Omsendbrief 26/2021

Omsendbrief 26/2021

Administratief
August 10, 2021


OB: 26 / 2021

Geagte ouers
Lief en Leed
  • Baie welkom aan Me. K Strydom wat by ons aansluit in die tydelike Lewensorientering aflospos.
  • Baie sterkte aan Mnr. R Marais wat vir ons waarneem as Departementshoof Wiskunde, in die plek van Mev. Erasmus wat tans vir ons waarneem as adjunk-hoof.
Skoolbywoning

Skoolbywoning vir die week: graad 8: 93%, graad 9: 91%, graad 10: 89%, graad 11: 90% en graad 12: 87%.

COVID 19

PNHS statistiek: Tans is daar 11 leerders wat positief getoets het en 24 leerders wat in isolasie is vanweë kontak.

Rapporte

Ons puntestate is Donderdag, 5 Augustus deur die Departement afgeteken en rapporte behoort teen die einde van hierdie week uit te gaan.

Graad 12: Rekordeksamen rooster

Graad 12 ouers maak asseblief seker dat u die rekordeksamenrooster wat verlede Donderdag vrygestel is onder oë kry.

Erata op die rooster:

  • Geografie se vraestel 2 lengte is 3 ure en nie 2 ure nie.
  • LO se vraestel is 2¹/₂ uur en nie 2 uur nie.
Heropening van die gimnasium

Ons gimnasium sal weer heropen vanaf 2 Augustus onder streng COVID 19 protokol. Daar sal slegs 35 leerders op ‘n slag in die gymnasium toegelaat word. Daar sal 3 sessies op ‘n middag wees en leerders moet vooraf bespreek vir ‘n sessie. Leerders wat vooruit betaal het sal krediet kry vir die tyd wat die gymnasium gesluit was.

Wolkskool

Ons neem waar dat baie van ons leerders reeds ingeskakel het by die Wolkskool. Neem net weer kennis dat leerders van ons skool gratis by hierdie aanlyn-program kan inskakel, wat vir hulle ‘n magdom leermateriaal, oefentoetse en lesse deur ‘n verskeidenheid onderwysers bied. Onthou dat u asseblief u kind se ID nommer moet gebruik om te registreer.

  • Neem ook kennis dat as u die whatsapp toepassing van Wolkskool op u foon aflaai, u ‘n data vriendelike data gebruik sal ontvang.
  • Graad 12 Wiskunde neem kennis van graad 12 vraestelle wat beskikbaar is op Wolkskool waar werk per afdeling gedoen kan word en onmiddellik elektronies gemerk word, so kan jy sien of jy slag gereed is vir die rekordeksamen.
Graad 8 inskrywings vir 2022

Indien u ‘n kind in graad 7 het of iemand ken wat ‘n kind in graad 7 het neem asseblief kennis van hierdie belangrike kennisgewing.

Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys die amptelike datums vir inskrywing vir 2022 vrygestel het. Graad 8 inskrywings vir 2022 sal amptelik open op Maandag, 10 Augustus 2021 om 08H00 vir Fase 1 inskrywings. Fase 1 verwys na graad 7 leerders wat in Publieke Laerskole is en wie se name reeds deur hulle skole op die SASAMS-stelsel oorgedra is. Sodanige ouers sal ‘n skakel vanaf die Gauteng Departement van Onderwys ontvang waarop hulle kan ingaan en hul inskrywing doen. Fase 1 sal sluit op 3 September 2021.

Hierna sal Fase 2 op 13 September 2021 begin met geleentheid vir alle graad 7 leerders in privaatskole en van ander provinsies om in te skryf. Fase 2 sal sluit op 8 Oktober 2021.

Sedert 2017 word slegs aanlynaansoeke aanvaar. U sal met inskrywing ʼn toelatingsnommer ontvang. Leerders word streng volgens die volgorde van hierdie toelatingsnommers geplaas. Hierna moet die ouer binne ʼn week inskrywingsdokumente by die skool van keuse inhandig om die aanlynaansoek te bevestig, anders verval die aanlynaansoek. Geliewe te let dat hoe vinniger hierdie dokumente ingehandig word, hoe vinniger kan ons administratiewe personeel die dokumentasie op die stelsel bevestig.

Neem asseblief kennis dat H/S Pretoria-Noord oor die afgelope paar jaar ʼn geweldige toename in die aanvraag na plek by die skool beleef. Verlede jaar was die skool reeds vol 29 minute nadat inskrywings geopen het. Die skool is die afgelope paar jaar oor sy kapasiteit en na ‘n kapasiteits audit sal ons vir 2022 slegs 200 graad 8 leerders kan aanvaar. Ons wil u daarom sterk aanbeveel om so vinnig as moontlik aansoek te doen om u plek te verseker indien H/S Pretoria-Noord u skool van keuse is. Indien PNHS nie u skool van keuse is nie, moet asseblief nie by ons aansoek doen nie, dit veroorsaak dat ouers van leerders wat graag by ons wil wees onder geweldige druk geplaas word terwyl hulle moet wag vir plek om oop te gaan.

Ten einde die proses vir ons werkende ouers te vergemaklik sal ons navrae toonbank ook na ure oop wees vanaf 08H00 – 19h00 vir die inhandiging van inskrywingsvorms of hulp met aanlynaansoeke vanaf Maandag 10 Augustus 2021 tot Donderdag 12 Augustus 2021. U is egter welkom om op enige ander dag vanaf 10 Augustus 2021 gedurende skoolure (vanaf 06h30 tot 15h00) u inskrywing af te handel.

Maak seker dat u die volgende dokumentasie saam met u inskrywingsvorms inhandig:

  • Geboortesertifikaat van leerder
  • Bewys van u fisiese woonadres (water en ligterekening)
  • Laaste laerskoolrapport van u kind
  • Afskrifte van ouers/voogde se ID-dokumente

Enige verdere navrae kan gerig word by 012 546 6950 of by [email protected] . Baie sterkte met die inskrywingsproses.

Merietefunksie 2021
  • Alle leerders wat trofee ontvang het by die 2020 merietefunksie moet dit asseblief inhandig by Mev. Du Plessis.
  • Alle leerders wat presteer het in aktiwiteite buite skoolverband moet asseblief bewyse van hierdie prestasies by Mev. Swanepoel inhandig. Leerders wat in gebreke bly om bewyse in te handig sal geen meriete-erkenning van die skool ontvang nie. Geen laat inhandigings sal ongelukkig aanvaar kan word nie omdat die merieteprogram vasgestel moet word.
Bemarking: Vuuraansteker-Fondsinsamelingsprojek 2021

Ons kondig met trots die 2021 – fondsinsamelingsprojek aan in samewerking met SA Braaibroers, Vuur en Vlam Slaghuis en Wildog Accessories.

Wat is dan nou meer sinoniem met ons gemeenskap as ‘n heerlike braaivleisvuur of ‘n knetterende kaggelvuur in die koue wintermaande. Waar daar ‘n rokie trek, is daar ‘n vuurtjie en waar daar ‘n vuurtjie is, is daar verseker ‘n vuuraansteker.

Elke leerder van die skool gaan geleentheid kry om kaartjies te verkoop teen R20-00 elk. Elke kaartjie sluit ‘n pakkie vuuraanstekers in. Hierdie kaartjies gaan dan in die gelukkige trekking in waar daar baie groot pryse te wen is. Vir net R20-00 staan u dus ‘n kans om fantastiese pryse te wen en u kry ‘n pakkie vuuraanstekers.

GELUKKIGE TREKKING PRYSE:

Eerste prys: 1/2 bees by Vuur en Vlam Slaghuis, verwerk ter waarde van R8000-00
Tweede prys: heel lam by Vuur en Vlam Slaghuis, verwerk ter waarde van R2500-00
Derde prys: 1/2 vark by Vuur en Vlam Slahhhghuis, verwerk ter waarde van R1500
Vierde prys: 1/2 vark by Vuur en Vlam Slaghuis, verwerk ter waarde van R1500
Vyfde prys: Wildog vuurkonka, 10 x sakke hout, 1 x boks vuuraanstekers.
Sesde prys: 20 x sakke charcoal, 20 x sakke brikette, 10 x sakke hout, 1 x boks vuuraanstekers.
Sewende prys: 20 x sakke charcoal, 20 x sakke brikette, 10 x sakke hout, 1 x boks vuuraanstekers.
Agtste prys: 10 x sakke charcoal, 1 x boks vuuraanstekers.

Die leerders het elkeen ‘n kompetisieboekie met 20 kaartjies in en 5 pakkies vuuraanstekers ontvang. Sodra die leerder die eerste 5 kaartjies en vuuraanstekers verkoop het, kan hulle die volgende 5 pakkies by hul voogonderwyser aanvra. Ons doelwit is dat elke leerder 20 kaartjies of meer sal verkoop. Daar is ook lekker kontantpryse vir die leerders in elke graad en in die skool wat die meeste kaartjies verkoop het.

Snoepie tenders

Hoërskool Pretoria-Noord se Snoepwinkel funskioneer op ‘n gekommersialiseerde basis.

Voornemende tenderaars word uitgenooi om te tender om die skoolsnoepwinkel vir die skooljare 2022 tot 2024 te bedryf, asook om verkope van verversings tydens naskoolse byeenkomste te hanteer.

Tenderdokumente kan vanaf Maandag, 16 Augustus 2021 afgehaal word by die Navraetoonbank van Hoërskool Pretoria-Noord vanaf 08:00 – 15:00. Tenders moet voor of op Vrydag, 3 September 2021 om 12:00 in ‘n verseëlde koevert per hand afgelewer word by die navrae toonbank van Hoërskool Pretoria-Noord, Eeufeesstraat, Pretoria-Noord, vir aandag: Die Voorsitter van die Beheerliggaam: Hoërskool Pretoria-Noord.


Program vir die week
Maandag, 9 Augustus:
  • Vakansiedag: Vrouedag
Dinsdag, 10 Augustus:
  • Graad 8 – 12: dag 3.
  • PN Raad verkiesing: Appélle na BL sluit om 14H00.
  • Graad 12 akademiese uur: Wiskunde / Fisiese Wetenskap, 14H15 – 15H15.
  • Gasvryheidstudies: Graad 12 restaurantaand, 14H30, restaurant.
  • Kultuurvergadering, 18H00, personeelkamer.
Woensdag, 11 Augustus:
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • PN Raad verkiesing: Dag 2 na appélle.
  • Graad 12 akademiese uur: Wiskunde, 14H15 – 15H15.
  • Noorderligvergadering, 18H00, K66.
Donderdag, 12 Augustus:
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • PN Raad verkiesing: Dag 3 na appélle.
  • Graad 12 akademiese uur: Lewenswetenskap, 14H15 – 15H15.
  • Akademiese Skakelingsvergadering: gholfdag, 18H00, personeelkamer.
  • Gasvryheidstudies: graad 12 restaurant-aand, 14H30-21H30, restaurant.
Vrydag, 13 Augustus:
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • PN Raad verkiesing: Dag 4 na appélle.

Vriendelike Groete

CJC DriescherHoof

Aflaai aanhangsel

Terug