Performing Art in Rustenburg deelgeneem het. Sy verower 5 goue, 2 silwer en een brons medalje en word ook gekies vir die Suid-Afrikaanse span wat in 2022 in Los Angeles gaan deelneem.
Merietefunksie 2021
  • Alle leerders wat trofee ontvang het by die 2020 merietefunksie moet dit asseblief inhandig by Mev. Du Plessis.
  • Alle leerders wat presteer het in aktiwiteite buite skoolverband moet asseblief bewyse van hierdie prestasies by Mev. Swanepoel inhandig. Leerders wat in gebreke bly om bewyse in te handig sal geen meriete-erkenning van die skool ontvang nie. Geen laat inhandigings sal ongelukkig aanvaar kan word nie omdat die merieteprogram vasgestel moet word.
Algemene Ouervergadering

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2022 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Dinsdag, 26 Oktober 2021 om 18H00 in die saal. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering om u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Dinsdag, 26 Oktober 2021 is nie sal die vergadering op Maandag, 15 November 2021 om 18H00 in die saal plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Dinsdag, 22 September 2021.

Vakansiewerk vir leerders

Een van ons verskaffers: “Overkruin Uitrusters” bied aan ons graad 10 – 12 leerders die geleentheid om vakansiewerk te doen by hulle winkel gedurende die Desember – Januarie vakansie. CV’s kan gestuur word na: [email protected] vir aandag Mej. Marcé Huisamen. Sperdatum vir aansoeke is 31 Oktober 2021.


Program vir die week
Donderdag, 21 Oktober:
  • Graad 12 eindeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 6
  • Graad 12: Afrikaanse klas, 12H00 – 14H00.
  • Graad 12: Lewenswetenskappe klas: 14H00 – 16H00, saal.
  • Kultuurafsluitingskonsert, 18H30, A-rugbyveld.
Vrydag, 22 Oktober:
  • Graad 12 eindeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 1.
  • Graad 12: Wiskundige Geletterdheid klas, 11H00 – 13H00.
  • Sagtebal liga 9: Dogters PNHS v/s Brits, 15H00, tuis.
Saterdag, 23 Oktober:
  • Krieket liga 6: PNHS 1 v/s Wagpos, 09H00, tuis.
  • Gasvryheidstudies: Graad 11 High Tea Drive Thru, 06H45 – 13H00.
  • Graad 12: Wiskunde klas, 08H00 – 11H00.
Maandag, 25 Oktober:
  • Graad 12 eindeksamen
  • Graad 8 – 12, dag 2
  • Graad 12: Besigheidstudies klas, 12H00 – 14H00.
  • Graad 12: Fisiese Wetenskap klas, 14H00 – 16H00.
  • Detensie 14H15
Dinsdag, 26 Oktober:
  • Graad 12 eindeksamen
  • Graad 8 – 12: dag 3.
  • Algemene Ouer vergadering, 18H00, saal.
Woensdag, 27 Oktober:
  • Graad 12 eindeksamen
  • Graad 8 – 12: dag 4.
  • Akademiese uur graad 8 – 11, 14H15 – 15H15.
  • Finansiële Komitee vergadering, 17H15, personeelkamer.
  • Beheerliggaam Uitvoerende Komitee vergadering, 1 9H00, personeelkamer.
Donderdag, 28 Oktober:
  • Graad 12 eindeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 5.
  • Merietefunksie, 18H30, saal.
Vrydag, 29 Oktober:
  • Graad 12 eindeksamen
  • Graad 10 & 11 eindeksamen begin
  • Graad 8 & 9, dag 6.
  • Sagtebal liga 10: Dogters v/s Wonderboom & Eduplex, 15H00, Wonderboom.
Saterdag, 30 Oktober:
  • Krieket liga 6: PNHS 1 v/s Wagpos 1, 09H00, tuis.
  • Gasvryheidstudies: Graad 11 High Tea Drive Thru, 06H45 – 13H00.
  • Graad 12: Wiskunde klas, 08H00 – 11H00.

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug